Pta-vrou vas oor Gumtree-advertensie

Argieffoto van weggooibabadoeke ter illustrasie

Argieffoto van weggooibabadoeke ter illustrasie

Roxanne van Wyk (23) het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Kapt. Augustina Selepe het gesê Van Wyk het glo ʼn vrou bedrieg ná ʼn advertensie op Gumtree. “Die slagoffer beweer sy het ʼn advertensie op Gumtree gesien oor ʼn geleentheid om babadoeke van ʼn maatskappy genaamd NKE Babies te koop,” het Selepe verduidelik. “Sy het glo ʼn bedrag van R32 735 in die beskuldigde se rekening gedeponeer.”

Die klaagster het navraag gedoen oor haar bestelling, maar sy het geen antwoord gekry nie. Die vrou het uiteindelik die saak by die polisie aangemeld en die verdagte is ná inligting opgevolg is, in Montana in Pretoria in hegtenis geneem.

Selepe het gesê die saak is vir sewe dae uitgestel weens verskeie ander sake waar Van Wyk ook betrokke is.

“Mense moet bedag wees op kriminele aktiwiteit waar misdadigers van klein aanlynadvertensies gebruik maak om gebruikers te bedrieg,” het sy bygevoeg. “In hierdie geval kon ons die verdagte gelukkig opspoor. In ander gevalle is dit baie moeilik om verdagtes te vind, aangesien ander webwerwe nie die identifikasiebesonderhede van sy gebruikers verifieer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Watt ·

Wie koop R33 k se babadoeke sonder om die verskaffer te ken? Jy betaal nie net geld oor nie. Eks bly die skelm is gevang!

JP Nelson ·

Wonder net hoeveel weggooibabadoeke kry jy vir R32 735? Het die vrou ‘n sesling?

Magda de Beer ·

Die vrou kon dit vir haar besigheid aangekoop het! Dalk so bietjie buite die boks dink…

MM ·

Dit kan n kleuterskool of our tehuis wees wat dit aan ge koop het. Dis hoekom ek niks op enige website koop nie.

Veritas ·

Dom, liggelowig of geldgierig, noem dit wat jy wil maar iemand wat R32000 spandeer om babadoeke van ‘n onbekende vervaardiger te koop, moet maar die gevolge dra. In die eerste plek is dié goedkoop doeke van swak gehalte en jy hoef nie ‘n kenner te wees om dit te weet nie. Nee-wat tannie, jy kan jou geldjies maar afskryf en ek hoop jy het jou les nou geleer.

Oplettend ·

Lees mooi die berig. Dis ‘n ‘geleentheid’ met ander woorde – koop voorraad om weer te verkoop. Maak dit sin? Dog ek wys dit net uit vir die wat lees sonder om te verstaan…..

Ella ·

Mense oordeel vinniger as wat hul lees. Hoop die vrou kry haar geld terug.

KarooKlong ·

Die vroutjie begin sommer jonk al met streke. Verstommend hoe maklik mense net geld oorbetaal of is dit eerder hoe oortuigend ander kan wees met liegstories. Ek is maar nog die sien is glo tipe ou.

Webexpert ·

As jy online wil koop n dis n onbekende maatskappy, besoek eers hulle fisiese adres. As hulle nie fisiese adres het nie, wees gewaarsku.

Marietjie ·

Sy is om die bos gelei… ek is ook gevang deur SKELMS wat my groot trailer oor n advertensie op net van my “gekoop” het betalling het die sondag aand gewys is in my rek na n halfuur weg met my trailer van R25 000 het hul transaksie terug geswaai. Tot n skok het ek eers die maandag uit gevind. Asb wees versigtig kon noooooit die SKELMS vang nie ….. saak is oopgemaak maar verkeerde foto by verkeerde ID NR. Als vervals !!!!!

D ·

Roxanne het meer as +-R500 000 se doeke verkoop onder verskeie online besighede. Die doeke was maklik n R1.00 per doek goedkoper en daar is baie mense wat geld reg oor Suid Afrika verloor het. Sy het mense veral in die platteland aanbeveel om vir groot bedrae te koop en weer te herverkoop.

Cherokee ·

Jy kan nie sê meer as ± nie. Dit is of meer of nie meer nie.

Pieter ·

Nou verstaan ek nie? Toe ek laasjaar so bedrieg was en R16500 verloor het op basies diesefde manier, behalwe dat ons weet waar die ou bly, en ook ander mense opgespoor het in Pretoria Noord waar als bymekaar oor R120,000 beloop het, het die polisie hul nie aan ons gesteur toe ons dit wou aanmeld nie?! Vir my was daar net gese disnie bedrog nie, hyt nie ons gekd gesteel nie? Ons het hom mos betaal om dienste te lewer, depositos altans, en hy loop weg! Nou vra ek julke hoe kan hier basies dieselfde ding gebeur, maar polisie in Montana volg dit op, en polisie in Pretoria Noord lag dit af?

Piet Snot ·

Mens moenie sommer Konstabel Abel se regsadvies vir soetkoek opeet nie.
Hy’s ‘n poeliesman, nie ‘n prokureur nie.

Koos ·

Ek stem saam hulle is slimmer as ‘n boom vol uile maar dan kan hulle nie eers koos spel nie jy moet dit vir hulle stadig spel en dan will hulle vir jou regsadvies gee

Anon ·

My persoonlike ervaring met Pretoria noord se polisiestasie is dat hulle uiters korrup en oneffektief is, en nul omgee, nul, niks.

Nico ·

Ek stem Pieter. Polisie is vinnig om te se dis kontrakbreuk en ‘n siviele saak, sonder om die bewerings te toets aan die elemente van bedrog.

Fritz Rossouw ·

Pieter ek jare gelede ook baie gesukkel met bedrog saak. Pta Noord SAP lid was selfs, die front maatakappy se direkteur.

Darem na jare se gesukkel, skuldige suksesvol laat vervolg. Al my geld en items verloor, omdat oorspronklike ondersoek
beamptes. Hulle vriend wou probeer beskerm.

Tans besig met weer ‘n saak, wat deur SAPS en NPA so swak gehanteer is, met gevolg dat verskeie oneerlike persone, nog kan voort gaan met hulle bedrywighede.

Mike ·

Praat nie wat die vrou gedoen het goed nie maar scams is volop en vind amper daagliks plaas veral met voertuig transaksies, maar daar word niemand gearresteer nie en dit ondanks die feit dat selfone moet voldoen aan vereistes van rica en dus adresbevestigings gedoen moet word. Laat mens dink die ervare skelms weet net hoe en kom meestal weg met alles.

Fritz Rossouw ·

Mike. Die meeste sulke gevalle, word die oneerlike persone, deur SAPS lede beskerm en sake doel bewus gekelder.

CHRISTA ·

Hulle begin al hoe jonger en jonger met misdaad en bedrog!!!

Gavin ·

Die beste raad is, moet nooit n transaksie op Gumtree of enige van daai Web sites doen nie. Bly weg van hulle. Te veel skelm wat daar rond hang om mense uit te byt.

Cherokee ·

Ek is ‘n geregistreerde gebruiker van Gumtree en het my eie advertensie kolom met ‘n wagwoord en epos-adres. Jou beste raad is onkundige raad – slim mense maak gebruik van winkels op Internet met geen uitset kostes. Ek woon in een van die grootste stede in die land en ‘n incredible groot en bekende rekenaarwinkel in ons omgewing het toegemaak gedwonge deur online-sales.

Kaufman ·

Daardie einste winkelgroep waarna jy verwys het n patetiese aanlyn teenwoordigheid. Ek is nie verbaas nie. Geluk Cherokee met jou verkope.

Cherokee ·

Baie dankie Kaufman, ek waardeer dit. Dit is egter minder indrukwekkend as wat dit klink. Ek is ‘n eiedomseienaar en gebruik dit slegs vir verhuringsdoeleindes. Dankie vir jou mooi wense.

Cherokee ·

En Kaufman, wat die betrokke winkelgroep aanbetref, groot en bekend soos hulle is, is hulle duur. Hulle is gewoonlik my laaste alternatief wanneer soek na iets alhoewel ek ‘n voorlaaste ‘notebook’ by dieselfde tak gekoop het.

oni ·

Marietjie ek verstaan nie hoe n transaksie teruggeswaai kan word as hy deur die bank reeds is nie. Vat nogal inspanning om als te omkeer by bank.

Poppie ·

Baie maklik. Sommer met online banking deesdae by FNB kan ek dit ook doen. Net laas week uitgevind toe ek sien op my betalings ek kan dit reverse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.