Puk-SR-voorsitter heraangestel: ‘Ek sal aanhou veg’

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Monica van Schalkwyk. Foto: Facebook

Monica van Schalkwyk (24), wat Donderdag heraangestel is in haar posisie as adjunk-voorsitter van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) ná haar vroeëre skorsing, sê sy sal aanhou veg vir dit wat reg is.

Van Schalkwyk, ’n meestersgraadstudent in onderwys, is geskors nadat sy die res van die IVSR, wat uit SR-lede van die Mafikeng- asook die Vaaldriehoekkampus bestaan, se voorstel om veto-stemreg in die IVSR te implementeer, teengestaan het.

Volgens Van Schalkwyk was sy gekant teen voorgestelde grondwetverandering aangesien dit tot gevolg sou hê dat twee kampusse ʼn besluit sou kon deurvoer al stem die derde kampus nie daarmee saam nie. “Dit is ʼn akademiese instelling waar ek glo ons die ruimte het vir vrye denkers en vir eienaarskap in ons studentelewens. Ons is wel een universiteit maar ons het nog steeds drie kampusse, met elkeen wat sy eie kultuur, uniekheid en diversiteit het. Ons moet aanhou veg hiervoor sodat studente nie geleenthede verloor en dit oor politiek nie.”

Volgens van Schalkwyk het prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, sowel as die institusionele bestuur reeds te kenne gegee dat hulle ʼn nuwe bestuursmodel oorweeg. Van Schalkwyk is van mening dat studente nie besef watter groot invloed dit op hulle kan hê nie. “Hulle begin al klaar die bestuursmodel se beginsel binne die IVSR en sekere fakulteite toepas. Dit is maar die begin daarvan dat diversiteit verlore gaan op die kampusse. Ek vermoed sterk dat die bestuursmodel ʼn groot invloed op die IVSR het en aanleiding gegee het tot baie van die konflik.”

Van Schalkwyk het gesê sy verstaan nie hoekom dit nodig was vir ʼn ander bestuursmodel nie. “Wat het aanleiding gegee tot ʼn heeltemal nuwe model? Iemand se opinie, of iemand se begeerte of net omdat dit regtig nodig was. Ek dink ʼn mens moet ʼn stelsel vat en hom probeer verbeter voordat ʼn mens ʼn hele nuwe stelsel implementeer. Ek dink mense moet aanhou veg vir dit wat mens glo reg is. As ons weet ons studentelewens op al drie kampusse is uniek, dan hoef ons dit nie prys te gee net omdat bestuur ʼn nuwe model gaan volg nie. Ons is nog steeds die studente, en ek glo tog ons is geregtig tot vryheid en reg van assosiasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

iemand ·

Van schalkwyk vir visekanselier! Dan het net lee beloftes gemaak om die studente met die optog gelukkig te maak, hy voer iets duister in die mou vir daai comrad van hom by hoer onderwys!

Van schalkwyk was ongelukkig net een van die mense wat in die pad gekom het.

Bruno Stef ·

Monica ounooi staan sterk en tree ferm op.Jy neem standpunt in namens duisende studente hulle ouers en grootouers.Die ouers betaal groot somme geld vir hulle kinders se opvoeding en as die SG. raad dan nou wil krap waar dit nie juk nie sal hulle te doen kry met n omgekrapte publiek.My kleinkind SWOT ook daar so wees gewaarsku ou rooi Kommunis jy mag dalk groot teen spoed op jou lyf en idiologie loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.