Publiek se hulp gevra drie jaar ná man in Houtbaai sterf

Aldred Coenraad Beukes (Foto verskaf deur die SAPD)

Die provinsiale speurspan van die polisie in die Wes-Kaap het die publiek se hulp gevra vir inligting ná ʼn man se liggaam in 2015 by Sandybaai naby Houtbaai gevind is.

Aldred Coenraad Beukes, oorspronklik van Keimoes in die Noord-Kaap, het in 2005 na Kaapstad verhuis en het vanaf Julie daardie jaar as ʼn veiligheidsbeampte by Grand West Casino begin werk. Hy het in Parow tuisgegaan.

Hy het in Augustus 2010 bedank en gesê hy gaan sy meisie besoek en sal in die Knysna/George-omgewing as ʼn geleentheidsbestuurder werk. Hy het aangedui dat hy by vriende sou bly. Hy is daarna weer in Kaapstad gesien toe hy weer as ʼn veiligheidsbeampte gewerk het.

“Sy liggaam is op 25 Januarie 2015 by Sandybaai gevind, nadat dit uit die see gespoel het. ʼn Geregtelike ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om genl.maj. Vearey te kontak by 063 629 1567 of kapt. Bock by 082 469 2576.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

Drie jaar terug? Die polisie was seker effe besig met ander sake.

jaco ·

gelukkig is Sandy Bay op staatsgrond. As sy lyk op ‘n strand wat aan wit mense se grond grens uitgespoel het, was daar LANKAL klagtes van rassisme, moord ens ens.

Emily ·

Hoekom word daar nie ook hulp van die publiek gesoek ivm al die plaasmoorde, verkragtings ens. vernaamlik op ons ou mense nie.
Ons bly mos in GANGSTERS PARADISE OF HOE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.