Pta-waterbeperkings opgehef

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-metroraad het Dinsdag die waterbeperkings wat Vrydag in etlike woonbuurte in Pretoria ingestel is, opgehef.

Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê die beperkings moes ingestel word weens die lae vlakke van reservoirs in die stad en die voortdurende vermeerdering in die vraag na water gedurende die buitengewone warm weerstoestande. “Die bestuur van die departement van water en sanitasie het die situasie deurentyd gemonitor en is bly om aan te kondig dat die geaffekteerde reservoirs nou teen volle kapasiteit bedryf word en dat die situasie teruggekeer het na normaal,” het Bokaba gesê.

“Die waterbeperkings is dus met onmiddellike effek opgehef. Ons spreek ons dankbaarheid uit teenoor die inwoners wat op ons versoek om water spaarsamig te gebruik gereageer het.”

Bokaba het bewerings dat daar duistere oorsake vir die watertekort in die stad is ten sterkste ontken en gesê die bewerings is “kwaadwillig, oneerlik en doodgewoon goedkoop opportunisme”. “’n Hittegolf is ʼn natuurlike verskynsel en dit het verskeie dele van die land geaffekteer, nie net die Tshwane-metro nie,” het hy gesê.

“Die Tshwane-metro, soos enige ander munisipaliteit, ervaar soms waterlekkasies en instandhoudingsprobleme. Die stad poog egter altyd om die lekkasies binne 48 uur, of op die meeste binne 72 uur, reg te maak en doen gereelde instandhouding van sy toerusting. Dit is nie waar dat water vir vier dae uit die Moreletapark-reservoir geloop het nie. Die lekkasie is binne 48 uur reggemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Engelbrecht ·

Hoe moes ons geweet het van die waterbeperkings?

Theresa ·

Dis goed om betyds te weet – het ook later die dag eers gehoor. Maar ek hoop iemand van die Metro in Pretoria lees wat ek nou vra: Was onlangs in die Pta-Oos begrafplaas. Van die krane was oop en het ek met ‘n skok gesien hoe ons kosbare waterbron misbruik word deur plakkers wat ‘n hoek van die begrafplaas beset. BAIE gevaarlik en hinderlik, maar die misbruik van die water is ‘n skreiende sonde. Van die krane se top is afgebreek. Die onwelkome mense dra groot asblikke vol water na hul ontoelaatbare blyplekke en dis in my oë “steel” van dié wat wettig alle betalings in die land doen om dit te probeer bo hou.
Kan iemand daarna gaan ondersoek instel??? Selfs joernaliste kan dalk hier ‘n verskil maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.