Pta-winkelsentrum ontruim weens bomdreigement

grove-mallDie Grove Mall in die ooste van Pretoria is Dinsdagaand ontruim weens ʼn bomdreigement.

Pierre Botha, woordvoerder van die winkelsentrum, het gesê hulle het Dinsdagmiddag laat die bomdreigement ontvang waarna die polisie se bomeenheid ontbied en die winkelsentrum ontruim is.

Volgens Botha was polisiebeamptes nog teen 19:00 op die toneel om die sentrum te fynkam. “Indien daar bevind word dat daar niks fout is nie sal ons van die restaurante weer oopmaak. Ons wil graag ons klante bedank vir hul samewerking en hulle verseker dat hul veiligheid ons prioriteit is.”

Die sentrum is in Julie vanjaar ook ontruim weens ʼn bomdreigement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

Seker iemand wat niè vannaand laat wou werk nie, of iets in der voege!!! Ek wens hulle vang hom of haar! Ek hààt sulke vals dreigemente. Dis ‘n mors van geld & tyd!!!

Moeder ·

Praat jy…..besighede verloor soveel geld deur een of ander psigopaat?

Delia ·

Is dit nie dalk ‘n “test run” of twee, om die reaksie tyd te toets nie? Wees op en wakker!

Jakes ·

Ek was daar. Mense het rustig uit die sentrum gestap en in hul voetuie geklim. Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar niemand is wat die verkeer buite die sentrum reguleer om plek te maak vir die groot stroom karre wat uit die parkeerterrein moet beweeg nie. Dit is blykbaar nie die eerste keer nie. Daar is ñ reuse bottelnek by die uitgang soos almal probeer uitkom, maar moet wag om een-vir-een tussen die namiddagverkeer in te druk. As daar werklik ñ bom was (en met hierdie ISIS nonsens in almal se agterkoppe is dit seker nie so vergesog nie) sit almal soos eende in ñ ry in hulle karre, en kan ñ bom juis daar baie skade aanrig. Ek voel die sentrumbestuur moet dit in ag neem en mense oplei om die verkeer by die uitgange te reguleer.

Netta ·

Jakes, met enige noodsituasie waar ontruiming nodig is, is dit wys om die sekuriteit of “marshals” se aanwysings te volg en NIE die gebied te verlaat nie, maar om op ‘n veilige plek, soos aangedui deur die sekuriteit en “marshals” te groepeer en te wag vir verdere instruksies. Deur in die motor te spring en weg te ry, skep weer ‘n ander risiko vir beserings en insidente. Glo my, ek wer by die bestuur van ‘n groterige sentrum in die Wes-Kaap en dit is ons beleid dat niemand toegelaat word om die perseel van die sentrum te verlaat in geval van enige noodsituasie, insluitende ‘b bomdreigement nie. En mense wat dié tipe goed doen, moet krimineel vervolg word. Dit is ‘n vermorsing van tyd, energie, hulpbronne en geld.

Amanda Van Vuuren ·

Dit kom my voor asof iemand n sadistiese plesier daaruit put om almal daar die skrik op die lyf te jaag??? Die speletjie is bitter ver van funny!! Die polisie het genoeg om mee te deel!! Ek hoop regtig hulle trek die joker/s binnekort vas!

iemand ·

Ons was die oggend daar voor die bom ding, wow silke goed is maar baie skrikwekkend. Al was dit net n vals alarm en was ons nie daar tydens dit nie.

Eddie ·

Die wat dit gedoen het speel met vuur. More of oor more is daar werklik n bom dan gaan die mense net dink dit is weer n false alarm. Ek weet regtig nie hoekom kry mens sulke siek mense nie. Jy kan nie dit doen in hierdie tye wat ons leef nie. Of wou hy maar net uitkoms kry om nie vir sy ete rekening te betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.