Pta-tiener wurg glo oupa; ouma vind ontbinde lyk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige tiener van Pretoria is in hegtenis geneem en moet Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op sy oupa.

Konst. Herman Moremi, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun is Vrydagaand omstreeks 20:00 in Temba, noord van Pretoria, in hegtenis geneem.

Die seun en sy 59-jarige oupa deel ʼn huis in die New Eersterus-gebied. Die ouma werk weg van die huis en kom net oor naweke tuis toe.

“Die slagoffer is Vrydagaand deur sy vrou op die vloer van hul huis aangetref. Sy liggaam het reeds begin ontbind,” het Moremi gesê.

Volgens Moremi het die vrou haar kleinseun gekry waar hy buite agter ʼn puttoilet weggekruip het.

“Hy het aan die polisie gesê dat hy glo sy oupa Dinsdag tydens ʼn rusie oor die hek se sleutels verwurg het.”

Die seun moet Maandag in Moretele-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wouter ·

Chrokee dit is nou seker PTA se skuld dat ons mense niks vir hul medemens voel nie?

Asjas ·

Ek was Dinsdag ‘n uur laat vir werk en die kinders het amper nie toets geskryf nie omdat my seun my motor sleutels verloor het. Ek wou hom ook verwurg maar dis nou seker waar die verskil in kom …

Waarheid ·

Was die kind onder die invloed van delms? of is hy ‘n gereelde gebruiker daarvan? Waar is sy OUERS? Hulle indien hulle lewe is verantwoordelikes vir ALLES. Hy is NOG nie 19.

aj ·

‘n Lewe is niks werd nie en tronkstraf is nie ‘n afskrik middel nie.. Doodstraf moet terug

Annoniem ·

Net omdat hy nog nie 19 jr oud is nie, beteken dit nie hy kan nie verantwoordelik gehou word nie. Sy ouers het nie die moord gepleeg nie, hy het, en hy is ten volle verantwoordelik vir sy dade. ‘n 18 jarige weet baie goed wat hy gedoen het was verkeerd!

Bri ·

“oor ‘n hek se sleutel” !!!!!……… dit is skrikwekkend vir wat se onbenulligheid ‘n lewe uitgewis word. Kinders mag nie meer getug word nie en word groot met geen respek vir enige iemand of enige waardes vir reg en onreg nie. Dis hartseer om te sien wat van ons mensdom geword het.

Carlia ·

Hulle het gehoor “Fees must Fall” is lankal in werking in die tronke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.