Publiek kan ‘uitgehongerde perde’ nou aanneem

Foto: NDBV

Lede van die publiek kan nou perde aanneem wat uitgeteer by ʼn fasiliteit in Potchefstroom aangetref is en waarvan die DBV intussen eienaarskap geneem het.

Ná ernstige kommer oor die welvaart van die perde van die Suid-Afrikaanse Leër, is eienaarskap van 69 perde uiteindelik aan die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) toegestaan, het die DBV in ʼn verklaring gesê.

Die perde is in April 2018 uitgehonger aangetref terwyl hulle in die sorg van die Suid-Afrikaanse Leër se spesiale infanterie-eenheid (SAASIC) by die Potchefstroom-basis van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag was. Die SAASIC-eenheid het versuim om voer aan te skaf om vir die perde te sorg. Hulle is dus gedwing om grond en hul eie mis te eet en hul toestand het verder verslag. Altesaam 25 perde moes van kant gemaak word as gevolg van hul toestand.

“Drie maande het verloop en met voortgesette kommunikasie kon die DBV uiteindelik 69 perde van die Suid-Afrikaanse Leër verwyder,” aldus die verklaring.

Die DBV het op 23 en 24 Julie 2018, met behulp van New Turf Carriers, die 69 perde van Potchefstroom na ʼn groot plaas in Gauteng geskuif waar hulle versorg sal word. “Die oplaai en vervoer van die perde het glad verloop en hulle is afgelaai in ʼn pragtige, groot oop gebied wat heeltemal anders is as die barre omgewing waarvandaan hulle kom. Die plaas het ʼn groot ruimte waar die perde vry kan rondhardloop en natuurlik kan wei, asook stalle, skadubome en groot spasies waar die perde sonskyn kan geniet. Daar is genoeg waterbronne waar die perde sal kan afkoel. Dit is ʼn omgewing waar die perde fisies en geestelik versorg sal word.”

Foto: NDBV

Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die DBV, het gesê dit was ʼn emosionele belewenis om te sien hoe die perde van die vragmotor afklim en hulself vertroud gemaak het met hul nuwe omgewing. “Mens kon die verligting sien hoe hulle tree vir tree besef het hulle is in ʼn plek van veiligheid, ʼn plek waar hulle vry sal wees en versorg sal word. Die beste oomblik was toe hulle in die water begin speel het en in die gras gerol het, asof hulle hul vryheid wou erken.”

Sy het gesê die DBV waardeer New Turf Carriers vir hul bystand om die perde te vervoer; Meadow Feeds, ʼn filiaal van Astral, wat voer verskaf het en die mense wat die versorging en vesting van die perde sal hanteer. “Sonder hierdie ondersteuning, op só kort kennisgewing, sou dit nie moontlik gewees het nie.”

Die perde is wild en het nog nooit menslike aanraking geken nie. Nie al die perde is in ʼn goeie toestand nie. “Die tipe sorg, insluitend veeartsenysorg wat hulle vereis, is baie duur en ʼn groot las op ons reeds beperkte hulpbronne. As lede van die publiek ʼn bydrae wil lewer vir die versorging van hierdie perde kan hulle dit op die DBV se webwerf doen met die verwysing ‘Army Horses’.”

Enigiemand wat belangstel in aanneming kan ʼn e-pos stuur aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Helene ·

Wat ‘n skreiende skande!! Hoe het Suid-Afrika nie verval in die rommelstatus-land wat dit tans is nie. Dankie ANC en Kie!!

Ella ·

Iemand moet aangekla word van diereverwaarlosing en talle ander oortredings van wette.
Party mense is bo die wet verhewe maar hier behoort ernstig opgetree te word.
Dankbaar dat die perde gered kon word en hartseer oor die vir wie dit te laat was.

Liewe Heksie ·

Ag in wat se wêreld lewe jy, wie gaan hulle aankla? Die ANS regering kom met moord weg so hoekom sal hulle omgee oor paar perde, hulle weet daar is sal mense (gewoonlik wit mense) hulle gemors agterna kom regmaak.

Boer-in-die-wind ·

Mmmmm, volgens die DBV gaan hulle die skuldiges vervolg. Dit is al drie maande later – ek het nog niks gehoor nie?

Brace yourself ·

Janee verseker . niemand gaan vervolg word nie .. daar is seker ‘n donasie beloof en nou raak alles net stil en die siek perde word uitgesit en die ander word vir AANNEMING beskikbaar gestel .onthou net DAAR IS GELD BY BETROKKE BY AANNEMING, dit is nie verniet nie …

Frans ·

Die REGERING, asook die WEERMAG, wat EINTLIK bedoel is om die publiek te beskerm, is nie óf kan nie eens sy eie diere beskerm nie. Wat nog van die beskerming van SA se mense? Hoeveel bewyse het SA se mense nodig voordat die besef deurdring dat die REGERING geensins belangstel in die wel en weë van SA se mense nie? Hoe LAAG en ONBETROKKE kan ‘n regering daal dat diere en mense nie eens beskerm of versorg word nie. En dan wil die regering “glo” dat SA se mense op die regering moet vertrou vir leiding en beskerming? Hoeveel misleiding en gevoelloosheid moet die regering verder onder SA se mense bewerkstellig voordat SA se mense wakker word uit hierdie “gekke sindroom/paradys” van “REGERINGS BESKERMING EN LEIERSKAP”? Statistieke bewys die afwesigheid daarvan vir meer as 24 jaar! Mense, selfs die natuur, ly onder die onvermoë van die regering se “leierskap”! Die Vaalrivier se doodse besoedeling wat sigbaar is en wat openlik ignoreer word, is maar net nog ‘n bewys daarvan. Is SA siende blind? Wanneer gaan die realiteit inskop?

James ·

Nooit, hier is nog mense wat die reenboognasie beskerm en vertel dit gaan beter gaan as ons almal net wil SAAMWERK ..

Tokkie ·

Maar net nog een van die Suid Afrikaanse instellings wat ten gronde gaan

Dis so ·

En die Minister van Verdediging en die Hoof van Die Weermag, Hoeveel dra hulle by tot die rehablitasie van die perde. Ons kon verwag dat die voertuig vloot ten gronde sou gaan soos dit dan ook het(Walmansthal) maar perde so te laat agter uit gaan. Nee wat apartheid se skuld. Ons het hulle nie geleer hoe om te dink nie.

Danie van Zyl ·

Dit is maar net weer n teken van die waarde wat `n sekere groep van Suid Afrika se mense aan enige vorm van lewe heg. Kyk maar na die moorde, kapings, brandstigting en korrupsie. Dit sal natuurlik polities onkorrek wees om dit in die openbaar te noem. Ek sal maar die naweek n hele paar mense van die ander groep wat wel omgee vir lewe nooi vir `n braai en dit dan op die naam bespreek.

Theresa B ·

Sake word teruggetrek waar mense ander openlik aanrand. Moordenaars kry borg en van plaasmoorde kom niks van nie. Dink julle regtig die DBV se vervolging gaan ‘n prioriteit wees vir diè spul. Dink nie so nie.
Maar ek wil net baie dankie sê aan die DBV wat wel opgetree het vir die diere en die mense wat bereid is om hierdie arme diere nog ‘n kans te gee. Diere wat deur hel is agv twee-been gevoellose wesens.

Johanna Botha ·

Daar is net geen einde aan die anc se skandes nie ! Dit is uiters siek om n dier so te sien en niks te doen nie. En wie se die nuwe eienaar sal beter wees of word mense gekeur. Hierdie is die Life Esedimeni van die diere reik. Sodra jy nie vir jouself kan optree dan laat die anc jou net vergaan. Gladnie verbaas dat alles in so n toestand is in die land !

Hendrik UAE ·

Nou maar begroot die “weermag” nie vir die versorging van die diere nie?WAAR IS ONS BELASTING GELD HEEN?

Albert Nel ·

Wat n skande. Ons eens trotse weermag jan nie eers hul perde versorg. Toe Die Vader die aarde geskep het, het Hy ook die mens geskape met die opdrag om te heers oor die aarde en ook die diere. Hier het die betrokkenes werklik gefaal in Die opdrag. Hoe sal ons regering dan eendag verslag doen oor dit?

Callie ·

Albert onthou hy het die MENS geskape om oor die diere te waak.

Stephen Namibia ·

En weer moet die vervloekte en gehate blankes tot die redding kom!!

bgj van der westhuizen ·

kla die weermag aan en maak hulle betaal vir alle koste om die perde te versorg en gee vir mense wat kan kyk agter hulle en daar moet groot in die media en tv uit gesaai word hoe die weermag sy diere mishandel en almal wat te doen het met daar die af deling se name moet verskyn in die koeran en veral die wat in beheer staan van die een hied en hy moet af gedank word

Piet ·

Onthou tog net dat die DBV niemand krimeneel kan vervolg nie, dit sal nou die polisie moet wees wat die saak teen die weermag moet ondersoek, dan vervolg die staat die weermag. Wat is nou eintlik die kans… 0, of nog minder?

christa ·

Die DBV sal sekerlik kyk aan wie hulle die diere toe vertrou. Geen nie-diereliefhebbers behoort ‘n dier in besit te he nie.

Dankbaar ·

Hier word verwys na n “weermag” miskien moet dit lees ‘weer mag”.

Ek is net oneindig dankbaar vir die uitkoms wat daar is vir hierdie onskuldige Perde. Dankie Here dat U mense gestuur het wat waardig is, om die Diere te kon help

madels ·

Eintlik moet die weermag ELKE ONKOSTE BETAAL wat moet aangegaan word om hierdie perde weer gesond te kry. Hoekom moet die publiek nou opdok??? Nee wat, ek dink die weermag moet ALLES BETAAL en na die perde, letterlik “perdfris en gesond is” kan die publiek kom en hul koop. Hoekom hul in gehawende toestand koop????

Amelia ·

Ek bly in n dorpie en is een van die mense wat bitter min verdien, maar ek het n huisie en n erf. Wens ek kan een aanneem, want ek sal beter vir die dier sorg. Maar nee, gee dit nou weer vir n persoon wat grond het en nie van diere hou nie. Ek het genoeg gras wat die dier kan eet en dan help die dier sommer om my gras in toom te hou.

Anita ·

terwyl ek skryf huil ek! diere kan nie praat nie,
die lyding van perde is erg want deur soveel oorloë heen was perd en ruiter een, dink maar aan ons eie Angloboere oorlog. Ek is diep bedroef dat die verbrokkeling van vele instansies nou ook die edel diere tref. Dankie aan die persone die saam gewerk het tot ‘n beter lewe vir die diere mag God se liefde met julle wees elke dag.

Careltjie ·

O, en as ons nou bydraes lewer dan loof die NDBV weer dit as ‘n losprys uit vir die man wat die bulkalf grond toe gevat het. ‘n Vet versorgde groot bulkalf en ‘n man met krag.

marous ·

Waarom moet die publiek die weermag se gemors uitsorteer ?

Alex ·

Een stukkie goeie nuus van die nuttelose weermag is dat enige groep mense binnekort eensydig onafhanklikheid kan verklaar, sonder dat die regering dit juis sal kan keer. Onthou, ‘n regering sonder ‘n weermag of polisie is net ‘n klomp outjies in netjiese kleertjies, m.a.w. totaal en al magteloos.

Mrs H ·

Pik ek nou n traan van verligting vir hierdie onskuldige prag diere! Majestic… Is daar enigsins n moontlikheid dat ons, die publiek, met n sak appels kan gaan kuier en hulle net ontmoet? Wens ek kon n bydrae lewer en hulle aanneem?! … Maar ek het net nie grond nie. Ek sal beslis weekliks wil gaan kuier, en as ek so bevoorreg mag wees, hulle help roskam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.