Pta-tiener vermoor: ‘Sy was ʼn pragtige jong dame’

Shayleen van Zanten. Foto: Facebook

Shayleen van Zanten. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op die tienermeisie van Pretoria, Shayleen van Zanten (15), wat Woensdag by Trafalgar naby San Lameer met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is nie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het Vrydag aan Maroela Media gesê die moordenaar is steeds op vrye voet.

Maroela Media het vroeër berig Shayleen was saam met haar pa en vriende op vakansie toe sy en ʼn vriendin omstreeks 18:00 die aand gaan stap het. ʼn Man het hulle voorgekeer en Shayleen beveel om haar selfoon te oorhandig. Nadat sy glo geweier het om dit te doen, het hy haar in haar arm, bors en lies gesteek. Shayleen het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Hoërskool Eldoraigne, waar Shayleen vanjaar ʼn gr. 9-leerder was, het hul medelye op hul Facebook-blad uitgespreek: “Ons innige simpatie gaan uit aan haar [Shayleen se] ouers, familie en vriende. Shayleen sal onthou word as ‘n pragtige jong dame, wat akademies goed presteer het en op ‘n stil manier altyd ‘n positiewe bydrae gelewer het in elke situasie waarin sy haar bevind het,” het die skool gesê.

Die Pretoria Capitals yshokkieklub het op hul beurt namens die yshokkie-gemeenskap op Facebook hul medelye uitgespreek teenoor Shayleen se familie en vriende. Shayleen was nie ʼn lid van díe klub nie, maar wel van die Forest Knights yshokkieklub.

Talle boodskappe het die afgelope paar dae op sosiale media ingestroom van mense wat hul skok en medelye oor die voorval betuig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Mag YAHVAH vrede en krag vir die familie gee in die tragiese tydperk.

Berhalet Beukes ·

God, U is Almagtig… Dra asseblief haar vriende en familie gedurende hierdie moeilike tyd.

Suritha ·

Dis so sleg, ons is by TO en het self pragtige kids. Waar is ons nog veilig. Mosambiek viel vir my veiliger.

Karen ·

Vriende v ons is in hulle vakansie huis beroof v al hulle fone en Ipads en R10000

Katryn ·

Maroela, ek sien julle plaas nie my kommentaar nie. Nou mag mens niks meer op die naam noem nie??? Moet ons maar net altyd polities korrek wees en daardeur die waarheid omseil?

Elbie ·

n pragtige jong lewe wat barbaars gesteel is! My hart gaan uit na Shayleen se familie en vriende.

Liddie Styger ·

Dis so hartseer!! Is ‘n jong talentvolle dogter se lewe werklik ‘n selfoon werd? Waar is ons waardes? Of is die armoede en morele waarde so vervalle dat ons vergeet om te leef en te laat leef?

Rupert Ashford ·

Dit het niks met armoede te doen nie. Daar is baie armer lande waar die mense nie gewelddadig moor nie. Hierdie is suiwer barbaarsheid.

Realiteit ·

My simpatie aan die familie, vriende en leerders wat in die feestyd gaan rou. Julle hartseer word gedeel al ken ek julle nie. Daar is niks wat die pragtige kind kan terug bring nie. Hoe aanvaar jy dat n kindtjie wat haar ouers tot nou toe vertroetel en opgepas het deur skerminkels uit die hel weg geneem het!!?

Kobus Pretorius ·

In ons oë, kom hy weg en doen dit dalk weer, maar ons weet in ons harte sy regering sal hom nie eers kan red vir sy grusame dade nie. Sy straf sal hy dra in die hiernamaals, tot in ewigheid. My innige meegevoel vir haar naasbeataandes. God sal jul die krag en gemoedsrus gee deur die moeilike en hartseer tye.

Nollie du Plessis ·

My gebede gaan uit na haar mense.Bid u sterkte toe in hierdie tyd van hartseer en beproewing wat julle deurmaak.n Selfoon meer werd as so pragtige lewe wat geneem is?Ek verstaan dit nie.Krimineel met geen waardes en liefde nie.Moet duwielskind wees en van duiwel besetene wees

pietermyn ·

Alvorens die land nie tot op sy kniee deur ons gedwing word nie sal die nie stop nie …………..

PJ Meyer ·

Ons is in n land waar daar geen reg of geregtigheid meer is nie. Daar word gemoor vir nietige goed n mens se lewe is niks meer werd nie. Hierdie moordenaars het geen gevoel nie en weet as hul sou gevang word net n paar jaar in n gevangenis dan is hul weer op vry voet om hul moord dade voort tesit. Gebed gaan uit na hierdie familie

Tertia ·

Daar is nie woorde nie. Die pyn in hierdie Pappa se hart sal nooit weg wees nie. Jaar na jaar. Die duiwel het ook in my gesin gesteel en steeds 7 jaar later skiet my oë vol trane en pyn my hele wese vir jou verlies. Ek bid vir jou Pappa van die pragtige kind.

Kobus Needham ·

Sjoe dis sleg waar kan n mens vandag gaan waar jy veilig sal wees op aarde

tina vans ·

sjoe!!!
wat n verlies, ag plaas sy di verdommende selfoon vi hom ge gee het!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.