Puk-optog: “Studente is reg, nie regs nie”

Studente van die NWU hou op 24 Julie 2014 'n optog by die Puk-kampus in Potchefstroom

Studente van die NWU hou op 24 Julie 2014 ‘n optog by die Puk-kampus in Potchefstroom Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Die vakbond Solidariteit het Donderdag gesê hy steun Puk-studente se regmatige aanspraak op moedertaalonderrig. Dit kom nadat die Hoër Onderwys Transformasienetwerk (HETN) die vakbond as ‘n “regse” organisasie beskryf het weens sy ondersteuning vir studente se optog vandag by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Sowat 3 500 studente het Donderdag ‘n vreedsame optog gehou om ʼn memorandum met eise aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, te oorhandig.

Die HETN het die optog en memorandum egter beskryf as ‘n aanduiding van die indoktronasie wat op die kampus heers.
Die studente eis onder andere dat die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal, binne ʼn meertalige en multi-kulturele konteks, op die Puk-kampus verseker sal word.

Volgens die HETN is dit duidelik dat die studente se eis, dat Potchefstroom ‘n Afrikaanse kampus sal bly, “gemaak word sonder ‘n bewustheid van hoe ‘n oorheersende Afrikaanse kultuur gedien het om studente van ander rasgroepe en kulture uit te sluit op die Potchefstroomkampus”.

“Dit is haas ondenkbaar dat regse studente so openlik hul onkunde, onsensitiwiteit en vooroordeel sal wys. Gegewe die berg van bewyse tot die teendeel, klink hul eis vir ondersteuning van grondwetlike waardes soos gelykheid, vryheid en menseregte leeg,” volgens die HETN.

Die HETN het onder meer ook Solidariteit, die AWB en AfriForum as “regse” organisasies beskryf en gesê “daar is geen twyfel nie dat hulle in samewerking met die bestuur, ‘n Afrikaner-magsbasis op die Potchefstroomkampus van die NWU wil bewaar”.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond steun die PUK-studente se regmatige aanspraak op moedertaalonderrig. “Artikel 29(2) van die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat elkeen die reg het om onderrig by openbare instellings te ontvang in die amptelike taal van hulle keuse solank dit prakties moontlik is. Die NWU het ʼn taalmodel ontwikkel wat dit juis prakties moontlik maak om onderrig in Afrikaans aan te bied.”

Hermann sê dit is totaal vreemd van die HETN om almal wat aanspraak maak op hierdie grondwetlike reg as regs te beskou. “Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat hulle van mening is dat die grondwet regs is. Dit is waarskynlik die eerste keer dat iemand die mening huldig dat die Suid-Afrikaanse grondwet eintlik regs is. Deur aanspraak te maak op hulle grondwetlike regte is die studente reg en nie regs nie.”

Lees ook:
Foto’s en klank: “Los ons taal uit,” sê Pukke met optog
NWU-studente hou optog in Potchefstroom
AfriForum Jeug verkla Beeld by persombudsman
NWU-raad korrek oor gebreke in Wessels-verslag
Wessels-verslag oor Puk uitgelek
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Wanneer gaan sekere mense / groepe / rasse van hul minderwaardigheidskomplekse ontslae raak.

PUKKE, ek salueer elkeen van julle ! Doen so voort – trots op julle.

AFRIKAANS BO !

VerVanRyn ·

Was daar vadag gewees…en is teleurgestel, ons as Afrikaners is nie regverdig teenwoordig nie. Glo dit of nie, ‘n bus is in gery om “spesiale” studente aan die voorpunt van die optog te plaas…waarom moet “polities korrekte” studente ingery word om ons beeld te verbeter??? Dis nou mos tradisie om te sing by so ‘n optog en ons loop onder andere vir Afrikaans, lekker lei die leiers ons om nie in Afrikaans te sing nie…baie van ons het geloop oor ons dadelik kon aanvoel dat hierdie ‘n politiese speletjie was om die PUK se beeld te verbeter deur ons as “divers” uit te beeld. ONS IS AFRIKAANS!!!! Ons gee nie om oor wat die ANC/HETN/ADRIAANS van ons dink nie, ons is en bly AFRIKAANS en ek glo dit gaan meer afbreek om ons as ‘n “diverse” groep uit te beeld.

FDS ·

@VerVanRyn – ek deel jou sentiment en stem saam, maar ek voel net dis nodig vir my om te noem, en ek is nogals betrokke op die studente struktuur, dat die bus nie in gery was nie, maar dat die studenterade van ons suster-kampusse ons studenteraad gekontak het om te vra of hulle kan kom om hul ondersteuning te wys vir die Puk.

FDS ·

@VerVanRyn – ek deel jou sentiment en stem saam, maar ek voel net dis nodig vir my om te noem, en ek is nogals betrokke op die studente struktuur, dat die bus nie in gery was nie, maar dat die studenterade van ons suster-kampusse ons studenteraad gekontak het om te vra of hulle kan kom om hul ondersteuning te wys vir die Puk.

VerVanRyn ·

Ek sien nie die onderskyd so goed soos u raak nie nie, as hulle gekom het om ons te ondersteun waarom is hulle ‘n “ereposisie” gegee? As hulle wou wys hulle is deel van ons moes hulle fisies deel wees van ons. Hierdie was niks anders as ‘n poging om te wys ons is polities korrek nie.

Peter Says ·

Hou moed, moet nie ingee nie, hoog tyd dat iemand iets doen, agteroor sit en wag help niks, doen wat gedoen moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.