Puk-student dood ná fratsongeluk

Arno Hollander (Foto: Facebook)

’n Tweede tragedie in sowat ’n week het die Noordwes-Universiteit (NWU) getref toe ’n student aan dié universiteit Saterdagaand in Potchefstroom aan oorhoofse elektrisiteitskabels geraak en doodgeskok het.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Arno Hollander (23) en ’n vriendin het tussen 18:00 en 18:30 foto’s by ’n treinstasie in die dorp gaan neem.

“Dit is ’n gewilde plek in die dorp om foto’s te neem. Arno het op een van die trokke geklim en toe per ongeluk aan oorhoofse elektrisiteitskabels geraak,” vertel Myburgh.

Volgens Myburgh was ’n veiligheidswag by die treinstasie eerste op die toneel en het die nooddienste ontbied. Hollander is op die toneel dood verklaar.

Hollander het aptekerswese aan die universiteit gestudeer en was ’n inwoner van die Laureus-manskoshuis op die kampus.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, sê ’n diens is vanmiddag by die koshuis vir inwoners ter herinnering aan Hollander gehou.

Medelye stroom sedertdien in op sosiale media.

“Heel mooiste mens met die mooiste hart wat ek ken. Jou plek is leeg en ons harte is baie seer … Jou opgewondenheid vir die kunste en jou studie was ongelooflik,” skryf ’n vriendin op sosiale media.

Rudi van de Venter (Foto: NWU)

Die polisie het ’n navraagdossier geopen, sê Myburgh.

Dit is die tweede slag vir die universiteit nadat ’n dosent verlede naweek in ’n sloot op die kampus geval en gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig Rudi van de Venter (48) was verbonde aan die departement van onderwys en het spesifiek wiskunde doseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Saint ·

Baie hoë spanningsdraad.
Raak aan hom en jy word onmiddelik
doodgekook van binne weens die ongelooflik hoë stroomsterkte.

Het tyd gelede lewendige video gesien hoe swart seun gesterf het op dieselfde manier. Afskuwelik!!!

Kobus ·

Is wat die dokter gesê het toe jy gebore is.
Die man is dood. Was jou kommentaar regtig nodig?

Leon ·

Dit is tussen 11 000 en 15 000 volt. Dit is tussen 44 en 60 keer hoër as die krag wat in die muurprop is. Die mense wil nie leer jy klim nie op ‘n trein nie.

Liefie ·

Wat soek hy in die eerste plek op die trein se dak? Transnet behoort almal aan te kla vir beskadiging van privaat eiendom.

madels ·

Oee liefie! Jy is UITERS gevoelloos! Hier het n familie hul kind verloor en dis al wat jy te sê het!? Skaam vir jou! Almal maak foute, jongmense is waaghalsig. Mag die Here hierdie familie diep vertroos in hul smarte.

Blommmie ·

Onnodig en Gevoeloos! Jy kan eerder simpatiseer as om vrae te vra! Btw hy was op n trok. En jy lees mos…hulle het fotos geneem! Dit was i frats ongeluk en kon met enige iemand anders gebeur het.

Sterkte aan Familie en vriende! Mag julle troosting vind by die Here in die tyd van verlies!

Willie ·

Liefie ek bid dat jy nie eendag n kind sal verloor nie. Skaam vir jou.

Raad ·

My simpatie met sy familie en baie sterkte. My raad aan die familie – kry so gou as moontlik ‘n goeie prokureur en stel ‘n eis in teen wie ookal die stasie perseel besit/ bestuur of dit nou Transnet of Metrorail is of wie ookal. Hulle was nalatig deur toe te laat dat mense die perseel betree. Hulle behoort voldoende sekuriteitsmaatreëls te hê wat mense verhoed om die perseel te betree en beseer te word.

marina ·

Ja 1ste sien jy weer GELD!! Hoekom moet Transnet weer op dok oor ander se stommerik?! Wat het hy daar gesoek? Hy duur betaal vir dom optrede! En sy familie in hartseer gedompel!
Hoop ander. dink voor hul sommer net optree!

Thelma ·

So tragies, op so ‘n jong ouderdom weggeruk van die wat vir hom lief is. RIV Jong man en baie sterkte aan die familie.

Pollie ·

n Pragtige jong man wat te vroeg weg gevat is. Sterkte aan sy ouers en familie. Ook baie sterkte aan sy vriende wat die eksamens nou moet aandurf. Maroela moet asb van die kommentaar nie plaas soos hierbo nie. Familie en vriende kry swaar genoeg!

GM ·

@Raad – Geen eis gaan die man terugbring nie.

Sterkte aan sy naasbestaandes.

Chris ·

Liefie, ek stem saam met jou! ‘n Groot man soos hy moes sekerlik geweet het dat daar krag in die kabels bokant die trok is. Vra weer, waarom het hy op die trok geklim? En waarom moes daar foto’s op die trok geneem word. Nou is almal wat die man se handeling bevraagteken, UITERS!! gevoeloos! ai, HOE SKAAM EK MY NOU!!!

Ekspat ·

Haai, dis darem hartseer om te hoor, alhoewel ek nie mooi verstaan wat hy op die dak van ‘n verlate trein soek nie.

Ek het vir Rudi geken. Hy was ‘n ‘regular’ by die kafee waar ek tydens my jare by die universiteit gewerk het. Het gereeld daar kom sit en werk. Nogal ‘n kreatuur. Hy het altyd droe rooiwyn bestel en vader bewaar enigiemand wat in sy teenwoordigheid soetwyn drink.

‘Die goed is nie eens wyn nie, dis koeldrank!’ het hy altyd gese.

Hy was een van daardie mense wat nie ‘n wag voor hulle mond het nie, maar ek en hy het altyd baie lekker gesels, veral oor die still middag skofte tussen etes.

Christo Grobler ·

Die oorhoofse kabels is 3000V DC. Dit is ongelooflike hoë spaning. Ooralste is daar waarskuwings boarde op en geen toegang borde.
Wat soek die mense wat nie gemagtig is bo op rollende material (voertuie).
Ek voel jammer vir die familie wat agter gelaat word, maar mense moet besef dat dai krag drade altyd lewendig is.
Die lyn tussen Pta en Petersburg en tussen Pta en Tabazimbi is 25000V AC stroom. Nog erger.
Bly weg. Ver weg. Dis nie n speel plek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.