Publiek kan menings gee oor rassisme, haat teenoor minderheidsgroepe

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Foto: Facebook.

AfriForum gaan ’n internasionale verslag uitreik waarin die toename van rassisme en haat teenoor Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe, veral witmense en Afrikaners, toegelig word.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het Maandag gesê die publiek word genooi om menings ter insae te gee en klagtes onder die burgerregte-organisasie se aandag te bring. Die verslag sal gedurende die eerste helfte van 2016 tydens ’n konferensie vrygestel en ook internasionaal onder navorsingsinstellings en meningsvormers versprei word.

“Die verslag sal onder meer verwys na ’n reeks voorvalle die afgelope twee jaar waarin growwe dubbele standaarde in die rassedebat gepleeg word, veral met betrekking tot jongmense wat in die nuwe Suid-Afrika grootgeword het,” het Roets gesê.

Roets het gesê dat die rassedebat in Suid-Afrika só skeefgetrek is dat dit nie meer op rasionele argumente gegrond is nie. “In sekere gevalle word die debat heeltemal absurd. Die gevolg daarvan is dat minderheidsgroepe tot die gevolgtrekking kom dat hulle die debat nie ernstig kan opneem nie. Dit is óók nadelig vir die debat, aangesien openhartige gesprekvoering waarin alle rolspelers se menings ernstig opgeneem word nou broodnodig is.”

Volgens Roets is die onlangse geval waartydens twee vrouestudente aan die Universiteit van Stellenbosch (US) hulself klaarblyklik vir ’n studentepartytjie pers geverf en met blinkertjies besprinkel het om soos ruimtewesens te lyk, ʼn voorbeeld van talle gevalle wat in die verslag toegelig sal word. “Dié studente word nou dissiplinêr ondersoek omdat die verf ‘te donker’ was en dit op sekere foto’s soos swart verf gelyk het, wat kwansuis rassisties is.”

Ander voorbeelde wat ter sprake kom, sluit in die sing van haatliedere om mense op te sweep, moordaanhitsing op sosiale media, rassistiese opmerkings deur regeringsleiers en bewerings dat dit onmoontlik is vir swartmense om rassisties op te tree.

Mense wat ʼn bydrae wil lewer, kan hul menings en insae na [email protected] e-pos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

m ·

Die hele storie is so belaglik en lagwekkend. Die spul voel nou weer bedreig en minderwaardig deur hulle velkleur. Kom by asseblief!!!

tv ·

Hierdie hele ding raak belaglik. Dit is die regering wat rassisme aanhits. Kyk na die onteiening van grond, volgens die regering is die grond van die swart mense gesteel. F W word beskuldig nou as n rassis. Alles wat blankes doen is rassisties, maar die ander groepe kan se en sing en doen net wat hulle wil. Daar is soveel blankes wat uitreik werk doen , maar daar is geen waardering daarvoor nie

vierkleur ·

LOS DIE UITREIK WERK. Daar is baie blankes wat hulp nodig het.
LOS LOS LOSLOS , dat hulle kripeer van elende.

santie ·

Hul dink nie dit is rassisties as die wit man/vrou vir hul kos klere en water bring nie. As mens nou na die droogte gekyk het wie het water aangery na hulle ek sien nie dat die regering in gespring het of hul eie mense nie. Ons doen te veel vir hulle en te min vir ons eie nasie. Wonder as ons blankes nie meer uitreik na hulle nie wat sal van hul word. Hul gaan net elke 5jr ‘n kospakkie kry om te sorg dat hul weer stem. Ons het hul so bederf dit hoekom hul altyd als wil verniet he. En hoe meer hul kry hoe meer soek hulle.

Theresa ·

Pateties verby!! Wat dan van die gesigte wat swartmense wit verf met sekere seremonies??? Die hele besigheid is sommer siek. Is daar regtig nog iewers in die wêreld ‘n plek waar blankes so vieslik behandel word in 2016? Los almal – almal uit. Die mense het regtig nodig om op die behoud van hierdie pragtige land te fokus en hul minderwaardigheidsgevoelens (wat hulself skep al vir jare en jare) nou te bowe kom. Maar, nou wonder ek of hul sal swaai na meerderwaardigheid en in elk geval aanploeter??

anne ·

Jy is reg Santie, daar word te veel vir hulle gedoen, dis waarom ek jare gelede al die besluit geneem het om net my eie mense te help.

Elizbe van der Colff ·

Dankie vir die insiggewende artikel en die werk wat Afriforum hier doen. Dit lyk vir my asof die rassekwessie ‘n rookskerm geraak het, juis vir doelbewuste pogings en aanvalle om rassehaat en onmin aan te wakker. Dis steel ons tyd, ons geld, ons energie, ons bronne en ons vreugde en dit maak van ons nasie in geheel swakker.

Linda Fourie ·

Ek sou baie graag die swart mense se denke beter wou verstaan deur te weet of hulle swart wees dan as ‘n gebrek beskou, indien iemand spot met kreupelheid of enige liggaamlike gebrek kan ‘n mens ‘n groot geraas maak, maar ek sal nooit aanstoot neem as enige nasie hulle wit sou verf nie, ek is tog trots op my wit vel en die swart mense moet ook probeer trots wees op hulle kleur. Waarom die ophef van ‘n swart of pers geverfde gesig dan? of gaan dit eerder oor blatante haat teenoor ons wit ras want haat laat mense irrasioneel optree en oorreageer. As al die chaos en klipgooiery oor die verlede maar net kan ophou en ‘n mate van vrede en orde neerdaal oor ons land en mense kan begin bou eerder as afbreek!

Johan ·

Ek is so moeg daar voor om soos n vreemdeling in my eie land te voel. Ek is maskien wit,maar die is my land netsoveel soos enige ander persoon wat hier gebore is. Ek het geen ander land wat ek myne kan noem nie.

HEVW ·

Reeds in die 1960 tiger jare het die slagspreuk:”Black is beautiful” vanuit Amerika oorgewaai. Met waarskynlike trots is die slagspreuk op kleding gedruk en oral gedra. Waarom nou al die pyn daaoor? Sekere destydse sosioloe was destys van mening dat dit niks anders as n slagspreuk gebore uit n minderwaardigheidskompleks is nie. Die hedendaagse verset daarteen bevestig heelmoontlik hierdie bevinding.

anne ·

Miskien kan ek nou ‘n reeks vel/haarprodukte begin met die “brand name” White is beautiful

Michael ·

Ek wonder of hierdie dieselfde effek sou gehad het as die media sou berig dat twee studente hulself Pers gewerf het vir ‘n partytjie. Die media is ook baie te blameer vir hulle sensasie soek verslaggewing en daar sal in die meeste gevalle gevind word dat daar slegs verslag gegee word wanneer dit lyk of wit verkeerd was teen swart en nie andersom want hulle wil ook polities korrek wees of praat ek nou nonsens?

Lynet ·

Moet se die pers bring haar pragtige blou oe uit. Dink nie swart sou dit so gedoen het nie.

Alida dV ·

Dankie Afriforum!
Julle is ons hoop en ons stem.

Ek is ‘n lid en trots daarop.
Mense – ondersteun Afriforum asb.

Anoniem ·

As hul ons wil aankla van rassisme, kan ons dit ook doen. Hoekom gee hulle name vir hul kinders as: “Robert, Martin, Johannes, Miena, ens ens-Soveel Afrikaanse name en dan moet hul ophou Afrikaans praat!

Huidiglik "Disadvantaged" ·

Ek verstaan nie hoe rasisme gekoppel word aan ‘n pers gesig nie, dit lyk na “Vryheid van uitdruking”.

Ernest ·

‘n Minderwaardigheids kompleks is darem ‘n erge ding. ‘n Feitlik swart regering in jou land, en nog skaam jy jou oor jou velkleur…….dus maak ek die afleiding dat swartes graag wit wou wees. Ag dis so maklik as om ‘n blikkie WIT spuitverf te gaan koop en siedaar……….in ‘n kits wit..!!!

santie ·

Ek dink ook hul het eintlik die probleem met hulself hul nie trots op hul eie voorkoms en kleur nie dit is hoekom so baie met die plastiek blonde pruike loop wat lang hare is. Hul stel baie belang eintlik aan ons kultuur en wil soos ons word. As hul regtig trots op hulself was sou hul hul hare soe gelos het. Dan is dit mos rassisties as hulle met pruike rondloop

Illa ·

Ai, dis verkiesingsjaar en die ANC het geen sukses om op te roem nie. Wat bly dus oor om die beïnvloedbare menigte aan jou kant te hou? Oortuig hulle dat alles en almal buite die ANC rassisties is en jou inherent haat. Dit terwyl die ANC nie rassisties kan wees nie, aangesien swart op wit rassisme nie bestaan nie. Die ANC weet miskien nie hoe om ‘n land te regeer nie, maar hul is uitstekende manipuleerders van die menigtes. Hul gee, soos in alle ander omstandighede, nie ‘n duit om oor wat van die land en sy mense word nie. Die rassehaat wat deur hul gestook word traak hul min. Solank hul net die regerende party bly en die vet katte elke dag hul room kry.

Louise ·

Dis belaglik dan mense geen integriteit en waardes het om rasionele besluite kan neem nie.
Dit die rasionele kenmerk van die problem afgedwing moet word op mense.
Dis belaglik, wat het van die BASieSE vaardighede geword in die lewe.
“Common Sense”
Is daar nie balangriker dinge om op te focus nie.
Basiese opleiding, werk skepping, BOERE in NOOD ens…………….

Hannelie ·

Amen Afriforum! Party dae sê dankie ek is wit, want aan so ‘n minderwaardigheidskompleks wil ek asseblief tog nie ly nie. Bou ‘n brug en kom daaroor.

Goggamaakvirbababang ·

Kaapse Klopse sal van verfkleur moet verander

Theo ·

Daar sal ernstig besin moet word deur die belanghebendes (wie hulle ook al is) om die koning van die eenogiges en ander slap bestuurslede by US te vervang met objektiewe besluit nemers/makers, tot voordeel van hierdie land se toekoms en studente van alle rasse. Sulke foute deur bestuur kan eenvoudig nie weer gemaak word nie.

Hennie ·

Graag wil ek weet, is swartmense regtig swart? Hulle is bruin en is witmense regtig wit of is hulle blank of pienk?

Berhalet Beukes ·

AfriForum, lê sommer die Wits voorval van blatante rassisme teenoor witmense ook voor! ‘n Pers gesig is uit maar f… white people is aanvaarbaar?

Dries ·

Baie dankie Afrforum . Laat weet net asb vir die hollanders hulle moet vir “SWARTE PIET” mooi hanteer, hy kom haal mos stout kinders soos Malema , Zuma , Mantashe ens … eish!!!

P ·

Die ANC en sy lakeie moet versigtig wees om nie slapende honde wakker te maak nie: dit gaan dalk onmoontlik wees om hulle weer aan die slaap te sus

Gert ·

Hoe kan swartgesig rassisties wees as ‘n swartgesig nie rassisties kan wees nie?

Sonja ·

Dit sal gaaf wees, wanneer die rassiste met die wit geverfde gesigte van die straat hoek verwyder word en aangekla word van rassisme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.