Publiek teen nóg ʼn Sassa-slenter gewaarsku

Sassa (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het die publiek gewaarsku teen nóg ʼn slenter wat tans gebruik word om begunstigdes om die bos te lei.

Die agentskap sê in ʼn verklaring dat talle begunstigdes aangemeld het dat hulle ʼn SMS ontvang het wat aandui dat begunstigdes moet herregistreer vir toelae omdat die kontantbetaalpunte in Augustus vanjaar uitfaseer sal word. Die SMS lui dat indien ʼn begunstigde nie herregistreer nie, die persoon vanaf Augustus nie meer ʼn toelaag sal ontvang nie.

Volgens Sassa is die boodskap vals en veroorsaak onnodige verwarring en paniek rakende maatskaplike toelae. “Begunstigdes word aangemoedig om hierdie SMS te ignoreer, want dit is nie waar nie. Begunstigdes hoef nié te herregistreer vir toelaes nie; hulle moet wel hul ou Sassa-kaarte verruil vir nuwe Sassa-kaarte teen die einde van September 2018,” lui die verklaring.

Volgens die agentskap is daar wel planne om die kontantbetaalpunte te verminder, maar dit sal nie heeltemal uitfaseer word nie. Betaalpunte wat binne 5 km radius van ʼn poskantoor is, sal wegval en betalings sal dan by die plaaslike poskantoor gedoen word.

Begunstigdes kan steeds kies of hulle hul maatskaplike toelaag direk in hul persoonlike bankrekening wil ontvang, of eerder hul Sassa-kaart wil gebruik om hul toelaag by kitsbanke of handelaars (byvoorbeeld Pick n Pay, Shoprite, ensovoorts) te onttrek.

Sassa het begunstigdes aangemoedig om nie slagoffers te word van slenterboodskappe nie, maar eerder hul naaste Sassa-kantoor te besoek of die tolvrye-hulplyn op 0800 601 011 te skakel indien hulle twyfel oor inligting wat versprei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martie ·

Waar gaan die ou kaarte omgeruil kan word vir die nuwes en van wanneer af?

Erika van Dyk ·

Sassa het al soveel keer vir die publiek leuns vertel. Mens wonder net …. daar waar n rokie is ……????

Anoniem ·

Daar is soveel korrupsie in SASSA wat begunstigdes aan betref. Skakel jy SASSA om te hoor wat kriteria is om aansoek te doen sê hulle R12,000 en minder. Persone wat R1 minder as genoemde bedrag ontvang, doen aansoek en ontvang die volle bedrag. Aansoekers verklaar nie volledige inkomste. Daar word nie volledige ondersoek gedoen alvorens aansoek aanvaar word nie. Veral getroude persone. Man verdien groot inkomste uit pensioen en belegging, vrou verdien klein pensioen, van oorlede se pensioen asook belegging maar eis SASSA deurdat sy 60 jr is. Daar word baie bedrog gepleeg deure begunstigdes. Doen meer ondersoek wat getroude persone aanbetref.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.