Puk-debat: ‘Waaroor die geveg gaan en nié gaan nie’

Flip Buys

Flip Buys

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê daar word talle motiewe toegedig aan diegene wat ten gunste van die huidige bewese suksesmodel by die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus is, wat wissel van die verafgoding van Afrikaans en selfs rassisme.

“Die afgelope paar maande is daar ‘n skaduwee oor hierdie prestasies gegooi deur ‘n reeks gebeure wat begin het met Beeld-berigte oor ‘n Nazi-kultuur op die Potchefstroom-kampus van die universiteit. Dit het gelei tot groot politieke druk op die universiteit se raad en bestuur, en het ‘n bepalende invloed gehad op twee kommissies van ondersoek na die stand van die NWU,” sê Buys.

“Die gevolg hiervan is ‘n onsmaaklike verdeeldheid in universiteitsgeledere, en ‘n politieke aandrang op ʼn radikale rassetransformasie van die Potchefstroom-kampus – dieselfde model wat talle ander voorheen top Afrikaanse instellings totaal laat verengels of selfs laat misluk het.”
Buys sê dit is dus nodig om dit duidelik te stel waarvoor hulle veg en waarvoor hulle nie veg nie.

Lees Flip Buys se stuk 10 redes waarom ons vir die Puk veg (en waarvoor ons nié veg nie) op Maroela se Groot Debat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

RWR ·

As lid van Solidariteit myself, sal ons maar moet sien hoe lank hou die wit universiteit. Jammer om te sê maar die toekoms lyk nie goed nie en hoe lank voor hulle ook swig onder die druk van die antichristiese kommunistiese regering???? Kom ons wees realisties!!! Dit is wit seuns: Dis die grootste bedreiging vir die wêreldmag. Die wittes moet uitgeroei word, wêreldwyd!!! Die wit vrouens en wit gestremdes is nou ook uitgesluit van die arbeidsmark. Eiendomsreg in wit hande (waarvoor ons flippen hard gewerk het) gaan ons ontneem word. So wat is Flip Buys nou eintlik wat hom gaan vrywaar dat dit waarvoor hy al hoeveel jaar veg en bou, om dit nie te moet afgee aan die regering nie???? Wie gaan hierdie wit seuns werk gee??. My hart het gebloei toe ek hierdie seuns met soveel entosiasme hoor praat op tv. Ek hoop en bid dat hulle nie ook verraai sal word soos FW ons blankes verraai het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.