Publiek gewaarsku teen belastingslenter

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) het Maandag die publiek gewaarsku teen ʼn slenter waardeur belastingbetalers uit duisende rande bedrieg word.

Die inkomstediens het in ʼn verklaring gesê die bedrogspul is deur talle lede van die publiek by die Said aangemeld. Die bedrieërs, wat hulle as verteenwoordigers van die Said voordoen, nader glo niksvermoedende besigheidseienaars en eis dat “uitstaande belasting” op onverklaarde inkomste onmiddellik aan hulle betaal word.

“Geen geld moet ooit aan skuldeisers of enigiemand wat hom as ʼn Said-beampte voordoen, betaal word nie. Enige persoon wat eis dat geld onmiddellik aan hom oorhandig word, moet by die Said aangemeld word,” lui die verklaring.

Die inkomstediens het beklemtoon dat uitstaande belasting of ander geld aan die Said verskuldig slegs in die Said se amptelike bankrekeninge inbetaal moet word. Enige verdagte persoon of bedrywighede kan by die teenkorrupsie-en-bedrogblitslyn by 0800 00 2870 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kiepie ·

Hoe oortuig hulle jou dat hulle weet wat jou “onverklaarde inkomste” is? Hulle moet darem seker stawende bewyse lewer of vat hierdie “besigheidseienaars” sommer hulle woord daarvoor? As jy al jou inkomste verklaar soos wat die wet vereis dan het jy mos niks om oor skuldig te voel nie.

Kiepie ·

Ek stel voor SARS ondersoek al die besighede wat deur hierdie slenter gevang word. Klink vir my of hulle iets het om weg te steek.

johann cb ·

Ek is regtig jammer om lelik te wees, maar jy moet maar effens dom wees om kontant nét so aan enige persoon te oorhandig. Dít doen jy slegs by jou bank aan gemagtigde persone.

Takkie Takuuza ·

Ja, jy moet ‘n redelike sot wees om vir so iets te val.

Ansie Geldenhuysg ·

Agge nee, in hierdie tyd waarin ons lewe, vertrou jy niemand. Ons moet versitig wees. Geen persoonlike besonderhede en/of geld nie.

vermeende ·

Waarteen word ons nou eintlik gewaarsku. Die Said rek waar jy moet inbetaal of die een wat dadelik die geld eis.
Een swendelaar waarsku teen n ander swendelaar.
LOL!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.