Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe

Foto: @adriaanbasson, redakteur van Beeld op Twitter

Foto: @adriaanbasson, redakteur van Beeld op Twitter

ʼn Spesiale raadsvergadering het Woensdag by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind ná berigte in Beeld oor gebare van eerstejaarstudente wat, volgens die koerant, herinner aan die Nazi se “Sieg Heil”-saluut.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding het na aanleiding van dié berigte op 4 Maart ʼn brief aan die Raad van die Universiteit gestuur wat die spesiale raadsvergadering tot gevolg gehad het.

Die raad sal na verwagting die besluite wat tydens die raadsvergadering geneem is, Donderdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria bekend maak.

Nzimande sê hy is uiters besorg oor onlangse mediaberigte oor “oriëntasie-aktiwiteit” op die Puk-kampus wat as “ontgroeningspraktyk” beskryf word. “Die foto’s en video wys duidelik eerstejaarstudente by NWU geklee in uniform, wat in eenheid soos troepe marsjeer en die ‘heil Puk’-saluut doen,” het Nzimande gesê. (Die video volg onderaan die berig.)

Intussen het duisende studente op verskeie maniere hul steun aan die universiteit gewys.

Nzimande sê hy moet dit benadruk dat die beelde nasionaal en internasionaal tot verontwaardiging gelei het.

“Ek wil ook die universiteit daaraan herinner dat die vorige apartheidregering, naamlik die Nasionale Party, ʼn verbintenis aan die pro-Nazi-organisasie, die Ossewa Brandwag, gehad het,” sê Nzimande. “Daar is ook talle vorige Afrikaanse universiteite wat tydens hul stigting aan hierdie rassistiese en neo-Nazi-verlede verbind word.”

Volgens Nzimande is sy kantoor en departement, sedert die berigte in Beeld en die perskonferensie deur die direkteur-generaal, oorval deur berigte van teistering en verdrukking van diegene wat graag die anti-transformatiewe praktyke by die universiteit wil ontbloot.

“Dit is duidelik dat die behoefte bestaan om sterk en beslissend op te tree oor die kultuur by die Puk-kampus,” het Nzimande bygevoeg. “As die minister van hoër onderwys en opleiding is ek verplig om stappe te doen.”

Hy versoek die raad om seker te maak dat hierdie ontgroeningspraktyke met onmiddellike effek gestaak sal word. “ʼn Omvattende ondersoek moet gedoen word oor die kulturele induksie/oriëntasie/ontgroeningspraktyke en ander vernederende praktyke wat dade van fascisme en Naziïsme insluit wat blykbaar by dié instansie, onder goedkeuring van die bestuur van die universiteit, voorkom,” het Nzimande bygevoeg.

Studente aan die Puk-kampus het ná die negatiewe beriggewing spontaan met ʼn #DankiePuk-veldtog begin. Statistiek van dié veldtog is Woensdagaand aan Janco Jordaan, die studenteraadsvoorsitter, oorhandig. Altesaam 6 930 studente het die petisie onderteken, en 8 409 het binne sewe dae by die #DankiePuk-veldtog se Facebook-blad aangesluit. Die studente se Facebook-blad het ʼn reikwydte van 78 301 en 11 478 persone was interaktief betrokke op die blad. Die petisie het 277 volgelinge op Twitter gelok.

Die perskonferensie vind om 10:00 plaas.

Lees ook:
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VerVanRyn ·

Ag bog man! Die Ossewa Brandwag was nie ‘n pro-nazi organisasie nie! Om dit te sê getuig van ‘n swak kennis van geskiedenis en ‘n verdraaing van die waarheid om persoonlike agendas te regverdig! Hulle was eerder ‘n passifistiese organisasie wat die verpligting om deel te neem aan ‘n oorlog wat hulle nie raak nie teen gestaan het!

Meneer ·

Miskien moet Dr. Nzimande se kwalifikasies bevraagteken word? Uniform? Marseer? Mis ek iets? Het die idioot ooit na die video gekyk? Sy iK moet effens laer wees as die van ‘n vetplant.

VerVanRyn ·

Die PUK besluit hopelik regverdig in hierdie verband of hulle gaan dalk ‘n klomp studente groet..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.