Publiek kan help met verkiesing van nuwe OB

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die teenmisdaadorganisasie, Corruption Watch, het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die volgende Openbare Beskermer te help kies wanneer die huidige ampsdraer, Thuli Madonsela, se termyn tot ʼn einde kom.

Corruption Watch het sy Bua Mzansi-veldtog Maandag in Johannesburg van stapel gestuur. Die veldtog poog om bewusmaking te skep van die rol van die Openbare Beskermer (OB) en die publiek aan te moedig om betrokke te raak by die aanstelling van die nuwe persoon in die amp.

David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, het gesê die meeste mense is nie daarvan bewus dat die publiek ʼn sê het in die aanstelling van die OB nie. Elektroniese stemgeleenthede, asook selfoon-apps, sal beskikbaar gestel word waardeur mense vir hul genomineerde kandidaat kan stem.

“Ons hoop die veldtog sal help om ʼn waardige OB te verkies, asook ʼn debat in die samelewing teweeg te bring oor die beste metode om iemand aan te stel om die publiek te beskerm,” het Lewis gesê.

Lewis het gesê Madonsela is tydens haar termyn as OB op ʼn “afskuwelike manier” hanteer met talle wat haar amp en die wetlike gesag daarvan bevraagteken het. Dit is noodsaaklik dat ʼn gepaste kandidaat haar vervang.

Corruption Watch het aansoek gedoen om ʼn vriend van die hof te wees in die DA en EFF se hofgeding waarin hulle poog om pres. Jacob Zuma te verplig om die regstellende stappe wat Madonsela in haar Nkandla-verslag aanbeveel het, na te kom. Die saak sal ook die mag van die OB duidelik uiteensit en Dinsdag in die konstitusionele hof aangehoor word.

Zuma het Madonsela in 2009 aangestel en haar sewejaar-termyn kom in Oktober tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Asjas ·

HKGK
Hoekom kan ons haar nie weer verkies vir ‘n 2de termyn nie??
Sy was so sleg behandel, sy kan seker nie wag om klaar te maak nie.

Leeann ·

Thulie Madosela moet weer aangestel word. Sy is slim en het baie gehelp met baie ondersoeke.

Martin ·

Vandag is haar dag in die hof. Sy sal wel waardig behandel word. Ons moet net hoop die volgende OB is dieselfde kwaliteit as sy.

Betsie Syfert ·

Thulie Madosela het uitstekende werk gedoen. Stel haar vir nog ‘n termyn aan!

Lindie Lourens ·

Moet so ‘n persoon aan sekere vereistes voldoen, ‘n sekere graad hê? Kan iemand my meer inlig, asseblief.

Elfie ·

@Lindie Lourens – ek dink jy kan dalk op die Openbare Beskermer se webwerf kyk of selfs op bg Corruption Watch se webwerf – ek is seker êrens sal daar besodnerhede wees. Hoekom vra u, wou u dalk staan as kandidaat ;D? Nou nie ‘n werk wat ek sal wil hê nie, mens sal behoorlik moet oopoë slaap want sy het al op ‘n tv onderhoud vertel hoe sy dreigemente ontvang het ens.

Lindie Lourens ·

Elfie, ek lag nou sommer, nee man ek stel nie belang nie, maar as Thuli nie herkiesbaar is nie en ons iemand anders moet voorstel moet ons darem seker weet of die persoon kwalifiseer vir so ‘n pos.

Lukas ·

Ek vertrou ‘n organisasie soos Corruption Watch wat uit ‘n klomp ANC boetties bestaan, net so vêr soos ek hulle sien. Hulle “board members” spreuk boekdele.

antoinette ·

Stel haar weer aan sommer in Zuma se plek sy doen n goeie werk.

BoereBikerBaby ·

Thuli for President!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Sy is ‘n eerlike dame wat nie nonsens vat nie en dis presies wat hierdie land nodig het.
Baie van ons wit mense sal ook vir haar stem. Ons hou gedurig debat by die werk en almal se SY is die persoon wat die land sal reg ruk.

Henri ·

Die Staat (Zupta Maatskappy) behoort geen vinger te he in die aanstelling van enigiemand in die beheer van Polisie, Vervolgens-gesag, hetsy aanklaers, regters, landdroste ens. of die weermagte nie. Algar in die professies behoort niks met Politiek uit te waai te he nie.
Ek skat Madonsela het haarself bewys as onwrikbaar in haar posisie en as Advokaat, waarom ek sou voorstel dat sy her-verkies word.

broos ·

my stem is dat sy ‘n tweede termyn kan doen en bly net waar sy is!

OB ·

My stem vir Madonsela. Dinl sy het goeie werk gedoen, maar het alleen gestaan. Net nie iemand uit die anc asseblief.

Martin ·

Maroela, is daar moontlik ‘n manier hoe julle ons kan help om haar te verkies vir ‘n tweede termyn?

Frans ·

Wees verseker dat die publiek kan maar benoem wie hulle wil, die uiteinde gaan ‘n Zuma aanstelling wees wat sal moet maak soos Zuma se. Hy gaan nie weer dieselfde “fout” maak soos met Madonsela se aanstelling nie.

Pappa Beer ·

Daardie vrou het haar beslis goed van haar taak gekwyt! Sy het nie toegelaat dat zuma en sy anc trawante haar boelie of intimideer nie. Sy ken haar werk en sy doen alles in haar mag om haar werk te doen met die verantwoordelikheid wat haar toegestaan is. Sy moet beslis aangestel word vir n tweede termyn!

vernon ·

Wat help dit ons help kies ‘n persoon as die regering sy agterstewe aan die persoon se bevindinge afvee?

Lynette ·

Stel haar weer aan. Su sal ook n goeie President uitmaak.

sarel strydom ·

Wees verseker van een ding. Hieride keer gaan die ANC sorg dat hulle beskerm word. Ons sal nie weer ‘n Thuli Madonsela kry nie. Jammer daar is nie ‘n politikus van haar statuur nie.

Eliza-beth ·

Waardige dame. Sy het onlangs op ‘n tv onderhoud gesê sy stel glad nie belang in die politiek nie en wil oor nie herverkies word al sou sy kon word – ek is nie seker of dit gedoen kan word maar sy stel in elk geval nie belang nie. Sy gaan terug na haar eerste liefde en waarvoor sy opgelei is naamlik om as advokaat te praktiseer. BAIE jammer, maar ja, beste wense vir haar op haar pad vorentoe.

GES ·

Die cANCer party soek nou iemand wat simpatiek sal optree wanneer dit kom by korrupsie gepleeg deur hulle mense. Thuli was ‘n doring in hulle vlees …..

Penellope Jones ·

Ek wens sy kon vir nog ‘n t ermyn (of twee) aanbly. Wanneer sy haar kantoor verlaat, kan dit probleme veroorsaak – daar sal nie weer iemand met haar beginsels en uitgangspunt aangestel word nie

m ·

Sy sal beslis nie weer herkies word nie want sy het mos so bietjie op oompie te tone getrap. Hy het seker klaar een van sy korrupte candidate wat wag om aangestel te word.

Liewe lulu ·

Mathew Phosa as Thuli nie vir n 2e termyn verkies kan word nie

Charles Austin ·

Thuli Madonsela moet weer verkies word vir n 2de termyn. Geen een van die ANC,EFF of DA
is geskik vir die pos, sy is nie omkoopbaar nie.

Oom Boer ·

“Thuli Madonsela” is ‘ n regverdige vrou , iemand van format en nie sal skroom om die hoogste aangestelde aan te vat as daar ge-fouteer is of haar bevindinge van korrupsie teen iemand opgespoor is nie. Sy is iemand van formaat en kan leiding neem. Stel haar aan vir ‘n 2de termyn of laat sy Nr1 se plek inneem en die land regruk en wys hoe dit gedoen moet word deur ‘n vrou van statuur. Baie witmense is gelukkig met haar opregtheid en sal vir haar ter enige tyd stem as OB of President.

CHRISTA ·

Oom Boer, ek dink daar is weinig witmense wat NIE gelukkig is met Thuli se werk as OB nie en as daar is, moet hulle hulle koppe laat lees. Ons land en sy mense kan HAAR as voorbeeld gebruik van wat ‘n opregte en betroubare landsburger met integriteit is! DRIE HOERA’S VIR THULI!!! Ek hoop dat sy as advokaat verder al die kriminele in ons land se “cage” sal “rattle”!!!

ELS ·

THULI MADONSELA MOET WEER GEKIES WORD . EN OOK VIR PRESIDENT SY KAN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.