PTA-tiere tydelik na JHB-dieretuin geskuif

Foto: Pretoria-dieretuin

Foto: Pretoria-dieretuin

Twee tiere van die Pretoria-dieretuin is na die Johannesburgse dieretuin geskuif terwyl daar opknappingswerk aan hul kamp gedoen word.

“Ons wit tier, Winston, en sy maat, Leia, sal vir die volgende ses tot nege maande die Johannesburgse dieretuin hul nuwe tuiste noem,” het Angeline Schwan, ʼn woordvoerder van die Pretoria-dieretuin, Maandag in ʼn verklaring gesê. “Besoekers hoef egter nie bekommerd te wees dat hulle nie tiere hier gaan sien nie, ons derde tier, Lolo, is nog hier en kan deur die publiek besigtig word.”

Sy het gesê die leeus en tiere se kampe word vandeesmaand opgeknap.

Die leeus sal later in April of vroeg in Mei na die Leeupark tussen Pretoria en Johannesburg geskuif word.

Volgens Schwan behels die opknappingswerk die vervanging van heinings, groter swempoele in die kampe, en die diere se oornaghokke word groter en meer modern gemaak.

Die kampe vir die leeus en tiere is in die 1960’s opgerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Ek was in geen jaar by die Pretoria Dieretuin nie. Seker hoogtyd opknappingswerk word gedoen. Die mooiste van die katte – DIE TIER

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.