Puk-dosent sterf toe hy in sloot op kampus beland

Rudi van de Venter (Foto: NWU)

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ’n dosent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) oor die naweek in ’n sloot op die Potchefstroom-kampus geval en gesterf het.

Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het kampussekuriteit Saterdagoggend net ná 06:00 op Rudi van de Venter (48) se liggaam in ’n sloot op die kampus afgekom.

Daar word vermoed dat Van de Venter deur die loop van Vrydagnag of die vroeë oggendure van Saterdag in die sloot geval het.

Van de Venter was verbonde aan die departement van onderwys en het spesifiek in Wiskunde doseer.

Volgens Jacobs word daar aan die universiteit se waterpypleidings gewerk en daarom is die sloot op die kampus gegrawe. Dit is egter nie duidelik hoe Van de Venter in die sloot beland het nie, aangesien daar oranje net om die sloot gespan is, verduidelik Jacobs.

“Ons het geen idee wat gebeur het nie. Hy was reeds dood toe sekuriteit op hom afkom.”

Die universiteit het Maandagoggend berading aan personeel, studente en familie van Van de Venter gebied om die naweek se gebeure te verwerk.

Kapt. Aafje Bothma, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
De Villiers

Dis tragies. Baie sterkte aan die familie.

Bossie

Bitter, bitter hartseer. So goeie mens gewees en super intelligent. Groot verlies vir baie mense. RIV

Boet

Hy was seker maar getrek hoe anders daai nette span nie so styf om jou te keer

Chamtel

Hy was by Oukraal Vrydag aand tot laat. Hy het gesit en werk op sy laptop. Ek het hom al baie gesien kampus toe loop (vanaf die Bult) laat in die aande. Was sy laptop gevind daar waar dit gebeur het? Hy moes immerse sy laptop van Oukraal na kampus gedra het toe hy gestap het?? Was hy nie dalk aangeval nie?

Barend van der Merwe

Mens sal nie weet nie maar baie mense val hulself dood. Dit gebreur maklik. Plus akademici werk dikwels deurnag. Baie druk op hulle.