Publiek versoek om nie Chinese lanterns die lug op te stuur nie

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag op die vooraand van Guy Fawkes-dag ʼn beroep op die publiek gedoen om veral Donderdag na hul troeteldiere om te sien en nie Chinese lanterns of rooi fakkelbomme die lug op te stuur nie.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê buiten dat Chinese lanterns ʼn brandgevaar inhou, veral in die huidige droë winderige toestande, word die lanterns gereeld vir rooi fakkelbomme misgis. Die lanterns hou ook ʼn gevaar vir lugvaartuie in.

“Verskeie gevalle het al by die NSRI plaasgevind waar daar reageer is nadat die publiek ʼn ‘fakkelbom’ gesien en dit aangemeld het en dan was die fakkelbom op die ou end ʼn Chinese lantern,” het hy gesê.

Lambinon het gesê dat rooi fakkelbomme deur die wet slegs vir lewensgevaarlike noodgevalle bedoel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

Waarom moet ons altyd sekere simpel “vierings” vanaf oorsee invoer? Ons het niks met oorle Guy Fawkes en sy dinge uit te waaie nie en ek pes vuurwerke omdat dit ALTYD êrens tot beserings van onskulkdige diere en soms ook mense ly. Dieselfde met die simpele Halloween nonsens. WAT het ons in SA met Amerikaanse twerp uit te waaie? As dit iets positiefs is ja, dan is dit een van daai dinge maar goed wat net nonsens is..ai dat mens so evrveeld kan wees en so kan geld mors. Maak nie saak hoe vuurwerke verbied word daar is altyd mense wat dit steeds en op ‘n onverantwoordelike manier gebruik en dis ook gewoonlik die wat nie omgee oor hoe dit diere uitstres en/of beseer nie. Dit gaan net om hul eie “pret”.

Een oog koning ·

Duidelik ken jy nie die geskiedenis van halloween nie. Gaan lees eers hoekom halloween daar is. Tip dis n dag om mense wat jy verloor het te onthou. Holy night

Sollie ·

Eenoog, maak maar toe daai oog en gaan slapies wat. Dis alles oorsese nonsens. My mense wat ek verloor het, onthou ons privaat (sonder om ‘n spul geld op plastiekgoedjies vir die kinders te mors)en verniet tuis op hul verjaarsdae. Ek aanbid beslis geen oorsese simpele rituele en dae en dinge nie. In VSa gaan dit meestal net oor die simpel pampoene en die kinders wat kom lekkers bedel en sulke nonsens en ons het dit g’n nodig in SA.

Deon ·

Nee wat ou eenoog, ek weet nie watse farytale jy gelees het nie, maar dit is verseker nie waaroor Halloween gaan nie!

guy foks ·

Gelukkig vir jou bly jy nie iewers in Natal tussen/oorkant/naby Hindoes nie.
Guy Fox is maar klein teen Diwali,hul ligtefees…geen ontsag vir niemand en is moeilik om skuldige vas te trek!
Kyk asb mooi na jul diere gedurende die tydperk.

Eish! ·

Halloween???????????? Om jou mense wat jy verloor het te onthou?? Wat ‘n grap! Ag nee rerig oogkoning. Dit is vieslik, sataniste gebruik dit om dankoffers te bring ens ens! Nee dit is vlg my van die duiwel af. Ek onthou Kersfees eerder my mense en Christus se geboorte.

eye opener eenoog koning ·

dit is satanisties en dit is die sataniste se heilige maand en hulle selebrate satan
nare rituele en dinge word gedoen – nie van God nie en defnitief nie goed nie-
nie ‘n kultuur wat christene mislei moet word om te fier nie!
dit gaan oor die dood nie lewe nie!
eenoog koning lees bietjie op dit sal vir jou ‘n eye opener wees
want eenoog koning beteken “all seeing eye” wees versigtig wat jy oor jouself uitroep!

Johann ·

 Sodom en Gomorra wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het,n voorbeeld,en hul die straf van die ewige vuur ondergaan

SNEL ·

Enige ding uit die Ooste is n “big no-no”. Mens brand of steek geen kers vir enige gees of good op nie, dis van die bose en gevaarlik om met sulke goed te lol. Ons fokus moet op God en Sy Woord wees en alles wat nie in lyn is met God se Woord nie is uit die put van die hel. Halloween is vir sataniste soos wat Kersfees vir Christene is, so daarvan bly mens ook weg en “dress” nie eers op nie of koop nie eers van die goed nie, jy hou verby. Mens moet nie n deur vir die vyand oopmaak nie, hy mag geen houvas op ons lewens kry nir. Dream catchers is net so groot no-no….nou sal ek rustig gaan slaap, want my God is in beheer. Mens se gedagtes moet op God gefokus wees. Hipnose is ook verkeerd, dit skep n geleentheid vir die vyand om n geleentheid te kry in jou lewe…ELKE gedagtes moet aan God en Sy Woord onderwerp word. Mens moet glad nie karring aan goed wat nie Bybels is nie mens wil geestelike groei. Die duiwel loop rond soos n brullende leeu, moet nie vir hom geleentheid skep of gee om ons te laat struikel nie, staan vas in geloof en moet nie gelyk raak met die wêreld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.