Pta-vrou skiet ‘rower’ tydens huisbraak dood

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou van Pretoria is in die hospitaal en ʼn vermeende rower dood ná ʼn huisbraak in die Wilgers in die ooste van die stad.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin was omstreeks 21:00 Sondagaand besig om aandete te eet toe die honde begin blaf het. “Die vrou se dogter het gaan kyk wat aangaan en is deur twee gewapende rowers oorval,” het Brits gesê.

Die rowers het die dogter terug in die huis ingedwing en die gesin beveel om op die vloer te lê, terwyl hulle hul hande begin vasmaak het. “Die dogter kon daarin slaag om ongesiens weg te glip en haar ma se vuurwapen te gaan haal en vir haar te gee. Die ma het op een van die rowers geskiet en hy het neergeval. Die ander rower het teruggeskiet en die dogter is in haar rug gewond.”

Volgens Brits is die gewonde rower op die toneel dood, terwyl sy makker met leë hande op die vlug geslaan het. “Die dogter is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal,” het sy gesê.

ʼn Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is op die toneel gevind. ʼn Saak van huisbraak en poging tot moord word ondersoek. Brits het versoek dat die gesin se name nie nou bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gert Ehlers ·

Goeie werk!!! Ek wens die dogter ‘n spoedige herstel toe. Dit is net weer bewys dat dit nie die wettige wapens is wat moorde pleeg nie, maar wel wettige wapens wat help om die mense te beskerm teen die draers van die onwettige wapens.

Manie ·

Bitter jammer om te hoor van die dogter se wond Sy is egter ‘n heldin en moet medalje kry. Ek sou bitter graag wou hoor dat sy die rower geskiet het.
Ons kinders moet van kleinsag paraat gemaak word vir sulke situasies!!!

George ·

Voorspoed met die dogter se herstel. Volgens my is dit nie n vermeende rower nie dit was n rower .wat soek hy daai tyd van die aand daar met vuurwapen kom koffie drink nou hoekom bind hy dan die famielie vas in hulle eie huis.Ek wens julle wil julle taal reg gebruik en n ding op sy naam noem .
Vermeende beteken miskien ,dalk ens.
rower beteken hy was daar om te roof.
en as daar wuurwapens betrokke is is dit gewapende rowers.

dieWAARHEID ·

Ek stem George, waarom altyd vermeende voor aan skryf. Wees reguit, hy is n gemors, rower, moordenaar…

Se maar net ·

Ek stem ! Die “rower” in die opskrif is geheel en al onvanpas – die ding was daar om te roof, daar is niks vermeends daaraan nie !

Hannie ·

Nee, George, kom ons noem al hierdie rowers, met hulle onregmatigde vuurwapens: MOORDENAARS! Hulle bring dan ‘n moordwapen saam, met hulle rooftogte, so, dis gemene MOORDENAARS!

scalla ·

Puik optrede, net jammer die ander skurk het weggekom, sterkte en hoop die dogter herstel gou.

dieWAARHEID ·

Waarom begin met “vermeende rower”? n Pretoria vrou het n ROWER doodgeskiet! Goeie werk aan die dames!

Retief ·

Daardie kind verdien ‘n medalje vir dapperheid. Ek bid dat sy volkome sal herstel, en daarna sommer ook verder opgelei word om self dodelik sekuur en akkuraat te kan skiet! Die ma was net so dapper, want baie vroue skram weg van vuurwapens af, maar toe die nood druk, het sy gedoen wat gedoen móés word. Ons mans kan gerus sorg dat ons vroue almal goed vertroud raak met vuurwapens.

Estelle ·

Welgedaan…. as jy nie wil hoor nie moet jy voel. Ons moet dit ELKE keer doen as ons bedreig word! Spoedige beterskap!

albertus ·

hoop die dogter herstel gou-kan nie veel meer se want eks n rassis-hulle maak ons mense dood-wie gaan wat maak!!!!

SNEL ·

Bitter bly die akker is geskiet, maar bitter jammer oor die dogter ook geskiet is, en nogal in die rug, ek hoop regtig nie sy is verlam as gevolg daarvan nie. Mag sy spoedig herstel, sy was baie dapper gewees.

Fanie ·

Ja Albertus. Ek is ook ‘n rassis. My rassisme grens egter nog nie aan haat en moord en terrorisme soos hulle rassisme nie!

david smit ·

If two englishmen were trapped on an island they’d created an empire, if two afrikaans men were on the same island theyd create two political parties, when will u learn to put stupid differences aside and learn to stand together?

Jaco ·

Ek stem saam, call a spade a spade, finish and klaar. Maar dit is hoe dinge moet gedoen word as ons daarvan wil lees anders sal dit teen ons so genaamde konstutisie wees. Maar that’s besides the point, die dogter het vlink gedink, Ma kan trots wees. Sy het heel moontlik die familie gered. Hoop jy herstel spoediglik dame.

Winston ·

Wens die dogter n spoedige herstel toe. Emosioneel ook alhoewel dit moeilik gaan wees vir die hele gesin. Dit was rowers wat op hulle toegeslaan het ja. Noem dit so Maroela. Nie vermeende rowers nie. Wat maak jy met n wapen as jy n huis beroof. Poging tot roof met die opset om te roof en moor. Hoop die boodskap dat daar nie net gewag word totdat jy n statistiese moord word nie, deurkom aan nog “vermeende rowers”.

Tascha ·

Baie sterkte meisie ek hoop jy word sommer vinnig gesond! Jy en jou Ma is albei heldinne en ‘n voorbeeld vir ander blankes as die polisie ons nie wil beskerm nie dan moet ons dit maar self doen!

Chrisjan ·

Mooi, veg tot die einde, moet nooit oorgee nie, gee hulle niks behalwe weerstand tot die dood toe. Dan sal hulle ophou.
Dankie vir die voorbeeld, dis ‘n duur prys om te betaal, maar dis al wat misdaad gaan stop.

Zia ·

Baie goeie werk, dis maar al manier wat ons kan optree, want bystand en beskerming van die nodige instansies bestaan nie meer in die land van ons nie. Jammer oor jou dogter mag sy volkome herstel.

Karolis ·

Haai, niemand voel iets vir die dooie rower se familie nie. Siestog hy is dan aan diens doodgeskiet. IOD of so iets.

Maritha Enslin ·

Wanneer gaan mense leer om nie uit te gaan wanneer die honde blaf nie? Mens leer mos jou hond se blaf ken en weet wanneer dit ernstig is. Bly in die huis mense, maak jouself paraat en bel jou sekuriteits maatskappy. Help nie om te sé bel die polisie nie, hulle lé heel moontlik aandiens en slaap.

jurie ·

Ja en sy maker gaan nie eers gekry word nie. 6 maande terug op my en die vrou geskiet in ons huis nog nie een gevang nie gelukig is ons nie raak geskiet nie. Sterkte vir julle dit is n moelike ding om dit te oorkom.

Martie ·

GOEIE WERKE!……. Spoedige herstel-vir jou dogter en STERKTE … Mag alle Vroue Jou voorbeeld volg….

Ouman ·

Ek hoop die meisiekind herstel vinnig van haar beserings. Dit is jammer dat die gesin deur al die trauma moet gaan maar ek is ook bly dat hulle kon terug veg en dat een vuilgoed nou by sy voorvaders is.

Malanie Burger ·

Hoekom word rower in aanhalingstekens getik….? Julle laat dit lyk of die rower bue eintlik ‘n rower was nie….

Daphne ·

My verloofde het n pistool. In die geval van n rooftog, mag ek as dit nodig is my kinders verdedig sonder om in die tronk te gaan sit.

Dee ·

Natúúrlik Daphne! En as die rower vra waar jou lisensie is, lieg vir hom en sê dat jy een het. Dan pot jy hom! Indien jy jouself en jou kinders moet verdedig gebruik jy enige iets wat beskikbaar is. Jy dink tog nie ‘n ondersoekbeampte kan jou daarvoor penaliseer nie! Ek stel egter ook voor dat jy jou eie skietding kry.

arie plaasboer ·

@ Daphne,
Hier is `n paar punte van belang.
1) Gaan leer om die pistool te gemaklik te hanteer, te skiet, te gebruik en gemaklik daarmee te wees soos wat jy is met `n blikoopmaker of ander stuk kombuisgereedskap. Dit mag ure se oefening tuis met ongelaaide pistool en URE (nie net een keer nie) se skiet op `n skietbaan kos, maar uiteindelik sal dit die moeite werd wees. Oefen om doodskote te kan skiet om voor die hand liggende redes.
2) bekom die SA Grondwet op die internet deur in te tik “Constitution” en lees DAARIN dat jy geregtig is met gepaste geweld jouself, jou geliefdes en jou eiendom te beskerm.
3) Onthou dat as iemand (dag of nag) ongenooid in jou huis kom met `n vuurwapen EN jou begin dreig MAG jy in selfverdediging optree sonder om vergelding te vrees.
4) Sou jou optrede die dood van `n indringer tot gevolg he, MOET daar `n geregtelike ondersoek plaasvind volgens wet. Dit beteken egter nie dat jy noodwendig skuldig bevind sal word en in die tronk sal beland nie. Sorg net dat jy behoorlik verteenwoordig word vir selfverdediging by die strafregtelike ondersoek.
5) Is jou vrees om in die tronk te beland so groot dat jy sal TOELAAT dat `n booswig hulle (dood)skiet? Dit tog sekerlik nie.

Johan ·

Hoekom is dit ‘n ‘vermeende’ rower. Hulle was klaar in die huis met die doel om te roof.

Deon ·

Het vandag Pres Zuma se toespraak geluister toe hy uit die bloute noem dat hy swart mense bedank dat hulle met die koms van demokrasie nie wraak wou neem op diegene wat apartheid beoefen het nie. Is dit net ek of was dit n subtiele waarskuwing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.