Pta-tiener vermoor: Identikit uitgereik

Shayleen van Zanten Foto: Facebook

Shayleen van Zanten Foto: Facebook

ʼn Identikit van ʼn moontlike verdagte is uitgereik nadat Shayleen van Zanten (15) en ʼn vriendin Woensdag by Trafalgar naby San Lameer aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig Van Zanten en ʼn vriendin het omstreeks 18:00 die aand gaan stap toe ʼn man hulle voorgekeer en haar selfoon geëis het. Toe sy glo weier om dit te oorhandig, het hy haar met die mes aangeval. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Volgens ‘n verklaring deur die polisie in KwaZulu-Natal het die verdagte tydens die aanval ʼn rooi T-hemp, swart kniebroek en plakkies aangehad wat te groot was vir sy voete.

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Manus Erasmus by 082 330 7422 of hul naaste polisiestasie te kontak.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Só lyk die identikit wat uitgereik is:
trafalgar sanlameer aanval

Lees alle vorige berigte oor Shayleen van Zanten op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Avril Schutte ·

Hierdie ding wat die onskuldige dogter se lewe geneem het vir n selfoon, het alle regte en sy sogenaamde mensereg verbeer toe hy die voorbedagte en beplande moord gepleeg het en verdien niks meer as die doodstraf nie. Dit sal nie haar lewe terugbring nie, maar n duidelike boodskap vir die gemors in ons samelewing stuur.
Ek bid en dra hierdie kind se ouers en familie op aan onse lewende God.

Pieter.v ·

die identikit moet al die tv stasies gelaas word tot hy aan gekeer is

Alet ·

Nie eens meer veilig as mens met vakansie gaan nie!! Ons moet ons kinders agter slot en grendel hou vir hulle eie veiligheid! Dit is belaglik!!!! Ek stem vir doodstraf!

helen ·

EK STEM DIT IS NOU GENOEG BRING DIE DOODSTRAF TERUG DAN SAL DIE LAND BETER RAAK EN MISDADE MINDER WANT NOU KRY HULLE NET VERNIET KOS BLYPLEK EN VERDERE STUDIES IN DIE TRONK EN ONS BETAAL DAARVOOR DIE GELD KAN LIEWERS VIR STAATSHOSPITALE GEGEE WORD OM BETER DIENS DAAR TE KRY WANT DIT IS NET SO PATETIES EN ORDENTLIKE OPGELEIDE PERSONEEL WAT NOG GLO AAN OMGEE VIR DIE PASIËNTE EN NIE NET WAT DAAR IS VIR DIE SALARISSE NIE OPREGTE VERPLEEGPERSONEEL EN SKOONMAKERS HOSPITALE IS PATETIES HOOP ONS KAN HIERDIE VARK VANG

Realiteit ·

My gebed is God wees met hierdie familie asb en vertroos hulle bittere hartseer.
bring die skuldige tot geregtigheid, die doodstraf is die minimum loon
Red ons Land uit die kloue van die huidige regeerders
Amen

Willem ·

Ek ken die mense persoonlik en weet waardeur hulle nou gaan. Ons ondersteun waar ons kan en weet God sal berusting bring vir hulle. Arrie gaan deur n bitter moeilike tyd en het al die hulp nodig wat ons as wit bevolking hom kan gee.

Rachel ·

Hi Willem
Ek stem. Arie is die mees onselfsugtige pa wat ek al ooit gesien het en hy verdien nie die hartseer nie. Ons sal aanhou bid en ondersteun waar ons kan.

Johann ·

My hart bloei vir die jongmens se ouers, gesin, familie en vriende. Dit is só onnodig dat ‘n lewe geneem word vir materiële gewin. Ek glo dat almal wat weet van hierdie onsinnige daad, julle dra in gebed. Mag julle van God se teenwoordigheid bewus wees om julle te troos. Baie sterkte.

Flippie ·

Dit is wat ons oor het van ons eens pragtige land. Die eens wereldbekende paradys is besmet met hordes gewetenlose skurke wat om elke hoek en draai skuil om op veral wit mense te toe te slaan om ‘n psigose van vrees onder witmense te bewerkstellig,. Hulle hoop dat die witmense uiteindelik weens vrees of bangheid sal padgee of die knie in onderdanigheid sal buig vir die huidige heer en heersers van die land.

Dit strook met die president se temalied “Bring my masjiengeewer”.

Flippie ·

Ek dink God probeer iets vir ons te se met al hierdie sinnelose geweld op witmense.

Ek dink ons almal weet wat hy besig is om vir ons te sê. Ons weet wat hy wil he wat ons moet doen. Hy het nog altyd mense gebruik om Sy wil te laat geskied.

Ek dink nie God sou hierdie tipe ding laat gebeur as hy te vrede was met die ontwikkelende situasie in SA nie.

Winston ·

Flippie ons is die verteenwoordigers van God. Met Sy gees wat Jesua vir ons gelos het. Tyd dat goliat moet val aan die hand van n slingervel. Ons moet nooit ophou glo nie.

Connie ·

Dit is baie erg en hartseer.My hart gaan uit aan die ouers vriende en familie.Ook aan haar vriendin wat saam met haar was toe sy aangeval is sterkte bid vir julle vir krag

SANTOINETTE ·

Dis so tragies my hart gaan uit vir haar familie. Ek stem saam wanneer gaan dit ophou bring die doodstraf terug. Laat hulle hang vir wat hulle gedoen het. Nerens is ons meer veilig nie gaan nie meer uit nie. Want ons is te bang.

GES ·

Maroela, gee asb terugvoer ivm my plasing waarom dit verwyder is. Of is dit weer “tegniese fout” ?

SNEL ·

GES, jy is nie al een wat nie kan sê wat jy wil nie, jou kommentaar word nie geplaas nie, Genoeg gehad se kommentaar was verwyder en my reaksie op Genoeg gehad se kommentaar is ook net weg. Ek dink ons sê nie goed wat sag op die oor val nie, maar nou ja, oor die swerkater sal ek nou maar stilbly en niks sê nie, want mooi soete woorde vir hom het ek nie en as ek sê wat ek dink die gemeenskap met hom moet doen as hul sy foto sien …is dit ook te veel gesê.
Baie sterkte aan die familie, dis n vreeslike slag wat jul getref het. Mag die Here julle dra en krag gee deur die tyd.

Pierre ·

Dit is baie hartseer. Ek probeer my kinders so ver moontlik onder my eie toesig te hou, nie dat ek tot iets in staat sal wees nie. Hulle weet ook dat as hulle in so situasie sou kom gee liewers alles wat hulle vra en moet jou nie teensit nie, dit waarborg egter nie jou lewe nie. Ons voel almal jammer vir hierdie familie en vertrou dat hulle troos sal vind. RIV

Ria ·

Doodstraf terugbring onder ANC regering?? Glo nie jul dink lekker nie…..

George ·

Ek dink om die hande wat die vloeke so pla af te kap ,is ‘n beter idee as die doodstraf. Destyds was dit so in die “ou Mosambiek” en daar was geen probleme nie! Miskien sal ‘n voorbeeld of twee die ding vinnig doen.

Gertjie ·

Kom ons doen wat Jesus gesê het. Ons almal bid elke dag vir God om sy Koningkryk te stuur aarde toe. Laat U Koningkryk kom.

peter ·

Ons kinders word nou stelselmatig uitgemoor, en nogsteeds doen ons niks. Nee wat, solank ons agter oor le en wag vir hoop, gaan ons wag tot daar niemand meer oor is nie. Steek die vure aan en laat ons begin terug baklei.

Lynni ·

Hou op in hoofletters tik. En hoekom vra mense altyd dat die doodstraf terug moet kom. Dit gaan nie gebeur nie. Die regering is daarteen en hulle is meerderheid.

Eish! ·

En ons mag nie haat nie. Rerig hoe kan ‘n mens nie haat nie???????????

*caroline ·

My hart gaan uit na di familie julle hartseer en ver bitterheid julle is in ons gebede en God gaan met hom werk glo my ons bid vir vertroosting en Pa Arrie en bid ook dat geregtigheid sal geskied ons witmense dit is tyd dat ons begin saam staan om ons kinders te beveilig so kan dit ni aamgaan ni mens kan ni eers vakansi gaan hou ni
Ons meegevoel oor julle verlies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.