Pta-winkelsentrum ontruim weens bomdreigement

grove-mallDie Grove Mall in die ooste van Pretoria is Dinsdagaand ontruim weens ʼn bomdreigement.

Pierre Botha, woordvoerder van die winkelsentrum, het gesê hulle het Dinsdagmiddag laat die bomdreigement ontvang waarna die polisie se bomeenheid ontbied en die winkelsentrum ontruim is.

Volgens Botha was polisiebeamptes nog teen 19:00 op die toneel om die sentrum te fynkam. “Indien daar bevind word dat daar niks fout is nie sal ons van die restaurante weer oopmaak. Ons wil graag ons klante bedank vir hul samewerking en hulle verseker dat hul veiligheid ons prioriteit is.”

Die sentrum is in Julie vanjaar ook ontruim weens ʼn bomdreigement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarie

Seker iemand wat niè vannaand laat wou werk nie, of iets in der voege!!! Ek wens hulle vang hom of haar! Ek hààt sulke vals dreigemente. Dis ‘n mors van geld & tyd!!!

Delia

Is dit nie dalk ‘n “test run” of twee, om die reaksie tyd te toets nie? Wees op en wakker!

Jakes

Ek was daar. Mense het rustig uit die sentrum gestap en in hul voetuie geklim. Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar niemand is wat die verkeer buite die sentrum reguleer om plek te maak vir die groot stroom karre wat uit die parkeerterrein moet beweeg nie. Dit is blykbaar nie die eerste keer nie. Daar is ñ reuse bottelnek by die uitgang soos almal probeer uitkom, maar moet wag om een-vir-een tussen die namiddagverkeer in te druk. As daar werklik ñ bom was (en met hierdie ISIS nonsens in almal se agterkoppe is dit seker nie so… Lees meer »

Amanda Van Vuuren

Dit kom my voor asof iemand n sadistiese plesier daaruit put om almal daar die skrik op die lyf te jaag??? Die speletjie is bitter ver van funny!! Die polisie het genoeg om mee te deel!! Ek hoop regtig hulle trek die joker/s binnekort vas!

iemand

Ons was die oggend daar voor die bom ding, wow silke goed is maar baie skrikwekkend. Al was dit net n vals alarm en was ons nie daar tydens dit nie.