Publiek gewaarsku teen vleis van Hammarsdale-pakhuis

Verskeie brande is by die gebou gestig (Foto: Skermgreep uit Newzroom Afrika-video)

Die publiek word gewaarsku om nie enige vleis- of pluimveeprodukte te verbruik wat by die Sequence-verkoelingspakhuis in Hammarsdale in Durban in KwaZulu-Natal geplunder is tydens onlangse oproer nie, aangesien dit nie veilig is vir verbruik nie.

Die stad se departement van omgewingsake en gesondheid het die fasiliteit besoek en bevind dat vleisprodukte van die pakhuis moontlik onveilig kan wees vir verbruik. Die produkte is nie teen die regte temperature vervoer of gestoor nie.

“Die publiek word dus aangeraai om dringend van die produkte ontslae te raak,” het Lindiwe Khuzwayo, woordvoerder van die eThekwini-munisipaliteit, gesê. “Die munisipaliteit versoek die publiek om nie die kos te begrawe nie, maar in ʼn asblik daarvan ontslae te raak en die asbliksak op die geskeduleerde vullisverwyderingsdag buite te sit.”

Inspekteurs van die departement en die metropolisie sal die situasie monitor.

Vleis wat uit die gebou geplunder is (Foto: Skermgreep uit Newzroom Afrika-video)

Die pakhuis is ʼn paar keer aan die brand gesteek tydens oproer in die provinsie. Nthuthuko Mathe van die eThekwini-brandweer het aan eNCA gesê plunderaars het Maandag weer toegeslaan en die gebou Dinsdag aan die brand gesteek. Brandbestryders moes terugstaan toe plunderaars gewelddadig reageer en die span se veiligheid bedreig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die vleis is seker lankal opgeeet, want die plunderaars was mos honger……..

Casper ·

Indien die vleis ongeskik was vir menslike gebruik hoekom is dit nie verwyder en vernietig nie.

Lindi ·

Nou hoe nou? Wat gaan die asblik mense daarmee maak? WAAR en HOE word die vleis van ontslae geraak? “Die munisipaliteit versoek die publiek om nie die kos te begrawe nie, maar in ʼn asblik daarvan ontslae te raak en die asbliksak op die geskeduleerde vullisverwyderingsdag buite te sit.”

Klipkop ·

Aasvoëls vrek nie maklik van besoedelde vleis nie, maar aangesien dit ‘n beskermde spesie is, moet daar seker die nodige voorsorg getref word.

Belinda ·

ja gooi in die asblikke wanneer dit asblik dag is… het hulle al gesien hoe grou mense in asblikke??? wat gaan dit help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.