‘Puk is steeds ʼn apartheidsinstelling’ sê minister

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is in wese steeds ʼn apartheidsinstelling, indien nie ʼn enklawe nie, wat ʼn dringende behoefte het aan transformasie, het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

Nzimande het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie reaksie gelewer op die sogenaamde Wessels-verslag. Dié verslag oor die oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke by die NWU is deur ʼn onafhanklike ondersoektaakspan opgestel ná mediaberigte van ʼn sogenaamde “Nazi-kultuur” by die Potchefstroomkampus. Die verslag het egter bevind dat daar nie ʼn kultuur van nazisme of fascisme by dié kampus bestaan nie.

“Die raad se verslag word verwelkom, veral omdat dit blyk ‘n eerlike introspeksie te wees,” het Nzimande gesê. “Dit is veral verfrissend dat daar ʼn stilswyende erkenning is dat die NWU se institusionele model problematies is. Dit blyk dat die model ontwerp is om grootliks ʼn mono-kulturele omgewing te bevorder wat hoofsaaklik ontwerp is vir wit Afrikaners op die Potchefstroomkampus. Die universiteit moet ‘n kultuur op al sy kampusse bevorder wat Afrikaans in ‘n oop en inklusiewe wyse insluit.”

Volgens Nzimande kon die taakspan daarin slaag om geloofwaardige gevolgtrekkings te maak en hy het die waarnemings en aanbevelings in die verslag verwelkom. “Ek het egter ʼn ongemaklike gevoel dat die taakspan slegs aan die puntjie van die ysberg geraak het, aangesien die ondersoek slegs een maand geduur het en die taakspan ernstige uitdagings gehad het en onder meer belemmer is om alle relevante feite en verslae te ontbloot.”

Hy het gesê dit is duidelik dat daar “diepgewortelde praktyke” by die NWU voorkom wat studente se menseregte skend. Volgens Nzimande is daar meer as een keer bevind dat die probleme eie is aan die Potchefstroomkampus. “Dit sluit spesifieke ontgroeningspraktyke by koshuise in en is hoofsaaklik gemik op eerstejaarstudente wat kwesbaar is en veral diegene wat nie van die dominante Afrikaanse voerskole af kom nie.”

Nzimande het die taakspan versoek om te verseker dat die universiteit se bestuur die aanbevelings van die Wessels-verslag so gou as moontlik implementeer en om op ʼn kwartaallikse basis aan hom en die universiteitsgemeenskap terugvoer te gee. “Ek het spesifiek versoek dat die taakspan deurdruk met die hersiening van die institusionele model wat toegelaat het dat die problematiese kultuur steeds voorkom op die Potchefstroomkampus.” Hy het die taakspan ook versoek om prosesse in plek te stel om die “effektiewe transformasie van NWU te verseker”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Dit sal waardeer word as die agbare minister ook sy eerlike kommentaar gee oor wat by ander universiteite, soos byvoorbeeld die TUT aan die gang is…

Huidige Puk Student ·

Die Pukke is eerstens te trots op hulself en kampus, tweedens is (meeste) van ons beter groot gemaak. Ek weet nie waar die apartheid in die instelling in kom nie. ons verf ons self nie swart nie en ook nie wit nie. Die enigste haatspraak wat op kampus onlangs bekend geword het, was SWART teen oor WIT nie anders om nie, dit is volgens Blade en sy comrades nie rassisme nie. As mens in die kafeteria sit dans daar altyd n mengsel van kleure en kulture. Almal aanvaar mekaar, die NAZI ding was n BEELD aangeblaaste klug en vandaar af suffer ons. Meeste studente op die instelling weet van apartheid asgevolg van wat hul VOORVADERS en ouers hul vertel het. Ek is wel n bietjie ouer want ek swot nagraads. Een maal n PUK altyd n PUK

rissiepit ·

Die meeste Afrikaans sprekendes voel weer dat Universiteite soos die Universiteit van KwaZulu-Natal
´n mono-kultuur is. Daar is nie plek vir ´n Afrikaans sprekende nie en ook nie vir ´n blanke nie. Ons mense moet wakker skrik. Ons moet ´n laer om Potchefstroom Universiteit trek. Ons studente moet die ANC medisyne gebruik om die ANC te laat verstaan dat hul hier niks verloor het nie. Kan ons nie die Universiteit (wat ons voorvaders self opgebou het nie) weer koop nie? Sodat ons net in vrede die standaarde kan handhaaf wat nie by die getransformeerde Universiteite moontlik is nie. Alle rassistiese getransformeerde Universiteite (oral waar kleur meer belangrik is as standarde en akademiese prestasies) kan hulle “ANC patriotiese mono-kulture seevier. Los die laaste 2 Afrikaanse Universiteite aan die wat dit in die eerste plek opgebou het. HOU OP STEEL ANC…in die naam van transformasie. Die land is ´n gemors a.g.v. jul transformasie. Die ekonomie is amper op stilstand a.g.v. transformasie. Julle transformeer Suid-Afrika “into a failed state” wat internasionaal nie meer ernstig opgeneem word nie. STOP DIT.

Andre van Aswegen ·

Kyk, ek verstaan nie die tranformasie storie so mooi nie…..is dit n beter naam vir vat alles weg wat goed is vir een en gee alles wat gevat is verniet vir die ander sonder dat hulle dit verdien het.

VerVanRyn ·

Wragtig, Stomplem, die “swart” getransformeerde universteite word deur die studente self af gebrand, maar dit is die PUK waar die probleem is. Stomplem gaan seker nie ‘n ondersoek instel of ‘n spesiale mediakonferensie hou oor die onluste by die nie-Afrikaner universiteite nie, want daar volg hulle mos die Suid-Afrikaanse model: brand, bestook en breek alles af.

JOHANNES ·

Dit is waar PUKKE brand nie en dan moet mens BEELD bedank vir al die publisiteit want sy redakteur het dit begin.

Gerhard Bezuidenhout ·

Waar val hierdie aartskommunis nou uit .Ek stem saammet Henrietta dat ou Blade ons breedvoerig moet inlig oor die huidige toestand op ander kampusse en los die PUK uit .Alles werk nog daar en daar word nie tot geweld oorgegaan vir elke nietigheid nie want die Afrikaanse studente is nie so opgevoed nie.

Jasper ·

Blade, gaan sien jou plaaslike toordokter of neuroloog om van hierdie neurotiese toestand ontslae te raak.

marinda ·

Kyk op Pro PUK wat se hulle van UCT-ons beste universiteit in SA. Hoekom dan karring aan PUK?

Bertus ·

Eie instellings, eie geld, eie seggenskap. Begin van voor af. Neem afskeid van ou instellings en kyk vorentoe. Die demografiese druk, rassisme, jaloesie en kleinlikheid is te veel.

david ras ·

Ag dis net die kommentaar van ‘n ou kommunistiese dinosaurus wat nognie die sprong na realiteit kon maak vanuit sy pre-steentydperk politieke tuiste nie.
Miskien kan hy vir ons die volgende antwoord(ek twyfel ) :
Wanneer gaan julle vanuit die oorheersende komponent van die “Reenboognasie” begin om julle deel te betaal vir alles wat die witmense met hulle wit belastings daar geplaas het–die geboue, die infrastruktuur, die boeke…….!?
Of is transformasie net semantiese snert vir akademiese onteiening ?

emile ·

Die “diepgewortelde praktyke” van swart studente se kampusgeweld, vandalisme, geweldadige stakings, saakbeskadiging ens kos die belastingbetaler R miljarde maar geen haan kraai daaroor nie.

Elizabeth ·

Plaas die ou os liefs aandag gee aan dinge soos skole wat in swak toestande is, onderpresteer, onderwysers wat nie by klasse is nie (meestal swart skole), handboeke wat nie betyds afgelewer word nie ens, nou bly bulk hy op een eentonige en afgesaagde ou deuntjie.

Dalene ·

Al die ander universiteite is afgebrand en lyk soos ‘n nes.. Hulle is nie gelukkig dat daar darem ‘n universieit is wat in stand gehou word en daar dissipline is nie. Alles wat getransformeer word is ‘n mislukking. So gaan ons land al hoe vinniger afdraande…. Danksy ongeskoolde ministers en ‘n president wat nie weet waar sy prioriteite lê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.