Pta-vrou (32) byna dood tydens maraton

Argieffoto: Netcare 911

ʼn 32-jarige vrou van Pretoria is Sondag in die hospitaal opgeneem nadat sy tydens die Durban City-maraton inmekaargesak het.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die vrou het glo tydens die maraton siek begin voel, op ʼn sypaadjie gaan sit en toe skielik inmekaargesak.

ʼn Verpleegster wat in die omgewing was, het dadelik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) begin toepas.

Met die aankoms van paramedici het ʼn hartmonitor getoon dat die vrou se hart intussen gaan staan het.

Die span paramedici het vir nagenoeg 20 minute met KPR volgehou waarna die vrou se hart weer begin klop het.

Die vrou is onmiddellik na die hospitaal geneem en word tans ondersoek.

Meer inligting oor die oorsaak van haar ineenstorting is in dié stadium nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wonderwerk ·

‘n Wonderwerk wat gepaard gegaan het met kennis van KPR. Daar behoort alreeds op hoërskoolvlak meer aandag hieraan gegee te word. In my beroep op die myn was dit ‘n vereiste om noodhulpkursusse te doen en te slaag. Miskien ook ‘n goeie idee vir jou bestuurslisensie?

Cee ·

Dit is beslis ‘n wonderwerk. Sy is baie lief vir die Here en ek kan duidelik sien hoe Sy hand hier gewerk het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense dink hul kan rustig by die huis of werk sit en dan skielik wanneer daar ‘n marathon is dan spring hul in hul tekkies en laat waai hardloopbaan toe.

EnduranceAthlete ·

Dit is darem maar ‘n aaklige veralgemening om te maak Sarie.
Sterkte aan die atleet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.