Publiek kan binnekort kandidate vir nuwe OB benoem

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ad hoc-komitee wat ʼn nuwe openbare beskermer (OB) moet nomineer om Thuli Madonsela op te volg, het Woensdag gesê hy sal binnekort die publiek nooi om kandidate vir die pos te benoem.

Hierdie besluit volg nadat lede van die opposisieparty dit voorgestel het. ANC-lede van die parlementêre komitee was aanvanklik huiwerig oor die besluit, maar die voorsitter van die komitee, ANC-LP Thandi Makhosi, het daarop aangedring dat die proses so deursigtig en inklusief moontlik moet wees.

Komiteelede het dit Woensdag bevraagteken of die proses al ooit voorheen so aangepak is. Niemand was egter seker nie aangesien nie een van die lede in die komitee gedien het wat sewe jaar gelede Madonsela se aanstelling aanbeveel het nie.

Die komitee het ingestem dat advertensies vir benoemings vir die OB-pos vanaf Vrydag in koerante en elders geadverteer sal word. Die publiek het drie weke lank die geleentheid om mense te benoem. Daarna sal ʼn kortlys opgestel word en onderhoude die week ná die munisipale verkiesings op 3 Augustus met die kandidate gevoer word.

Cope het reeds sy steun aan Kevin Malunga, die adjunk openbare beskermer, toegesê om Madonsela se opvolger te wees. Ander opposisieparty-LP’s het egter gesê dit kan tot Malunga se nadeel wees om sy aanstelling openlik te ondersteun, sou hy vir die pos benoem word.

Madonsela is op 19 Oktober 2009 deur pres. Jacob Zuma aangestel vir ʼn niehernubare termyn van sewe jaar as OB. Lees hier Maroela Media se onderhoud met haar oor die uitdagings wat sy in hierdie tyd moes oorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Wat daarvan hulle stel vir adv. Glyniss Breytenbach of vir adv. Gerrie Nel in die pos aan. Iemand met n bietjie baie meer byt.

Paplepel ·

Sallie werkie. Hulle is te bleek. Kan jy dink hoe vinnig die raskaarte dan gaan uitkom?

cobusp ·

Die maklikste en die minste koste en moeite is verleng net haar kontrak vir 7 jaar……….dus hoe dit werk in afrika…….kyk maar net na mugabe………die komitee is in elk geval n klug want zuma het die laaste se hy moet die aanstelling goedkeur en af teken……..

Theo ·

Gaan die publieke benoemings enigsins gewig dra of is dit weereens n nutelose oefening??

alida ·

Hierdie gaan net ‘n gekonkel wees en Zuma sal besluit wie hom die beste gaan beskerm. Dit is hoe die skelm se kop werk. Verleng Thuli se kontrak en kry klaar, maar dit wil Zuma nie hê nie want sy krap te veel en is bang sy haal nog skandes en diefstal uit sy kas.

Hendrik ·

Thuli het hulle te veel probleme besorg. Hulle leer vinnig en sal nie weer dieselfde fout begaan nie.

Pam ·

Cobusp, ek stem saam met jou. Sy is n ystervrou en min dinge skud haar hok !

Nominasie ·

Enigste nominasie Thuli Madonsela, sy doen haar werk, sy staan sterk, sy laat haar nie boelie, sy kyk objektief, jy kan maar wie wees, jy sal dieselfde behandel word!!!! Sy is sag en slaan hard en effektief! Hou die regte mense op die regte plekke!!!!!!

Karma ·

Hoekom KAN mev. Madonsela nie vir ‘n tweede keer dien nie? Staan daar êrens in die huidige ‘nie-hernubare’ kontrak dat sy NIE vir ‘n tweede termyn benoem mag word nie? En die spul ANC-komiteelede (idiote) se verweer dat hulle nou nie seker was hoe dit OB voorheen aangewys is nie, wys jou net op hul vlak van intelligensie en korrupsie: hulle was toe mos nou nog nie in die parlement of NV nie, so hulle weet nie (en daar is ook seker geen rekords gehou van die proses wat gevolg is om die OB aan te stel nie …. Ja, nè?). Wees vir seker: as die proses so inklusief gehanteer word soos enige een dit sou wou hê (en daardie is ‘n groot AS); sal die aanstelling van die nuwe OB baie beslis een wees wat ‘n ANC-lid is en wat deel is van die Protect-Zuma-clan.

Ekke ·

Thuli vir OB.
Ons weet sy sal nie n kandidaat wees nie. Omrede sy rugraat het.
Dan is daar rasisme geen blanke sal as OB verkies word nie.
Kandidate wat ongeskoold en korub is sal as OB verkies word.
Waarom daar n verkiesing is weet ek nie. Dit n n mors van geld en tyd, ons sal stem vir wat dit ookal werd is

Louise ·

Ek stem, kan haar kntrak nie verleng word nie.
O nee dit sal dan Mnr die Press… DUUR TE STAAN KOM.
EISH ons land.

alida ·

Thuli is onvervangbaar glo my. Die volgende een sal ‘n Zuma aanstelling wees. Wat ‘n ramp !!!!!!!!!!!!!

Connie ·

Waar kan ‘n mens nomminasies maak? Maroela, mail my as julle kan met die antwoord.?

Landi Slatter ·

Dagsê Connie,

Dankie vir jou navraag. Die komitee het ingestem dat advertensies vir benoemings vir die OB-pos vanaf Vrydag in koerante en elders geadverteer sal word. Die publiek het drie weke lank die geleentheid om mense te benoem.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

alida ·

Maroela, plaas asb die epos adres waarheen ons die nominasies kan stuur.
Baie dankie

Landi Slatter ·

Dagsê Alida,

Dankie vir jou navraag. Die komitee het ingestem dat advertensies vir benoemings vir die OB-pos vanaf Vrydag in koerante en elders geadverteer sal word. Die publiek het dan drie weke lank die geleentheid om mense te benoem.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.