Pta-tronkbewaarders dissiplinêr verhoor

Argieffoto

Argieffoto

Ses bewaarders by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gaan dissiplinêr verhoor word nadat ʼn interne ondersoek prima facie-bewyse van aanranding en marteling van gevangenes aan die lig gebring het.

Volgens die departement van korrektiewe dienste het die ondersoek gevolg nadat die organisasie Regslui vir Menseregte (LHR) ʼn klag ingedien het. “Die ondersoek het prima facie-bewyse aan die lig gebring dat ses beamptes van die departement glo by wangedrag betrek word.”

Die departement het gesê die ondersoek het ook gewys dat 16 gevangenes glo aangerand is. “Dissiplinêre stappe is onderweg.” Die departement het gesê die name van die betrokke bewaarders sal nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Se maar net ·

Skrik wakker – dis ‘n tronk nie ‘n hotel nie… Wat van die slagoffers waaraan meer gedoen is, as net martel ? Jammer, maar as jy gemartel word in die tronk is dit nou maar so – jy is nie in daardie posisie omdat jy ‘n aanwins vir die samelewing is nie

Berhalet Beukes ·

Ek stem saam dat kriminele geen agting vir lewe het nie maar verskil dat tronk bewaarders tot dieselfde vlak moet daal en gevangenes martel. Diw bewaarders is immers mense wat vrylik in die samelewing rond beweeg. Hoe martel jy mense by jou werk en lewe ‘n normale lewe in die samelewing? Dan is jy net so siek soos die gevangenes en hoort jy saam met hulle in die tronk. Daar is tog perke aan wat aanvaarbaar is of nie.

Winston ·

China. Soortgelyke behandeling vir gevangenes. Hulle moet hulle laat klippe kap, paaie bou en dorpe skoonmaak. Nie martel nie maar “menseregte” is mos belangriker .

Berhalet Beukes ·

Ek stem saam… Laat hulle werk soos in die ou dae… Werk vir die kos waarvoor ons belasting geld betaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.