Publiek oor vuurwerke gewaarsku

Argieffoto

Talle Suid-Afrikaners geniet dit om die nuwe jaar met ʼn vuurwerkvertoning te verwelkom, maar is nie altyd bewus van die streng wette en regulasies wat die gebruik van vuurwerke beheer nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het in aanloop tot die komende Nuwejaarsvieringe die publiek herinner dat die gebruik van vuurwerke deur die Wet op Plofstof gereguleer word en dat verskillende munisipaliteite ook bykomende verordeninge het wat beperkings stel en bepalings neerlê oor die gebruik van vuurwerke.

Mokgwabone het beklemtoon dat slegs groot- en kleinhandelaars wat ingevolge die Wet op Plofstof gelisensieer is, by magte is om vuurwerke te verkoop. Geen vuurwerke mag deur ʼn straatverkoper of verkoper by ʼn vlooimark of uit die kattebak van ʼn voertuig verkoop word nie. Enige persoon wat die regulasies soos vervat in die Wet op Plofstof oortree, kan skuldig bevind word aan ʼn oortreding en kan ʼn boete of tot 12 maande tronkstraf in die gesig staar.

“Die Nuwejaarsvieringe is dikwels vir die polisie ʼn uitdaging ten opsigte van nakoming rondom die gebruik van vuurwerke,” het hy gesê.

Hy het die publiek aan die volgende aspekte herinner vir die veilige gebruik van vuurwerke:

  • Dit is onwettig om vuurwerke te gebruik binne 500 m vanaf plofstof, ʼn plofstoffabriek, ʼn brandstofdepot of ʼn gasmeter.
  • Dit is onwettig om vuurwerke te gebruik binne ʼn gebou of by enige openbare deurgang.
  • Vuurwerke mag nie gebruik word by ʼn openbare plek of oord sonder vooraf geskrewe toestemming van die plaaslike owerhede nie.
  • Slegs wettige vuurwerke mag by ʼn gelisensieerde handelaar gekoop word.
  • Dit is raadsaam om ʼn tuinslang of emmer water byderhand te hou wanneer vuurwerke gebruik word.
  • Moenie vuurwerke in jou hand hou nadat dit aangesteek is nie.
  • Staan weg van vuurwerke wanneer jy dit aangesteek het en maak seker die vuurwerk wys weg van enige mense, geboue of vlambare stowwe.
  • Hou troeteldiere ver weg van vuurwerke.
  • Kinders moet slegs vuurwerke onder die toesig van volwassenes gebruik.
  • Moet nooit probeer om jou eie vuurwerke te maak nie.
  • Moet nie onmiddellik stukke van ʼn vuurwerk optel nadat dit ontplof het nie omdat dele daarvan moontlik steeds vlam kan vat en ontplof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

james ·

Hoop van harte die slim inwoners van Olumpus Country Estate lees die berig….

Hondemamma ·

Ek stem. Geen vuurwerke. Verban alle invoere en verkope. Punt.

zoom zoom ·

Ek hoop ook dat die inwoners van clubview in Pta en hennopspark in Centurion die berig sal lees en daar volgens handel

Afgesaag ·

Ek was onder die indruk dat dit teen die wet is?. Hoekom kan ADT en COIN ens nie help om hierdie mense te arresteer nie??. Het hulle enige benul wat dit elke liewe jaar aan die diere doen???

Ann ·

Wat van “Geen vuurwerke in beboude gebied nie”? Almal skiet tussen huise en die gevolg is troeteldiere wat weghardloop of hulself ophang van vrees.

Dorothy ·

HA HA HA, hoop die inwoners van Pretoria Wes, lees ook die berigte oor vuurwerke, veral die area onder kerk straat en agter die Pretoria wes polisiestasie, hier skiet hulle al klappers van 1 Desember af, ha ha ek dink hulle het hulle datums verkeerd, dink seker 1 Januarie 2018 het al in 1 Desember 2017 begin, my honde hardloop stert tussen die bene rond, maar NEE klappers sal hulle skiet, tot die pensioenarisse in my huis sit al op hopies van pure skrik en angs van al die klappers wat geskiet word, helder oordag, wonder wat is dan so mooi om te sien as dit nie in die nag kan wees nie. Dalk dink hulle die oorlog het uitgebreek, dit sommer net ‘n siek spul, hulle nie kos om te eet nie, bedel heeldag en krap in die spruit vir iets te ete en te verkope, maar KLAPPERS SAL HULLE SKIET!!!!!!!!

Tiger ·

Die invoer van vuurwerke moet onwettig gemask word en dan ook die afskiet van enige vuurwerk ook.Dis ‘n euwel en klaar.

Johan ·

Wie voer die klappers in?Waarvandaan kom die klappers?Wie skiet die klappers?Laaste vraag is maklik om te antwoord.Die wat dit die minste kan bekostig skiet die meeste klappers.India die groot vervaardiger saam met china.Wie invoer Chinese en Indiers.

Bea Grobler ·

Ek het n gesiene staatsamptenaar as buurman en hy verlustig hom daarin om die grootste bomcrackers te skiet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.