Pta-woonbuurte deur wateronderbreking geraak

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria Woensdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het gesê wateronderbrekings kan ervaar word weens noodherstelwerk aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir.

“Die reservoir gaan tussen 08:00 en 16:00 tydelik afgeskakel word om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel,” het Bokaba gesê.

Die woonbuurte wat geraak gaan word, is Arcadia, Bryntirion, Deerness, Eastcliff, Eastwood, Elandspoort, Lisdoganpark, Prinshof, Rietfontein, Rietondale en Riviera. Die middestad gaan ook geraak word.

Die metro het verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die onbeplande onderbreking veroorsaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Max ·

Ons is so geseend met al ons springfonteine. Hoekom wil hulle dit nou verseel?

Sonya ·

Hier in Kzn Ugu distrik gaan ons vir dae sonder water en sonder waarskuwing. Dit raak erger met vakansies en dan het vakansiegangers geen water ook. Ugu distrik is Kzn Suidkus.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons het in Ugu ‘n plek wat ons verhuur en danksy swak beheer en onderhoud sit ons huurders (die wat nie hul goed vat en ons hul huur moet terugbetaal nie) sonder water. En kyk maar hoe hoog is ons belastings daar. Eieindoms belasting is hemelshoog en as ons kla oor die “vakansiegangers” wat ons plekke langs die strande bemors dink ons aan net aan mevSparrow en hou ons monde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.