Pta-water: ‘Paniek gesaai’ op sosiale media

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Boodskappe wat die ronde op sosiale media doen omtrent die stand van Pretoria se waterreservoirs is nie akkuraat nie.

“Hierdie persentasies was eens op ʼn tyd korrek, maar kan nie vertrou word nie omdat die persentasies letterlik van minuut tot minuut verander,” het Darryl Moss, DA-burgermeesterskomiteelid in die Tshwane-metro, gesê.

“Daar word soms paniek gesaai waar dit nie nodig is nie. Mense weet nie hoe om hierdie syfers te interpreteer nie. Dit het te doen met die hoogte van die reservoir, die drukking, die verspreiding van die pypnetwerk ensovoorts,” het Moss gesê.

Rand Water het sowat twee weke gelede alle metro’s se watertoevoer met 15% verminder weens die droogte. Daar is ʼn sogenaamde drukklep op alle reservoirs geplaas.

“Dit gaan nie oor hoe leeg die reservoirs is nie, dit gaan oor die drukklep wat deur Rand Water aangebring is,” het Moss gesê. “Hulle het die klep toegedraai. Wanneer daardie klep weer oopgedraai word, moet die vloei gereguleer word om goed soos ‘water hammer’ (wanneer jy die pype in jou dak kan hoor en water by die kraan uitspoeg) en gevolglike skade aan pype te voorkom.”

Moss voer aan hulle is daagliks in kontak met Rand Water om die drukklep gelig te kry op sekere reservoirs. “Hulle het byvoorbeeld gister die drukklep op Eldoraigne se reservoir gelig. Ons moet nou leer om met minder water oor die weg te kom. Dit gaan daaroor om die watervlakke te bestuur.”

Rand Water verskaf die meeste van die stad se water en het reeds waterbeperkings ingestel nadat die departement van waterwese en sanitasie op 12 Augustus in die Staatskoerant aangekondig het waterbeperkings van 15% moet in die geïntegreerde Vaalrivierstelsel-gebied ingestel word weens onvoldoende reënval in die opvanggebied en lae damvlakke.

Moss voeg by dat daar ook ander faktore is wat ʼn rol speel in die verskaffing van water. “Daar het byvoorbeeld Dinsdag ʼn brandkraan gebars in Lotus-Gardens. Ons vermoed iemand het dalk daarin vasgery. Dit was uiteraard ʼn noodgeval en ons kon nie die inwoners waarsku dat daar nie water gaan wees nie.”

Inwoners word weer eens gemaan om by die maatreëls te hou wat ingestel is. As hulle dit nie doen nie “sal die metro gedwing word om tariewe te verhoog en polisiëring en beurtwater toe te pas. Voorlopig vra ons net Tshwane-inwoners se samewerking”

Die beperkings, in terme van die stad se waterverskaffingsregulasies, behels onder meer dat tuine nie tussen 06:00 en 18:00 met munisipale water deur ʼn tuinslang of sproeier natgelei mag word nie. Voertuie mag ook nie met ʼn tuinslang gewas word nie en swembaddens mag nie gevul word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alida ·

Gedagte: Kan ‘n onafhanklike party nie ondersoek instel by munisipaliteite om te bepaal hoeveel water word gemors agv swak instandhouding nie. Ek weet van plekke in Noord-wes waar betroubare brokke laat blyk het dat tot 50% van water so verlore gaan. Daardie instansies moet boetes betaal.

Boorgate? ·

Wonder maar net hoekom word boorgatwater by die waterbeperkings uitgesluit. As mens per boorgat water kry om jou tuin nat te spuit / kar te was / swembad vol te maak ens. sak die watertafel. Dit lei daartoe dat riviere en strome vinniger opdroog (riviere kom voor waar die watertafel hoër is as die omliggende grond) en dat damme nie so vol loop as wat andersins die geval sou wees nie. Dus is daar minder water beskikbaar vir mens en dier wat van water uit ‘n rivier of dam afhanklik is. Dus steel mense met boorgate water van die res van ons. Hulle moet ook onder dieselfde waterbeperkings as die res van ons gebuk gaan. Die Tshwane munisipaliteit kan nou lekker geld maak – hulle moet net rondry en almal met groen grasperke ‘n boete oplê.

Wonder Net ·

Boorgate?? Jy maak rowwe stellings van mense wat steel. Hulle gebruik hulle eie water en dis ver van steel. Die lewe gaan oor keuses. Party mense dink verder as hulle neuse en beplan vir die dag van more en gebruik hulle geld wys en boor vir water met hulle eie geld. Ander mense soos jy gebruik jou geld vir ander dinge (Soos drank en sigarette). Ek as boorgat eienaar gebruik nog steeds my eie water spaarsamig en dink aan die dag van more. Vinger wys gaan jou en die waterprobleme niks help nie.

Marcel ·

Om te sê dat boorgat water gebruikers ander se water ” steel “, is ‘n bietjie dramaties. Om ‘n boorgat te gebruik is in elkgeval vir meeste mense, insluitend myself ‘n luukse. Boorgate in my omgewing is in elkgeval uiters duur, en sover ek weet landwyd baie duur om te sink. So vir die wat ‘n boorgat kan bekostig is dit seker ‘n uitkoms. Dit klink eerder vir my asof die skrywer suur is omdat hy of sy self nie ‘n boorgat het nie, of dalk bietjie jaloers. So moet die mense seker ook dan kwaad wees vir mekaar as hulle buurman, ‘n watertenk het vir opvangs, en omdat hulle dit nie kan bekostig nie, nie so ‘n tenk het nie.

Pendoring ·

@Boorgate? – Ek sal graag jou redenasie wil hoor oor die van ons wat reënwater opvang. Ek was my motor, met ‘n pyp. Ek maak my tuin nat, met ‘n pyp. Ek spuit selfs my plaveisel af, met ‘n pyp. Ek het, soos “Wonder Net”skryf, besluit om nie te rook en te drink nie maar liewers tenks op te sit. Ek het omtrent enige tyd van die jaar ‘n minimum van 5kl beskikbaar om mee te doen wat ek wil. So wie benadeel ek?

C ·

Ag ou Boorgate? Jy moet seker baie sleg voel as jy oor die muur loer en jou buurman se grasperkie lyk so pragtig en groen en aan jou kant is daar pokkel groen grassies. My boorgat het my geld gekos, doen jy nou maar dieselfde dan gaan jy nie so suur klink nie. Moet nie altyd in ander se oe wil kyk vir krag en water nie. Ek kom nie eens agter as die krag af is nie. Nee man, maak ‘n plan en raak onafhanklik van die munisipaliteit en maak staat op jouself.

anna ·

Wat my betref is water uit n boorgat water uit ons lewegewende bron. Uit die grond. Waarom moet ons wat voorsiening gemaak het daarvoor gepenaliseer word.

Boorgate? ·

Dis almal se lewensgewende bron – net net joune nie. Jy het vir die infrastruktuur betaal, nie die water nie – die water behoort nogsteeds aan almal. Gaan bekyk bietjie die waterwet. As jy water uit jou boorgat mors op onnodige dinge terwyl daar ‘n waterkrises in die land is, dan steel jy lewensgewende water van mense wat nie boorgate het nie. En buitendien, daar is ‘n beperking op hoeveel boorgate daar in ‘n sekere gebied gesak mag word, so as elke tweede ou op jou blok in die 1980s ‘n boorgat laat sak het, is dit nou maar tickets vir enige iemand anders wat ook ‘n boorgat wil hê – jy gaan nie nou toestemming kry nie. So ek moes toe ek op laerskool was al voorsiening gemaak het as ek nou ‘n boorgat wou hê. Snaaks hoe stiksienige ‘vooruitdenkende’ mense kan wees!

Amanda ·

Boorgate? Is korek. Tshwane kry 70% van die vaaldam en 30% is water wat gesuiwer word EN boorgate. As die watervlak ondergronds val benadeel dit almal. In BFW, Kroonstad en ander plekke waar daar geen water was nie het boorgate tot die redding gekom en toe uiteindelik ook droog geword in gevalle. Ons kan nie op die stadium enige water mors nie.

Lance ·

Was vandag in Centurion waar die water in die besiheidsarea (dink Jakaranda str) die strate afloop …en daar is nie water nie !

Mel ·

Vandag in colbyn, het di sproeiers di straat natgemaak en ni di blomme nie.

Armando ·

Boorgate? jy moet bietjie verder as wat jou neus lank is dink. Dit is die water wat van Lesotho af kom, met baie moeite en baie geld wat uit almal se sakke kom wat beperk word. Maar party mense het voorsiening gemaak en ‘n boorgat laat sink, vir ingeval, soos nou. Dis my water en ek gebruik dit. Buitendien, ons nuwe heersers sê dat die boere die damme te groot gebou het en daarom word hulle nie vol nie. LOL.

Boorgate? ·

My punt is dat mense met boorgate ook by die waterbeperkings moet hou. Julle het vir die infrastruktuur betaal, nie vir die water nie – die water behoort nogsteeds aan almal. Dis ‘n mors van water om die grasperk nat te maak terwyl daar ‘n ernstige droogte in die land is – maak nie saak waar jy dit kry nie. Ek gebruik die reënwater wat ek opgevang het nie om die grasperk nat te maak nie, maar om die toilet te spoel. Want die munisipale die reservoir is leeg. Wat my grief is hierdie arrogante houding van mense wat boorgate het wat dink hulle is kwytgeskeld van die waterbeperkings. Die water is min. Wanneer die watertafel genoeg sak en julle boorgate droog op dan sit julle met dieselfde problem as die res van ons. Die regte ding om te doen – die ding wat ordentlike, denkende mense sal doen – is om water te bespaar selfs al het jy die geld om ‘n boorgat te laat sak. Tipies van hierdie arrogante mense om te dink dat mense wat nie kan bekostig om ‘n boorgat te laat sak nie, hulle geld op drank en sigarette mors. Lekker om te veralgemeen as jy ryk is, maar as jy water uit jou boorgat gebruik om te mors op grasperk natmaak ens., dan steel jy water van ander mense wat dit kon gebruik het om te drink!

@Armando ·

Dis nie jou water nie, jy’t net vir die infrastruktuur betaal toe jy die boorgat gesink het. Gaan kyk bietjie na die waterwet. Die water behoort nogsteeds aan almal. Enige iemand wat nie ‘n boorgat het nie kan by jou kom aanklop vir water wanneer die munsipale water opdroog. En jy gaan hulle nie mag geld vra nie want die water behoort nie aan jou nie. Almal betaal vir water infrastruktuur, jy is net gelukkig genoeg om ryg genoeg te wees om vir ekstra infrastruktuur te betaal. Maak nie saak waar die water vandaan kom nie (Lesotho, Mars, ondergronds, of die reservoir op die berg), wanneer jy met water mors tydens ‘n droogte krises steel jy daai water wat jy mors van ander mense wat dit versigtig gebruik

Takkie Takuuza ·

Voor julle begin vuis slaan oor die water. Loop skep vir jou water daar in Pretoria Noord. Dit loop omtrent in elke straat af.

Jugde ·

Boorgate?
@ Armando
Julle klink soos een mens.
Jy mors mos water deur jou toilet te spoel as jou plaaslike resevoir leeg is. Daar is chemise middels wat jy in ‘n toilet kan gooi dan hoef jy nie water te mors nie. Sies man. Jy kan die water gesuiwer het vir drinkwater. Dis steel.

Jy is enige tyd welkom om ‘n glasie water te kom haal uit my boorgat. Onthou net om my kragrekening te betaal want my boorgat gebruik krag om te werk. Net soos water is krag ook verniet in Suid Afrika. Dis almal sin volgens die wet. Net sommige mense betaal vir dit wat hy gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.