Pta-vrou sterf in kleinhoewe-aanval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vermeende huisroof op ʼn kleinhoewe in die ooste van Pretoria doodgeskiet en haar man gewond.

Sers. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar word vermoed dat drie of meer verdagtes by die aanval op die kleinhoewe langs die Kameelfonteinpad in Kameeldrift-Oos, oos van Pretoria, betrokke was.

“Inligting is nog skraps. Die polisie se forensiese eenheid is op die toneel en het die huis afgesper. Die polisie kan bevestig dat ʼn vrou tydens die voorval doodgeskiet is. Haar man is gewond en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Shibambo gesê.

Hy het gesê daar is tekens van ʼn huisroof, maar dit is nog nie duidelik wat uit die huis vermis word nie aangesien die forensiese eenheid nog op die toneel besig is. Die ouderdomme van die slagoffers was ook nie dadelik bekend nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede voorval binne 24 uur waarin ʼn egpaar op ʼn kleinhoewe in die ooste van die stad aangeval en een van hulle doodgeskiet is. Maroela Media het vroeër berig Jan Hettema (83) is omstreeks 08:00 op ʼn kleinhoewe aan die Boschkoppad doodgeskiet en sy vrou is in ʼn kas toegesluit. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Joann ·

Nog n moord. Rasse geval. En daar word niks gedoen nie. Hoogtyd dat ons self die oorlog begin. Ons kan.

Koos ·

Die aanvallers is nie bang vir die gevolge van hulle dade nie maak soos Botswana as jy skuldig bevind word aan moord kry jy doodstraf en vergelyk die moord statistieke in Suid-Afrika teenoor Botswana.

Karolis ·

Koos jy praat waarheid. Weinig dat jy hoor van moord ens in Botswana.
Atwoord: die doodstraf het ‘n effek.

Pieter ·

Koos, ek stem saam met die doodstraf, maar wil jy regtig die mag aan wie dit opgelê word in die hande van ons huidige regering gee?

Theuns ·

Seker die selde mense wat vir Hetema geskiet het? Buitelanders.

Gatvol ·

Ek stem Theuns…. die wereld raak al hoe meer barbaars en ons laat toe dat elke Jan rap en sy maat die land inkom. Verseker dieselfde mense. Dis defintief nie n toeval dat beide in dieselfde area is nie. Mense… bring die doodstraf terug, want ons tronke is n vakansie oord, ergste straf daar is as hulle nie n kleur tv in die sel het nie

Karma ·

@Theuns – nee, nie BUITELANDERS nie, maar ONWETTIGE IMMIGRANTE vanaf Nigerië/ DRK/Somalië ens. ens. Buitelanders verwys na ordentlike mense wat hier kom toer/kuier/tydelik werk in SA en wat hulle nie soos barbare gedra nie, maar soos aangepaste mense.

Theuns ·

Karma jy is reg! Ek het dit ook maar bedoel maar jy stel dit beter. Groete

Riaan ·

Dieselfde man se 1ste vrou is ‘n paar jaar gelede op dieselfde plot ook geskiet. Hy was buite ‘n ent vanaf die huis besig. Sy was in ‘n koma en is ‘n paar maande later oorlede…. Moord steeds onopgelos, nou weer , hiedie is verskriklik (soos elke moord).

LeonR ·

Baie , simpatie.

Ek staar , ‘n moordverhoor in die gesig toe die lid nie geweet het ek is gewapen nie!!

vierkleur ·

Wanner gaan ons blnakes wakker skrik en besef daar is n volksmoord besig om stelselmatig voor ons oe af te speel hier in SA.
Die regering is uit op n heksejag teen enigge vorm van rassisme, slegs teen die blanke volk. Die
tyken is reeds geidentifiseer ( die blanke volk van SA). Dit is wat n regerig doen, as daar n volksmoord beplan word.

Claudette ·

Elke week word daar 2 blanke gesinne uitgewis.Veral kleinhoewes en plase word geteiken.MAAK JULLE OE OOP,BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!

Koos ·

En die “polisie” ondersoek dit altyd maar gee ‘n swart petrol joggie’n paar klappe dan word jy binne ‘n week gearresteer ,verhoor en gevonnis sou jy wit wees en dis maar aanvaarbaar

Selfbeskikking of massa emmigrasie ·

Kan ons leiers nie dalk begin om te onderhandel vir selfbeskikking of massa emmigrasie nie? Want ons is duidelik nie meer welkom hier nie.

Ben Prinsloo ·

Die “rassistiese” gastehuis het n LUR en sy makkers laat opdaag. Ek neem aan by die moord gaan die hele parlement opdaag en met die witman simpatiseer.

A.G ·

Weereens lafaarde kom in groepe en slaan toe op weerlose en hulpelose bejaardes op plase en klein hoewes. Sodra die wit volk iets doen uit frustrasie dan is jy n rassis maar hulle kan loop en plunder verkrag en moor. Die tyd gaan nog aankom dat die volk genoeg gehad het.

Callie ·

Ek neem n eed dat indien my familie iets oorkom a.g.v misdaad soos die, sal ek nie verantwoordelik gehou kan word vir my dade nie. Die regering gaan niks doen nie so …

wynand ·

Iemand moet aangekla word van volksmoord, wit of swart of enige ander kleur word net daagliks vermoor

Jamtertjie ·

Ons bly op dieselfde pad as waar hierdie gruweldaad plaasgevind het, so 6km van ons. Net na 2 vanoggend het ons honde wild te kere gegaan, manlief is uit met 6 honde (hulle is opgelei), hy kon niks sien nie, maar die honde het baie vêr gehardloop en die geblaf was verseker soos wanneer hulle aanval. Nou gaan dit deur my gedagtes, het die honde wat ons gewaarsku het en iemand gejaag het, ons hierdie elende gespaar… en hulle het aanbeveeg na ñ makliker target. Mag julle almal veilig wees vanaand en gee julle geliefdes ñ ekstra drukkie en vertel hulle hoe lief jy is vir hulle.

Stem ·

Bly ook op ‘n kleinhoewe, het nie meer ‘n bediende of ander lid wat hier werk nie. Ek het die lid gesien in die huis deur die venster loer.Twee van my volk aangestel en dit gaan baie goed. Ons verstaan mekaar in ons eie taal en hulle het nie ‘n lui haar op hulle koppe nie. My hart gaan uit na hierdie man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.