PTA-vrou en baba word vermis

Hes-Mari en Sebstian Williams

Hes-Mari en Sebstian Williams

Hes-Mari Williams, ʼn 28-jarige vrou van Pretoria, en haar babaseuntjie Sebastian word al bykans ʼn maand lank vermis.

Volgens Missing Children South Africa, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, is Hes-Mari en Sebastian op 26 September vir die laaste keer by hul huis in Garsfontein gesien.

Inligting oor die omstandighede van hul verdwyning is nog skaars. Ao. Dave Miller, ʼn woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ondersoekbeampte het eers Dinsdag die saak ontvang en is tans besig met die ondersoek.

Hes-Mari is 1.5m lank, klein gebou en weeg 55 kg. Sy het ʼn skoon gelaat en sproete. Sy het ʼn tatoeëermerk van ʼn Chinese-simbool op haar palm, en ʼn hart met haar seuntjie se naam op haar linker ribbekas. Sy het groen oë en kort swart hare. Na wat verneem word, is sy ʼn onderwyseres.

Missing Children versoek mense om die plakkaat te versprei met die hoop dat hulle vinnig opgespoor kan word.

Mense wat weet waar Hes-Mari haar bevind, kan die Garsfontein-polisiestasie by 012 470 4200 of Missing Children by 072 647 7464 bel.

Lees die opvolgberig hier:
PTA-ma en baba veilig opgespoor

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

elusha ·

Vreeslik vreeslik erg! Ek hoop van harte die tweetjies is iewers veilig! En as hul is wil ek net vra” Hes-Mari, laat weet tog net iemand dat jul veilig is” andersins wil ek n beroep doen op die publiek om ASSEBLIEF hul oe oop te hou vir die tweetjies, hulle word gemis deur geliefdes, asseblief ! Dankie Elusha

snel ·

Sjoe, ja vreeslik erg, ek stem saam met Elusha, hoop regtig hulle word gevind of laat weet net dat hulle iewers is en veilig is. Sterkte aan die families!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.