Puk sê oor klasgeld vir 2017

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit het in ʼn verklaring meer inligting bekend gemaak oor klasgeld en registrasie vir 2017 nadat die voorgestelde universiteitsbegroting tydens ʼn raadsvergadering goedgekeur is.

ʼn Jaarlikse verhoging van 8% in studie- en inwoningsgeld is ook as deel van die begroting goedgekeur.

Volgens die bestuur van die universiteit beteken dit in beginsel dat alle studente wat vir die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS)-beurse kwalifiseer, sowel as studente wat in die “vergete middel”-groep val (dit wil sê daardie studente wie se huishoudelike inkomste meer as die NSFAS-drempel, maar minder as R600 000 per jaar is), nie deur die verhoging in gelde vir 2017 geraak sal word nie.

Die universiteit het verduidelik die goedgekeurde verhoging sal deur die regering in die vorm van ʼn toelaag (sogenaamde gapingsbefondsing) aan die universiteit uitbetaal word en dit sal as ʼn krediet in hierdie studente se rekeninge reflekteer. “Studente met beurse wat alle uitgawes dek, sowel as studente wie se huishoudelike inkomste meer as R600 000 is, sal nie vir die gapingsbefondsing kwalifiseer nie. Soos in die verlede sal alle studente registrasie en minimum-betaalbare gelde met registrasie moet betaal.” Slegs NSFAS-goedgekeurde studente en studente wat deur ander goedgekeurde borge befonds word, sal van hierdie betalings vrygestel word, en sal tydens registrasie stawende dokumentasie in dié verband moet toon.

Studente wat beurse ontvang het (behalwe die goedgekeurde NSFAS-studente soos per die gesentraliseerde aansoekproses), moet stawende dokumentasie van die spesifieke beurs gedurende registrasie verskaf. Waar ’n uitstaande bedrag vir die vorige jaar betaalbaar is, sal studente toegelaat word om te registreer indien die beursverskaffers skriftelik onderneem het om hierdie uitstaande bedrag ook te betaal.

Die NWU doen ’n ernstige beroep op ouers en studente om dringend reëlings vir die betaling van alle uitstaande gelde te tref. Dit is om te verseker dat studente hulle studies kan voortsit en by voltooiing hulle graad kan ontvang.

“Ons het begrip vir ons studente se bekommernisse oor onbekostigbare studiegelde, maar die NWU, soos enige ander instelling, moet finansieel volhoubaar bly om met ons kernbesigheid voort te kan gaan en ʼn nasionale bate te bly,” het die universiteit bygevoeg. “Hierdie kernbesigheid behels die lewering van voorpuntnavorsing en kwaliteitonderrig – terwyl die lewens van ons studente gevorm word – om te verseker dat ons goedgebalanseerde graduandi lewer.”

Die NWU gee erkenning aan die regering se inisiatiewe om die fooi-aanpassing vir minder gegoede studente en die vergete middel-groep vir 2017 te absorbeer, en ondersteun die poging om hoër onderwys in die toekoms toenemend meer bekostigbaar te maak.

Lees die volledige verklaring met bykomende inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

daar dok die belastingbetaler alweer op. ek hoop nie dat enige buurstaatstudente uit my belasting befonds word nie. laat swart belasting vir swart bevoordeling betaal. dankie. blankes weet mos hulle kan net kry wat hulle kan bekostig.

Net die Waarheid ·

Solank dit vir die hele NWU geld en nie net vir die PUK studente nie, onthou daar was nooit enige skade of stakings by PUK nie en hulle gaan tog maar in “n mate die ander kampusse subsideer waar skade aangerig was…

Jan ·

In ‘n kapalistiese bestel soek ons gehalte onderrig, ook universiteite van uitnemendheid, maar dan is daar diegene wat Feesmustfall en Nofeesatall ondersteun.

snoefie ·

dieselfde “fees must fall” en “no fees at all ” studente wat sommer ook saam met die skoonmakers staak vir vaste poste met top salarisse en mediesefondse en behuisingstoelae en en en. terwyl daar geen fondse betaal word nie. universiteite moet seker maar bordele in elke koshuis open om die salarisse en voordele te kan bekostig. die eisers se intellegensie verstom my telkemale. hulle mies gewis graad een twaalf keer geslaag het om matriek te kon kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.