Puk spog met 5 Pendoring finaliste

 

Die finaliste vir die 2014 Pendoring-reklametoekennings is bekend gemaak. Foto: Pendoring Facebook-blad

Die finaliste vir die 2014 Pendoring-reklametoekennings is bekend gemaak. Foto: Pendoring Facebook-blad

Die finaliste vir vanjaar se Pendoring-reklametoekennings is bekend gemaak en van die 18 finaliste in die studente-kategorieë spog die Noordwes Universiteit met vyf studente wat deurgedring het tot die eindrondte van dié spog geleentheid.

Vir die toekenningsgeleentheid is 77 finaliste uit meer as 300 inskrywings aangewys. Beoordeling van die inskrywings is deur twee panele beoordeel: een vir inskrywings in die Afrikaanse kategorieë en een vir die eg Suid-Afrikaanse afdeling.

Altesaam 20 agentskappe het finaliste opgelewer terwyl die Universiteit van Johannesburg ook vier finaliste in die studente-kategorieë het. Ander tersiêre instansies soos die Vega School of Brand Leadership se Pretoria en Kaapstad kampus gesamentlik drie finaliste opgelewer het.

Daar is groot pryse op die spel vir die Pendoring-reklametoekennings en die wenner van die Prestige-toekenning ontvang ʼn studiereis ter waarde van R50 000. Die kliënt ontvang ook gratis media te waarde van R2 miljoen. Ander pryse wat die aand oorhandig word, is die Umpetha-toekenning van R20 000 vir die wenner in die eg Suid-Afrikaanse afdeling. Die algehele wenner in die studente-kategorieë stap met R10 000 weg. Die wenners in die goue en silwerafdelings van die Pendorings  ontvang prysgeld van R6 000 en R2 500 onderskeidelik.

Die Pendorings is jaarliks ʼn hoogtepunt in die reklamebedryf en vind op 24 Oktober by Vodacom World in Midrand plaas. Kaartjies vir die spoggeleentheid is hier beskikbaar. Besoek Pendoring.co.za vir die volledige lys van finaliste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.