Puk-eerstejaar dood gevind

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

ʼn Eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is Vrydag dood in sy woonstel gevind.

Johan van Zyl, die kampuswoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die student se woonstelmaat laat Vrydagmiddag op sy liggaam afgekom het in die woonstel wat die twee gedeel het. “Hy het hom probeer wakker maak, maar kon nie daarin slaag nie waarna hy die nooddienste ontbied het,” het Van Zyl gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Van Zyl wou nie onmiddellik die student se naam bevestig nie.

Die woonstelle is privaat behuising wat aan die kampus grens. “Die forensiese span van die polisie was daar om ondersoek in te stel. Die oorsaak van sy dood is in dié stadium onbekend, maar geen gemene spel word vermoed nie,” het Van Zyl gesê. “ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.”

Volgens Van Zyl het die student vir ʼn BA-graad in politieke wetenskappe studeer. Die student se ma het laat gisteraand vanuit Pretoria by die Potchefstroomkampus aangekom, terwyl die seun se pa nog van Port Elizabeth af op pad is.

“Die universiteit het berading aan die student se kamermaat, van sy nabye vriende en natuurlik sy familie beskikbaar gestel,” het Van Zyl gesê.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rachelle ·

Ag hoe verskriklik is dit noe. RIV. Sterkte aan die ouers.:(

Marianne ·

Sjoe dis erg!
Is die kind in sy slaap oorlede?
Dis altyd tragies en hartseer wanneer mens lees van ‘n kind se afsterwe.
My innige meegevoel met sy ouers, familie en vriende.

Joann ·

Soos ek verstaan het hy griep gehad. Of dit so is weet ek nie,maar ek en my man het dit gehad en dis meer as n week nou al met net die beste medikasie en ek voel vir doodgaan.

Pikkie ·

Griep in kombinasie met druk om sport te doen of oefen? Die puk is sportmal.

Johan van Zyl ·

Pikkie, dit is baie gevaarlik om in jou kommentaar oor so iets te bespiegel. Ek sou aanbeveel dat jy eers die feite kry voordat jy insinieer dat hy dood is as gevolg van prestasiedruk wat iemand op hom uitgeoefen het. Jou kommentaar is onvanpas.

Jean De Villiers ·

Dis pas bevestig dat my spog kind Ettienne De Villiers oorlede is aan “virale meningitis” (breinvliesontsteking)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.