Pta-voetgangerongeluk eis man; verkeer erg ontwrig

Nico Smithstraat was Dinsdagoggend tydelik afgesper. Foto: Twitter

Nico Smithstraat was Dinsdagoggend tydelik afgesper. Foto: Twitter

Verkeer in die Pretoriase Moot is Dinsdagoggend erg ontwrig nadat ʼn voetganger deur ʼn bus doodgery is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het Nico Smithstraat probeer oorsteek toe hy deur die bus getref is. “Paramedici was op die toneel om hom te behandel, maar hy het ongelukkig aan sy beserings beswyk.”

Volgens Botha het die voorval omstreeks 05:30 gebeur en is die verkeer erg vertraag terwyl beamptes besig was om die toneel op te ruim. Die straat is aanvanklik afgesper, maar teen 08:00 weer oopgestel vir verkeer.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie in hierdie stadium bekend nie en sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Natascha ·

Dalk moet daar bietjie gelet word na hoe die busse jaag!

Ghost ·

Natascha stem saam jou. Ek het ook al in die busse gery en van hulle ry mens skoon bang.
Ek weet nou nie wat die oorsaak van die geval is nie, maar net soos die busse onverskillig ry is daar hope voetgangers wat padreels ens oortree. Ek ry daagliks met my motorfiets in die stad, dat die voetgangers oor rooi verkeersligte loop of sommer in die middle van 2 bloke oor die pad loop voor my in en dan my aankyk asof hulle my uitdaag om iets te probeer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Yolande

Dankie dat jy ons hierop gewys het, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

charlotte ·

Ek het vanoggend 1 uur in die verkeer gesit oor die ongeluk, maar nie so seer oor die ongeluk nie maar die taxi wat n 2 rigting gebruik vir n 1 rigting en doen net wat hulle wil.

Liza Opperman ·

Ek stem saam , die busse jaag verskriklik in Nico Smit af. En dis Putco se busse en dan ry hulle langs mekaar om die draaie, dis asof hulle kompetisie hou wie kom eerste by die robot aan!

Se Maar Net ·

Askies, die taxis jaag die hele land vol. Die klomp gee nie om nie. Die Busse is net so erg.
Ons kla verniet. Hulle maak soos hulle wil. Ek en jy is ‘n NUL op ‘n kontrak.

Marietjie Van Zyl ·

Solank as wat ons sonder reels bly, SAL daar chaos wees. Nie busdrywers, taxidrywers,….kom ons stel dit 80% van padverbruikers nie by die reels hou nie en daar nie mense is wat hulle werk ernstig opneem en fokus op oortredings nie, sal dit CHAOS bly. Raak gewoond daaraan. Ek sien elke dag by skole hoe leerlinge enige plek oor ‘n pad loop en voetgangers oor paaie beweeg asof daar nie plekke is waar hulle moet oorbeweeg of reels waarbinne mens ‘n pad oorsteek nie….hoe gouer ons besef ons is in Afrika, hoe beter vir ons gemoed…dit gaan net erger raak, want ek sien nog nie eerste wereldse oplossings nie en die mense wat omgee, is te min om ‘n verskil te maak!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.