Publiek, taxibestuurders gryp in, gooi wal

Trace van der Merwe van Thirst Bar Services deel koeldranke vir polisiebeamptes uit. (Foto: Facebook)

Die eienaar van ’n onderneming in KwaZulu-Natal wat weens die jongste verbod op alkohol tans nie sake mag dryf nie, gebruik nou sy vrye tyd om die polisie tydens die plundertogte in Durban by te staan.

Dít terwyl talle lede van die publiek die koue trotseer en sélf waak by winkelsentrums.

Trace van der Merwe van Thirst Bar Services het vandeesweek sy bakkie vol koeldranke gelaai en dit onder polisiebeamptes uitgedeel.

Sy skoonma, Lynley Clarke, het sy storie Maandag in ’n plasing op Facebook gedeel.

Trace van der Merwe van Thirst Bar Services deel koeldranke vir polisiebeamptes uit. (Foto: Facebook)

“Hy het net rondgery en koeldrank uitgedeel vir [wetstoepassers] wat tans reageer op die openbare geweld, aangesien daar tans geen winkels oop is vir hulle om ʼn koeldrank of water by te koop nie. Hulle is van vroeg af al aan diens. Almal vind maniere om te help,” skryf Clarke.

Van der Merwe word intussen geloof vir dié onbaatsugtige gebaar.

“Dit is ongelooflik! Dit is die eerste positiewe nuus wat ek vandag gesien het,” skryf een sosialemediagebruiker.

Gemeenskappe staan saam

Stories van lede van die publiek wat saamstaan om winkelsentrums en ander eiendom teen plunderaars te beskerm, stroom intussen ook in op sosiale media.

Talle taxibestuurders het by die KG-winkelsentrum in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga bymekaargekom om die winkelsentrum te beskerm terwyl lede van die publiek van Kempton Park in Gauteng Dinsdag wag gestaan het by die Birch Acres-winkelsentrum.

Taxibestuurders beskerm die KG-winkelsentrum in Emalahleni. Foto: Facebook

“Hande af van ons winkelsentrum,” lui van die plakkate wat lede van die publiek omhoog gehou het.

’n Vrou en haar dogter het ook op Facebook gedeel hoe hulle en ander lede van die publiek ure lank in die Kloof-woonbuurt in Everton in die omgewing van Durban gepatrolleer het.

“Die patrolleerders is gedaan. Sommige is die hele aand [op patrollie],” skryf Chantal Whiteford.

Winkelsentrums in Nigel word ook deur lede van die publiek en taxibestuurders beskerm terwyl talle weldoeners tee, koffie en kos vir vrywilligers skenk. Een weldoener het ook musse en handskoene geskenk om dié wat die gemeenskap se belange beskerm warm te hou.

“Nigel is ’n awesome dorp. Welgedaan,” skryf ’n sosialemediagebruiker.

Gemeenskapslede beskerm Nigel. (Foto: Facebook)

Gemeenskapslede van Nigel trotseer die koue. (Foto: Facebook) 

Weldoeners skenk kos aan gemeenskapslede in Nigel. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kokerboom ·

Welgedaan publiek.Ons kan NIE meer aangewese wees op staat vir beskerming

Peter Pan ·

Mooi! Baie sterkte aan julle wat wel darm iets probeer doen!

Werner ·

Baie mooi.Ek dink na dese is die voorgestelde wapenwet in die drein af.Snaaks het nerens GF SA lede gesien wat gehelp het nie.

Lesly ·

So goed om goeie nuus te lees. Dit bewys dat die meerderheid besef dat die boewery niks behalwe armoede tot gevolg sal he nie .

Wikkelwillie ·

Riem onder die hart. Wel gedaan aan een en elkeen wat standpunt inneem

Vonkprop ·

Bly om te sien our people is stadig maar seker besig om wakker te word. Ek glo nog steeds dat die meerderheid mense in SA goeie mense is. Net jammer die skollies het soveel mag en beskerming van die regering.

Ovelia ·

Kan daaar nie maar net nog sulke mense wees nie. Dankie julle

Persheks Adri ·

Baie baie dankie aan elke een wat help dis die kleinste gebaar wat die meeste beteken!

Belinda ·

….. miskien is dit nou wanneer mense hul rasistiese issues gaan los en saam staan as n gemeenskap. Baie dankie aan almal wat mekaar beskerm.

Lynette ·

Is dit nou aan die polisielede wat NIE saam ‘loot’ nie? Ek het al TWEE videos gesirn waar polisielede gevang word met hul karre VOL ITEMS GELAAI. Dit word wyd versprei rn ek stel voor Maroela Media moet daaroor berig!

Hendrik ·

Die polisie is meer as 200 000, vêr meer as in die ou dae, en hulle het nou die publiek, ens, nodig om met wet en orde te help. Absolute skande! In die ou dae sou dit 2 dae geneem het en alles was uitgesorteer en onder beheer.

Mier14 ·

Skandelik dat die publiek nou d polisie/regering se werk moet doen. Dankie vir d polisie wat wel eties optree. Ek hoop die wat saam loot word summier afgedank.

Vanessa ·

Ons is so trots op julle. Ons sal moet saam staan om hierdie land weer op sy voete te bring.

Vlooitjie ·

Ek hoop iemand sit die effort in om dankie te sê vir daai taxi bestuurders. Ek wil ook stuipe kry elke dag hoe padreels verontagsaam word maar vandag moet ek my hoed afhaal vir hulle.

Stofdonkie ·

Alles goed en wel maar nou sit die mense hulself ook op risiko om te patroleer gedurende aandklok-reel. Maak hulle nie hulself nou skuldig aan oortreding van die lockdown reguslasies nie?

Vlooitjie ·

Dis ‘n moeilike een. Hoe regverdig mens die een bo die ander in die geval? As ek my familie, onderneming of besittings moet beskerm ggaan covid regulasies 2de kom jammer. Die feite is, ongeag hoekom, dat die polisie nie alleen die mas kon opkom nie, mense moet help of ons nou daarvan hou of nie, dit was nodig.

Phillip ·

Vir die eerste keer word die taxsies nie gevloek of slegese nie mooi Taxsies
Phillip Jessen

VannieBaai ·

Alhoewel die gebaar baie welkom is, moet mens ook net onthou dat meeste van hiérdie selfde taxi-agentskappe verantwoordelik is vir baie wetteloosheid en verontagsaming van padwette en verkeersreëls wat onskuldige mense se lewens elke dag raak. Een goeie daad gaan nie al die verkeerde dade regmaak nie. Ons ALMAL moet opstaan en nie net op sekere magte steun nie.

Marius Gerhardus ·

Baie goeie nuus. Veral in Nigel. Klein gemeenskap wat saam staan. Julle is tops. Mag onse God julle ryklik seen.

Prontuit ·

Wow sulke leestof gee my sommer hoendervelle nie net vleis nie kon ons nie al LANKAL so saamgestaan het nie dankie tog vir die wat breins het en besef dis in hulle eie beswil om te help beskerm, welgedaan ek haal voorwaar my hoed vir julle af vandag. dit gee mens amper weer hoop

Blomme ·

So trots op die pragtige gebaar.. Wonderlik dat ons nog so baie goeie mense in die duisternis het. Welgedaan.

Willem ·

Dís mos hoe dit gedoen moet word! Mooi so inwoners en taxi-eienaars van Nigel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.