Pta’ners gemaan om water te bespaar

Argieffoto

Die Stad Tshwane doen ʼn beroep op inwoners en die sakegemeenskap in Pretoria om water te bespaar.

Die stadsraad het ʼn formele kennisgewing van Rand Water ontvang dat waterverbruik die afgelope paar dae toegeneem het weens hoë temperature. Dit het daartoe gelei dat waterreserwevlakke begin daal het, het Lindela Mashigo, woordvoerder vir die stadsraad, gesê.

Rand Water beperk tans alle Tshwane-meters tot 20% om die vlakke te bestuur en maan inwoners om water te bespaar. Die beperkings is van toepassing in die hele Pretoria.

“As daar aan die beperkings voldoen word en as verbruikers water op ʼn doeltreffende manier gebruik, kan waterverwante onderbrekings beperk word. Die waterbesparingsmaatreëls tydens die aanvanklike waterbeperkings moet die norm word.”

Inwoners word herinner aan die volgende wenke:

  • Gebruik grys water om tuine nat te lei en toilette me te spoel
  • Meld waterlekkasies en gebarste pype aan
  • Installeer waterbesparingstoestelle
  • Maak van ʼn laedruk-stortkop gebruik waar moontlik
  • Plant inheemse of droogteweerstandige struike in die tuin
  • Lei tuine slegs voor 06:00 of ná 18:00 nat
  • Gebruik ʼn besem in plaas van ʼn tuinslang om stoepe en opritte skoon te maak
  • Stoor reënwater om weer in die tuin te gebruik of om die tuin mee nat te lei
  • Bedek swembaddens om verdamping te verminder
  • Stort eerder as bad
  • Moenie die kraan laat loop terwyl jy tande borsel of skeer nie
  • Sien toilette en krane gereeld na om lekke so vinnig as moontlik op te spoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Sê nou al vir die Kapenaars om minder water te gebruik want in 6mnde van nou af dan huil almal weer oor Day 0 (Mense wil net nie leer nie, en die toestroming van mense gaan nog meer word want die Mugabes en die nuwe President het vrede gemaak – nog ‘n ‘stirr’ in die Politiek)

Nooi ·

Ek het Geen probleem om water te bespaar nie maar Tswane moet ook kyk na water wat in strate afloop vir URE. Hul kan ook hul voertuie wat taxi speel opdrag gee om strate te patroleer vir gebarste pype. Indien dit nie water in strate is nie is dit straatligte wat in die dag brand.

Damelco ·

Tswane spuit tuine en middelman nat enige tyd van die dag. Sien dit gereeld in Centurion.

Elize ·

@Damelco. Hier stem ek 100% met jou saam. Ons moet bespaar maar die munisipaliteit gee nie ‘n duid om nie. Hier in Pretoria-Noord word die teerpaaie natgespuit om te kyk of dit nie wil groei nie. Strome water wat loop en die werkers is nêrens in sig nie. Maak die krane oop en gaan iewers heen en so gaan dit die hele dag aan. Mens kan nie eers op die sypaatjies loop nie want dit is net water. Geen nut om te kla nie want daar word niks aan gedoen nie.

Johnnie ·

Elize ek stem saam met jou hulle skreeu altyd dat ons moet bespaar sodat hulle dit kan vermors so gaan dit met alles in die regerings instansies, MORS,MORS,MORS EN NOGMAALS MORS.

MarieM ·

Ons het die vout op ons meter aangemeld en daaraan is niks gedoen nie. Moes op die ou end iemand uitkry en self opdok daarvoor.

Jacques ·

Wonder of hulle ooit bereken dat oor populasie ook die oorsaak is van hoër water gebruik. Asook die onderhoud van die water stelsel. Hulle moet eers na al die faktore kyk voor hulle finger wys na ander. Tiepiese lui oplossing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.