Pta-vrou (42) kritiek ná tref-en-trap

Argieffoto

ʼn 42-jarige vrou van Silverton in Pretoria is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal ná ʼn tref-en-trap-voorval in dié stad Vrydagmiddag.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Fakkelstraat in die oostelike dele van Pretoria plaasgevind.

Van Huyssteen sê die Tshwane EM-nooddienste was reeds besig om die vrou te behandel toe ER24 by die toneel aangekom het.

Sy sê die vrou het vermoedelik ʼn baie ernstige kopbesering in die voorval opgedoen.

Die vrou is na die Botshilu Privaat Hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. Sy was teen Vrydagaand steeds in ʼn ernstige toestand.

“Die presiese omstandighede rondom die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Polisieowerhede was op die toneel om ʼn ondersoek van stapel te stuur,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op besighede in die area gedoen om hul kringtelevisiebeeldmateriaal beskikbaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek ken nie die omstandighede rondom hierdie voorval nie maar voetgangers bemoeilik die bestuur in Pretoriase strate want jy moet koes tussen die wat jou vensters wil skoonmaak (?) by die verkeerslig, bedelaars, verkopers en dan ook die wat onderstebo met hul koppe op hul kniee by die verkeerslig hurkend sit om te bedel. So is een van hierdie hurkendes al doodgery voor my dogter se huis in Garsfontein omdat die motorbestuurder hom nie kon sien daar onder buite sig nie! Paaie is gemaak om op te ry en die verkeerspolisie moet ons paaie skoonmaak van nie-motorbestuurders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.