Pta-vrou glo met hamer tydens huisroof aangeval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 54-jarige vrou is na ʼn Pretoriase hospitaal gehaas nadat sy Maandag in die vroeë oggendure in haar huis in Moreletapark in die ooste van stad aangeval is.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het aan Maroela Media gesê hoewel inligting oor die voorval nog min is, kan sy bevestig die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind.

“Twee mans het vermoedelik toegang tot die huis verkry waar hulle die vrou ernstig aangerand het. Sy is deur paramedici na die hospitaal geneem. Die polisie moet nog haar verklaring gaan afneem om meer inligting te verkry,” het sy gesê.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was die vrou se 15-jarige dogter tydens die voorval tuis. “By paramedici se aankoms op die toneel het lede van Bull Security die vrou en haar dogter vertroos en bygestaan,” het Meiring gesê.

“Die vrou het verskeie snymerke en steekwonde aan haar arms en bene opgedoen. Sy het ook beserings aan haar bors opgedoen toe sy vermoedelik met ʼn hamer aangerand is. Die dogter is gelukkig nie tydens die aanval beseer nie.”

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë provinsiale hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Volgens Jones ondersoek die Garsfontein-polisie in dié stadium ʼn saak van huisroof. Dit is nog nie duidelik wat presies tydens die voorval geroof is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Huisroof?? Ernstige aanranding – seker ook met die doel om te moor? Wat daarvan of is ek verkeerd?

Leahim ·

Bulls sekuriteitsmaatskappy het die vrou bygestaan dit is n baie ernstige misdaad en die polisie kaptein het nie eers die detail beskikbaar nie kan julle dink hoe die ondersoek gedoen gaan word.Die media moet begin om die feite reg deur te gee beter beskrywing van die aanvallers sal n begin wees die polities korrekte twak moet stop mense se lewens is op die spel ,ons dring aan om te weet.

Alida ·

Mens kap iemand met n hamer of enigiets met EEN doel voor oe en dit is poging tot MOORD.

Leahim ·

Net in die ooste hier in die Moot teiken ons die kriminele.

wielie ·

hahahahaha ” in die Moot teiken ons die kriminele ” hiehiehiehie hie. Goed gese Leahim

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.