Pta-verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

geld 4

Argieffoto.

ʼn 45-jarige beampte van die Tshwane-metropolisie is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris ontvang het.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die beampte is Donderdag by die metropolisie se kantoor in Centurion in hegtenis geneem tydens ʼn voortgesette poging om van misdrywe in verkeersowerhede ontslae te raak.

“Die inhegtenisneming volg nadat ʼn klagte van ʼn motoris ontvang is wat beweer die beampte het R1 000 se omkoopgeld van hom geëis,” het Zwane gesê. “Die motoris is blykbaar voorgekeer nadat hy ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. Die beampte het glo die omkoopgeld geëis toe die motoris nie sy rybewys kon vertoon nie.”

Volgens Zwane is die motoris glo na ʼn kitsbank vergesel waar hy die geld moes trek en aan die beampte oorhandig het. Die motoris het later ʼn klag by die teenkorrupsie-eenheid aanhangig gemaak.

“Ná weke se deeglike ondersoek is die beampte in hegtenis geneem. Die beampte moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van korrupsie en kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word.”

Die teenkorrupsie-eenheid het al altesaam 22 mense, waaronder verkeersbeamptes, motoriste en kamma-dokters wat vals mediese sertifikate aan motoriste uitgereik het wat hulle bevoeg verklaar om vir openbare bestuurspermitte aansoek te doen, in hegtenis geneem in ʼn poging om van omkopery, bedrog en korrupsie ontslae te raak.

Inwoners word aangemoedig om enige verdagte optrede by die teenkorrupsie-eenheid by 0861 400 800 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MANIE ·

Ek vermoed van die verkeersbeamtes in Pretoria is heeltyd besig met omkopery. Ek sien hoe hulle voertuie aftrek en dan vreeslike geselsies aanknoop met die motoris. Miskien ken hulle net so baie van die motoriste . Nooit kom n boeteboek tevoorskyn. Dit is hoekom baie mense in Pretoria en dalk op alle paaie geen respek het vir verkeerswette

Johann ·

Die manne is BAAAAIIIJJA lief vir die “alternative arangements” opsie. Veral in en om die “ou”ooste van PTA .Wonder hoekom? En kyk mooi na hul voorkeur van “brand” voertuig wat afgetrek word…ANC LEGACY: enigiets het n “prys”!

Piet ·

15 jaar vir n R1000 se omkoop…dis reg….maar arme man as mens hom teen ons leiers van die land moet vergelyk……maaj vir my glad nie sin nie!!

Boet Fasie ·

Ja nee kyk vernaamlik Sondae en aan die einde van ‘n lang naweek dan kollekteer die manne groot geld van die mense wat terugkeer huistoe. PAYTIME !!!

Elsa ·

Gebeur oral en dis dalk hoekom beamptes nie hul werk reg doen nie,,,eerder sigbaar word en oortreders vasvat wat oor rooiligte ry , in geelstrepe ry, spoedgrens oorskry…ai , tyd vir verandering

Captain (Ret.) Paulus N Antonio ·

By time that all members of the public should be standing up against rogue police, and or any public official who requesting any kickbacks for something that, they’re supposed to be doing. Give the person a stern verbal warning once again it depends on the circumstances or a traffic ticket instead of being corrupt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.