Puk-skêraanval: Verdagte gevonnis

Hendri van Dyk. Foto: NWU

Hendri van Dyk. Foto: NWU

Lerato Phoofolo, die derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus wat ʼn huiskomiteelid, Hendri van Dyk, met ʼn skêr gesteek het, is gevonnis nadat hy skuldig gepleit het.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Phoofolo het in die Potchefstroom-landdroshof skuld beken op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en betreding.

Lerato Phoofolo tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Met vergunning van Susan Cilliers/BEELD

Lerato Phoofolo tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Met vergunning van Susan Cilliers/BEELD

Volgens Makau het Phoofolo ʼn opgeskorte vonnis gekry. “Hy is gevonnis tot 12 maande tronkstraf of ’n boete van R1 800. Die vonnis is vir drie jaar opgeskort,” het sy gesê.

Dit volg nadat hy Van Dyk op 14 Augustus omstreeks 07:00 in die manskoshuis, Over De Voor, drie keer met ʼn skêr in sy bo-arm, blad en heup gesteek het. Phoofolo het op die dag van die aanval vroegoggend harde musiek in sy kamer gespeel. Talle studente het glo gekla waarna Van Dyk, ʼn vierdejaarstudent, hom gaan vra het om sy musiek sagter te draai aangesien daar studente is wat nog geslaap het of besig was om te studeer. Hy is kort ná die aanval in hegtenis geneem en dieselfde dag op borgtog van R1 500 vrygelaat. Van Dyk is na ʼn hospitaal geneem vir waarneming, maar het nie hospitalisering of steke nodig gehad nie. Lees meer hier.

Phoofolo se aanklag van betreding volg nadat hy die dag ná die aanval die koshuis besoek het. Dit was deel van sy borgtogvoorwaardes om nie die kampus te besoek nie. Hy is toe weer in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

Kiewiet Scheppel, ʼn woordvoerder van die NWU, het Woensdag aan Maroela Media gesê Phoofolo is tydelik van die kampus en koshuis geskors en sy toekoms daar sal bepaal word deur ʼn tugverhoor.

“ʼn Datum vir sy tugverhoor is nog nie vasgestel nie. As hy wil voortgaan met sy studies, moet  hy vertoë aan die kampusrektor rig,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lindy ·

Sure… let them roam the streets until their next and more serious offense.

Bruno Stef ·

Neem ASB kennis julle Transformasie drywers en Kameraad Blade eenvoudige inagneming van ander persone se behoeftes is bloot net goeie maniere soos ons kultuurgroep in ons ouerhuise geleer het van kindsbeen af.Die aanvaller het baie lig daarvan afgekom skors hom vir die res van sy studietyd.

Tammy ·

Nee tugverhoor se voet. Ons soek nie die krimineel op die Puk kampus nie. Ek betaal duisende rande om my kinders daar te laat studeer en soek nie die skuim van die aarde tussen die opgevoedes nie. Puk julle moet julle oe oopmaak en nie hierdie man verder op julle kampus toelaat nie. Dit skep n president vir die res. Maak wat jy wil en jy kan altyd weer terug keer vir nog moleste. Nee, nee nee of moet ons as ouers dalk optree? Ek hou hierdie “tugverhoor” soos n valk dop!!!!

Winston ·

Die oortreder het baie lig daarvan afgekom vir n ernstige misdryf. Nou het hy ook niks wat n eis regverdig nie. Anders het hy vir n lang tyd gewerk om jou te betaal Hendri. Ek is van mening hy moet permanent uit en gaan werk soek by iemand wat altyd n wapen aan hom dra. Enigste manier om van sulke oortreders ontslae te raak. Jy moet ook nou aansoek doen om jou vuurwapen op kampus te dra want jou veiligheid kan deur NIEMAND verseker word nie. Of is daar iemand wat verantwoordelikheid aanvaar? Vra maar net.

Ruby ·

As dit ‘n wit kind was wat die sondaar was, was hy summier geskors. Ja, ek sal die ras-ding inbring want dit word elke dag in ons kele afgewurg.

Ek sal wat wil gee dat my kind daar kan gaan leer en hier kom hierdie trawant en speel harde musiek en steek met ‘n skêr……….geen respek en besef nie hoe bevoorreg hy is!

Kaspaas ·

En daar sou optogte wees, plunder, geweld ens maar in die nuwe SA is almal mos gelyk volgens die Grondwet, net die swartes is meer gelyk as die wittes

Anneke ·

Ek stem saam Ruby. Swak van die PUK om nie hierdie maaitjie summier te skors nie

Charlene ·

Man hy moet geskors word as dit ‘n wit kind was het hulle lankal die deur vir hom gewys!

Netta ·

En as hierdie hele omgekeerd was, sou Min Blade en sy bende seker gemaak het dit is HOOFNUUS. Die vonnis sou heelwaarskynlik anders gelyk het. My vraag… Hoe veilig is my kinders op die PUk kampus Potschefstroom?

Peet Schabort ·

‘Verdagte’ gevonnis? Ek het dan gedink hy is skuldig bevind?
Verban hom permanent van alle kampusse ten minste in Suider Afrika.
Dan was daar ook die stoeier Johannes vd Walt wat lief was vir die skêrgreep wat toetentaal verskillend is van die ‘hooligan’ se skêr.
Nou sê die HAT ‘n skêr bestaan uit twee MESSE met handvatsels . . . .ens.
My antieke Odhams Dictionary (‘n versamelstuk) sê “consisting of two BLADES . . . etc.”
Waar daar lemme of “blades” betrokke is is daar altyd beserings indien dit verkeerd gebruik word.
Ek vertrou dat die uitleg verstaanbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.