Pta-vrou brand dood in huis

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Die polisie stel ondersoek in nadat ʼn 57-jarige vrou Maandagmiddag in ʼn huis in Meyerspark in Pretoria doodgebrand het.

Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is tussen 12:00 en 13:00 na die toneel ontbied. Volgens Sepato is daar meer as een huis op die erf en het die vrou die huis wat afgebrand het gehuur. Die eienaar van dié huis woon volgens Sepato in ʼn tweede huis op dieselfde erf.

Nadat die vlamme geblus is, is die vrou se liggaam in die huis gevind. “Sy het onherkenbaar verbrand,” het Sepato gesê.

Hy het gesê die polisie het by nadere ondersoek verskeie notas op die toneel gevind. “Dit blyk dat dit selfmoordnotas is. Die inhoud van die notas het verwys na geld vir die vrou se begrafnis en het ook verwys na geld wat geskuld word,” het hy gesê.

Volgens Sepato het die vrou se suster kort voor die brand ʼn WhatsApp-boodskap van haar ontvang waarin sy sê dat sy moeg is om te lewe. “Toe die suster die oorledene probeer bel het, het sy nie haar foon geantwoord nie. Haar suster het haar toe na die huis gehaas en dit in ligte laaie aangetref,” het hy gesê.

Die vrou was alleen in die huis ten tyde van die brand.

“Die polisie ondersoek in hierdie stadium ʼn selfmoordsaak, maar ons sal ook dieper krap om te bepaal of dit werklik selfmoord was,” het Sepato gesê. Hy het gesê in dié stadium is dit nie duidelik wat die presiese oorsaak van die brand was en of enigiets gebruik is om die brand te stig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jinne ·

Sjoe… was dit nodig dat sy iemand anders se huis ook afbrand?

Mari ·

Hoekom notas skryf as jy weet jy gaan ‘n vuur begin? Niemand gaan mos jou notas kry nie? Dit is opvallend hoeveel mense hierdie tyd van die jaar net nie meer wil lewe nie. Gesels met iemand. Reik uit! Jou lewe is baie meer kosbaar as skuld of watter hartseer jy elke dag in die gesig staar.

Lane ·

@Mari & Jinne,

Hoekom kommentaar lewer oor die battles wat mense fight waarvan julle NIKS af weet nie! Wees eerder die persoon wat uitreik as om net te sê “Reik uit!” Makliker gesê as gedoen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.