Publiek help gevangene vang wat by hof wou ontsnap

Die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Skermskoot/Google Maps

ʼn Beampte van die departement van korrektiewe dienste is met ʼn skerp voorwerp gesteek toe ʼn gevangene Maandag by die hooggeregshof in Johannesburg probeer ontsnap het.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het gesê die beampte is twee keer gesteek, waarna die gevangene probeer ontsnap het.

“Hy is egter spoedig vasgetrek deur veiligheidsbeamptes by die hof, met bystand deur lede van die publiek wat in die hof was.”

Volgens Nxumalo is die beampte na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is hy reeds ontslaan. “Dit is ʼn onrusbarende voorval en die departement sal onder geen omstandighede dié tipe brutaliteit van gevangenes toelaat nie.”

ʼn Ondersoek is begin om vas te stel wat gebeur het en die departement het aanklagte by die polisie aanhangig gemaak. Volgens Nxumalo sal daar ook dissiplinêre aksie teen die gevangene geneem word.

Nxumalo het gesê die gevangene dien tans sewe jaar tronkstraf uit nadat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het. Volgens Nxumalo staan die gevangene ook tans tereg op aanklag van moord en roof.

Nxumalo het die publiek en veiligheidsbeamptes by die hof geloof vir hulle vinnige aksie om die gevangene vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Waarom het hy nie voetboeie aangehad nie Dit is dan n moordenaar.

Karolis ·

Tog duidelik dat hierdie boef nie sal skroom om weer te moor nie. Verbaas my aan die regstelsel in sy geheel.
Maar ag, sanik en neul sal nie help nie.
Ek lees eerder verder

JA wohl ·

LOL en dan boei hulle vir VICKY MOMBERG .what a joke .. julle kry wat julle toekom.

Liberaal ·

Volgens linkse liberale waardes moet Momberg geboei word omdat sy blank is en mag die betrokke gevangene hier ontsnap want wie is ons om sy vryheid te wil beperk?

Theresa B ·

Ja julle moet wakker slaap hoor. Hierdie spul is nie in die tronk omdat hulle vergeet het om tande te borsel nie.

Nettie ·

Die enigste “dissiplinêre aksie” wat ek sien wat teen dié gevangene geneem kan word, is om hom 23 uit 24 uur in afsondering op te sluit in ‘n geïsoleerde sel waar hy slegs ‘n skrefie sonlig kry – en dit vir ten minste die volgende 25 jaar. Dit is nou aangesien “capital punishment” (dank die hemele!) teen ons huidige wetgewing is.

Johan Barnard ·

Dissiplinêre optrede teen ‘n gevangene? Asseblief tog, gaan julle hom uit sy pos as gevangene ontslaan? Hierdie land word by die minuut meer belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.