Pta-vrou oorleef skietvoorval: man, kind sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma veg vir haar lewe in ʼn hospitaal in Johannesburg ná ʼn skietvoorval in Pretoria waarin haar man en kind doodgeskiet is.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, is die ma, kind en pa in hul huis in Hammanskraal, noordoos van die stad, aangetref ná ʼn skietvoorval. “Die pa was dood en die ma en kind gewond,” het Mathe gesê.

“Die ma en kind is deur ʼn ander ambulansdiens na die Jubilee-gemeenskapshospitaal geneem.”

Die kind is in die hospitaal dood. Die vrou is in ʼn kritieke toestand met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem.

Maroela Media het verneem die pa is glo ʼn polisiebeampte en dat die skietery nie verband hou met ʼn rooftog nie.

Sers. Thembi Nowathe, polisiewoordvoerder, sal binnekort kommentaar lewer en het bevestig dat die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) by die ondersoek betrokke is.

Opvolg: Pta-polisieman skiet glo gesin, homself

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ruby ·

Wat ookal die rede, dit gryp ‘n mens aan die hart, dis so so sad :-(

Candice ·

Sjoe dis baie sad, ai en daai ma gaan nou moet hoor haar kind en man is dood. Hoe anvaar mens so iets? Wat gaan aan in die mensdom!!!! Asb Here vat beheer asb!!

m ·

Sulke goed is baie sad en onnodig. Om jou gesin uit te wis veroorsaak net meer hardseer en los niks op nie. Sterkte aan die vrou.

Gesiggie ·

Dit hou nie verband met n rooftog? die Pa was n Polisiebeampte ? klink soos n saak van onreg”’ wie hom, sy vrou en kind geskiet het wou wraak neem… ek dink persoonlik, omdat die Pa ( Polisieman) sy werk gedoen het… maar die persoon wat toe uitgevang is… of wat ook al die geval… het gegaan en besluit om ontslae te raak van die man… maar met dit het hy sy kind en sy vrou ook geskiet.. (was die Pa dalk gedreig)?? My hart gaan uit na die Ma… mag jy gou herstel… So jammer dat jy jou Man en kind moes verloor….

Marelize ·

Dit lyk of die pa sy gesin probeer uitwis het. Nie iemand van buite nie.

Willie ·

So hartseer en tragies… eindelik skokend… dis amper elke tweede artikel….

Henco ·

Ek het op Jakranda gehoor dat die pa ‘n diens pistool uitgeteken het, na sy huis toe is en eers sy dogters van 7 jaar oud en toe die 30 jarige ma geskiet voor hy die wapen op homself gerig het en homself van kant gemaak het…. baie harasser. …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.