PUK-skêraanval: HK-lid weer op sportveld, verdagte weer in selle

Hendri van Dyk. Foto: NWU

Hendri van Dyk. Foto: NWU

Die derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat daarvan verdink word dat hy ʼn huiskomiteelid, Hendri van Dyk, Vrydagoggend met ʼn skêr aangeval het, is ʼn dag nadat hy op borgtog vrygelaat is, weer in hegtenis geneem.

Sers. Kealebogo Molale, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Lerato Phoofolo (24) is Vrydag kort nadat hy glo ʼn medestudent in die manskoshuis aangeval het, in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die student het Vrydag reeds in die Potchefstroom-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 500 vrygelaat,” het Molale gesê. “Hy was veronderstel om weer op 21 Augustus in die hof te wees, maar is ʼn Saterdag weer in hegtenis geneem.”

Molale het verduidelik Phoofolo is Saterdagoggend weer by die koshuis in hegtenis geneem omdat hy van sy borgtogvoorwaardes verontagsaam het.

“Die hof het hom belet om terug te gaan na die manskoshuis voordat die saak afgehandel is. Hy het egter Saterdag teruggekeer en is in hegtenis geneem is op aanklag van minagting van die hof.”

Phoofolo het Maandag weens dié aanklag in die landdroshof verskyn. Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding tot dan.

Lerato Phoofolo in die hof. Foto: Met vergunning van Susan Cilliers/BEELD

Lerato Phoofolo in die hof. Foto: Met vergunning van Susan Cilliers/BEELD

Intussen gaan dit beter met Van Dyk nadat hy drie keer onderskeidelik diep in sy bo-arm, blad en heup gesteek is. “Ek is weer 100%. Ek draf weer klas en speel weer rugby,” het hy Maandag aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê sy wonde is nie “doodsake” nie en dat hy Vrydag reeds terug was by die koshuis en nie hospitalisering of steke nodig gehad het nie.

Maroela Media het vroeër berig die aanval het glo omstreeks 07:00 in die manskoshuis Over De Voor op die kampus plaasgevind.

Johan van Zyl, woordvoerder van die NWU, het toe aan Maroela Media gesê die beskuldigde het glo vroegoggend harde musiek in sy kamer gespeel. Talle studente het glo gekla waarna Van Dyk, ʼn vierdejaarstudent, hom gaan vra het om sy musiek sagter te sit aangesien daar studente is wat nog geslaap het of besig was om te studeer.

Volgens Van Dyk het hy die kamer binnegestap en die student gevra om sy musiek sagter te draai. Phoofolo het glo sonder waarskuwing opgespring en Van Dyk drie keer met ʼn skêr gesteek.

Die beskermingsdienste op kampus is na die koshuis ontbied waarna die polisie ook ingeroep is. Phoofolo is in hegtenis geneem en van die kampus verwyder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henko Pienaar ·

Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Dan Kgwadi geluk te wens met die trotse transformasie van die Puk. Ons is amptelik ‘n Afrika universiteit waar daar geen normes, waardes en standaarde meer is nie. Tradisies is afgebreek, taal en kultuur word vernietig. As jy nie saam met ‘n HK lid stem nie, steek hom met ‘n skêr. Baie geluk Dan Kgwadi. Ek wonder net of daar ‘n grooter media storm sou gewees het as ‘n transformasie student deur ‘n afrikaanse student gesteek was?

Knersus D ·

Henko
Ek het my kind uit die koshuis gehaal en ten duurste in ‘n woonstel laat huisves. Vandat PUK NWU geword het, het die hele plek verrot. Ek is met jou – ons land is nie meer my land nie

Jaco ·

As dit andersom was sou alle nuus blaaie dit uitgebasuin het dat dit n rassistiese aanval was. Nou word dit skaars in ander media berigte genoem. Die ANC so hom sterk uitgespreek het die MRK sou onmiddelik n ondersoek gelas het en studente organisasies sou betoog het klasse ontwrig het en karre gebrand het. Wat my meer bitter maak is die stilswye van Afriforum jeug. Net nog n dag in Suid Afrika

Gideon ·

Nou gaan studente seker gevra word om net hierdie klein plastiek skertjies te koop, en kos mag net met hande of plastiek eetgerei geëet word soos op vliegtuie!! maar hoekom kla ons dit is mos wat die meeste Afrikaners voor “ja” gestem het!!

Chris ·

@ Sharon het jy nie geweet nie dis net blankes wat rasiste kan wees in hierdie land. Die ander is geísoleere gevale.

Johan Botha ·

Wat soek hy op PUK sulke optredes kan en mag nie geduld word nie . Skop hom permanent uit.

Stemsaam ·

O, die ironie van sy naam en van se betekenis…”liefde” en “wilde dier”. Jy’s reg, George, dis die gesig van ‘n klaarblyklik onaantasbare.

AmY ·

Baie jare terug (1993) het een van my kollegas vir my gesê die kinders van vandag gaan die land red… Wel dis 22 jaar later en die land lyk erger as in 1993. Sy was een van die mense wat haar huishulp se kind se skoolgelde betaal het. Hoop daai klein 7 ja rife het darem al ñ verskil gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.