Pta-vrou ernstig beseer ná drie honde haar aanval

Argieffoto

ʼn Vrou van Moreletapark in Pretoria, vermoedelik in haar 40’s, is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem nadat drie honde haar aangeval het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê nooddienspanne is kort voor 13:00 na die toneel ontbied.

Van Huyssteen sê vrou het erge bytwonde aan haar bene opgedoen.

“Volgens die verklaring het die vrou met die pad afgestap toe drie honde uit ʼn erf gestorm en haar aangeval het. Omstanders het haar te hulp gesnel en basiese noodhulp toegepas voordat ambulansdienste op die toneel opgedaag het,” sê sy.

Die vrou is na die Tshwane District-hospitaal vervoer vir verder mediese sorg.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boet Fasie ·

Wat ‘n stewige siviele eis teen die eienaar van die honde, sterkte aan die vrou

Willem ·

Lees jy nie? Die honde het by hulle erf uit gekom en die vrou gebyt wat in die straat geloop het. Die eienaar het sekerlik die hek oop gelos.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kwaai honde is sekerlik vandag die redding van menige mens maar ons is verplig om te verhhoed dat hulle nie die perseel buite bereik nie. Hulle moet binne ons erwe ons beskerm. Ek het twee elektroniese hekke wat ek afsonderlik vanuit my huis beheer om daarvoor te sorg. Ons versekeringspolisse dek dit as jou diere moleste aanvang, maar probeer liewer die ellende verhoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.