Puk-groet: “Ons steun Beeld-dispuut,” sê GHA

Kenteken van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA)

Kenteken van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA)

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het Donderdag aangekondig dat hulle hul volle steun gee aan Solidariteit se dispuut met die dagblad Beeld.

“Dit is ʼn bitter dag wanneer die GHA hom moet uitspreek teenoor ʼn ander Afrikaanse instelling,” het Pieter Oosthuizen, ondervoorsitter van die organisasie, in ʼn sterk bewoorde nuusverklaring gesê. “Ons is van mening dat Beeld nie meer ʼn positiewe bydrae tot Afrikaans kan lewer terwyl hy hom op laakbare wyse daarop instel om ʼn gerespekteerde en daarmee saam ook die laaste Afrikaanse universiteit in die gedrang te bring deur ʼn skynbaar persoonlike vendetta teen die universiteit te voer nie.”

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het op 25 Februarie vanjaar in ʼn ope brief ʼn dispuut met Beeld verklaar en Afrikaanssprekendes versoek om nie meer dié koerant te koop tot die dispuut opgelos is nie. Buys het die ope brief gerig aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse koerante by Media 24, weens ʼn vertrouensbreuk wat ontstaan het oor die manier waarop die koerant berriggewing oor studenteaktiwiteit by die Puk hanteer het.

Lees die volledige brief hier.

Volgens die GHA het Beeld se “aggressiewe berriggewing” onnodige druk op die universiteit geplaas om “koppe te laat rol”.

“Baie lewens word negatief hierdeur geraak en dis nou onmoontlik om die slegte publisiteit en regeringsingryping terug te draai, en die gevolge daarvan het die integriteit van ʼn baie gerespekteerde instelling en dié van alle huidige, oud- en toekomstige studente in die gedrang gebring,” het Oosthuizen gesê.

Die GHA het hulle voorts uitgespreek oor wat hulle beskryf as “die vervlakking ten opsigte van die nuuswaardigheidsgehalte van die berigte wat Beeld plaas”.

Beeld onderskat die diepte van die Afrikaner en [dié tipe beriggewing] is ʼn walglike belediging vir almal wat hulleself nog as Afrikaners beskou,” het die GHA gesê.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het ook sy steun aan Solidariteit se veldtog teen Beeld toegesê.

Lees ook:
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit, ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans 
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Uiteindelik begin organisasies vir Afrikaans ruggraat toon. Baie dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.