Publiek gewaarsku oor misdaad by begraafplase

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes, tussen 20 en 25 jaar oud, ná ʼn verkragting by die Botshabelo-begraafplaas in Bloemfontein.

“ʼn 53-jarige vrou het Woensdag die begraafplaas omstreeks 16:00 besoek toe die twee verdagtes haar voorgekeer en met ʼn mes gedreig het,” het sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het haar gedwing om haar klere uit te trek, en sy het geweier. Hulle het haar daarna met pepersproei in die gesig gespuit en haar om die beurt verkrag.”

Die verdagtes het van die toneel gevlug met die slagoffer se selfoon. Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mpakane het gesê die polisie waarsku die publiek oor misdadigers wat moontlik persone by begraafplase kan teiken. “Die gemeenskap word versoek om grafte eerder op Saterdae of Sondae te besoek wanneer dit gewoonlik besiger is weens begrafnisse wat plaasvind,” het sy verduidelik. “Die publiek word ook ontmoedig om begraafplase alleen te besoek, aangesien hulle dan maklike teikens kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mel ·

Dis vreeslik om te weet dis so onveilig by begraafplase, di tye wanneer jy jou “alleen tyd” wou gehad het by ‘n oorledene is nou sinneloos, nou moet ons maar ons geliefdes in ons harte en gedagtes koester as gevolg van gewetenlose mens wat ni Respek vir di dooies het ni

Lance ·

Is ou nuus man ….nou eers weet die polisie en waarsku nou kamtig …nou is hulle plig mos gedoen ….man plaas hulle n damn lokval stel en die booswigte VANG ja VANG !

Della ·

Vanderbijlpark se begrafplaas loop jare en jare al deur…. Vrouens waag dit nie daar alleen nie….

Koos ·

Dagvaar die polisie ons betaal vir beskerming deur die polisie dit is hulle plig om ons veilig te hou en die begraafplaas behoort aan die staat

Ketter ·

Vat maar ‘n wapen saam wanneer jy vir Oupa-hulle gaan kuier..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.