Publiek help om ma van verlate babadogtertjie vas te trek

Die baba na die slagofferondersteunerssentrum geneem. Foto: Verskaf.

Die polisie in Port Elizabeth het Vrydagmiddag ʼn deurbraak gemaak toe hulle die ma van die drie maande oue babadogtertjie wat Donderdag in ʼn voetpaadjie opgetel is, vasgetrek het.

Maroela Media het Vrydagoggend berig kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die dogtertjie is deur ʼn man op ʼn voetpaadjie in Draaifonteinweg in Greenbushes gevind.

“ ʼn Sak en bottel is nie ver van die baba nie aangetref. Die kind is deur die man na die Suid-Afrikaanse Heilsleër geneem en hulle het die baba aan die polisie oorhandig.”

Naidu sê die polisie het die baba na die slagofferondersteunerssentrum geneem en skoon aangetrek, aangesien sy yskoud was met die klam klere wat sy aangehad het.

“Hulle het ook vir haar ʼn warm bottel melk gevoer. Die polisie het toe die babatjie na die Dora Nginza-hospitaal geneem en haar daar aan maatskaplike werkers oorhandig,” het Naidu gesê.

Die polisie het gesê dat die ma omstreeks 13:00 vasgetrek is in Kuyga in Port Elizabeth nadat hulle ʼn leidraad van ʼn lid van die publiek ontvang het.

Sy sal Maandag in die St. Albans-landdroshof verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing.

Die saak word deur Port Elizabeth se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Woorde? ·

Woorde?? Nee, ek het nie woorde sulke gebeure te beskryf.

AmY ·

Hoekom het sy nie eerder die baba by ‘n plek van veiligheid gaan aflaai nie? (as sy dalk nie meer vir die klein MENSIE kon sorg nie.)
Waarom die klein bondeltjie sommer net langs die pad los?
Ek sal dit nooit kan verstaan nie.

Han ·

Hoe kry ‘n ma so-iets reg? Sy is wreed en gevoelloos! As jy nie vir jou baba kan sorg nie, kry hulp!

M ·

Ek dink opvoeding / bygelowe en vrees speel n groot rol…. maar Ja, dis baie onregverdig om so iets te doen
Baie bly die baba is betyds gekry asook die ma vasgetrek…

Anna ·

Wel, ek hoop die pa word ook verantwoordelij gehou. ‘N Kind het twee ouers. As n ma n kind verwerp is dit gewoonlik omdat die pa dit alreeds gedoen het. En daarmee wegkom. Die ma is heel moontlik n slagoffer van geweld of verkragting , en sonder enige ondersteunings netwerk.

Ek stem ·

Al stem ek glad nie met haar metode saam nie, stem ek 100% saam met jou. Op die foto kan mens duidelik sien die baba was goed versorg, definitief nie ondervoed. Net jammer sy het verkeerd tou opgegooi. Deesdae is daar soveel hulp.

M ·

Julle kan my maar stenig soveel julle wil, maar dit is presies waarom ek “pro-choice” is. Gaan dan eerder vir ‘n aborsie as om ‘n weerlose babatjie in ‘n veld te los. Aborsie behoort in elk geval die heel laaste uitweg te wees, want voorbehoedmiddels is vrylik beskikbaar.

Ann ·

Jammer, maar ek is glad nie ten gunste van aborsie nie. Dis moord in my oë!

Karin ·

O, ok. Aborsie = moord op ‘n ongebore baba. Dis vir jou aanvaarbaar, M? Wat is dan fout met moord drie maande na geboorte? Jy het dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.